Lauren Dickason voer ‘ontoerekeningsvatbaarheid’ aan as verweer

Die Dickason-gesin voor die tragedie. (Foto: Facebook)Lauren Dickason voer ‘ontoerekeningsvatbaarheid’ aan as verweer

Die Suid-Afrikaanse ma wat teregstaan op aanklag van die moord op haar drie jong dogtertjies, gaan volgende maand ontoerekeningsvatbaarheid as verweer in die hof aanvoer.

Lauren Dickason se verhoor sal na verwagting op 17 Julie in die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland, begin.

NZ Herald berig dit was Donderdag die eerste keer wat Dickason sedert haar inhegtenisneming in 2021 in die hof verskyn het. Dickason is tydens vorige verrigtinge van die hof verskoon, aangesien sy in aanhouding in ʼn psigiatriese eenheid by die Hillmorton-hospitaal in Christchurch was.

Dickason is in die hospitaal opgeneem nadat sy glo haar dogters – Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla – op 16 September 2021 by hul huis in Timaru vermoor het.

Haar man, Graham Dickason, ʼn ortopediese chirurg, het ná werk op die liggame van sy drie dogters afgekom. Lauren, ook ʼn mediese dokter, is ná die voorval na ’n hospitaal geneem en het twee dae later in die hof verskyn in verband met die kinders se dood.

Die Dickason-egpaar het sowat ʼn week voor die moorde uit Suid-Afrika saam met hul kinders in Timaru aangekom en was aanvanklik in kwarantyn in Nieu-Seeland.

Dickason het in Oktober 2021 onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Richard ·

Daar is groot fout met haar en moenie toegelaat word om weer in die samelewing rond te beweeg nie

piet ·

Kan nie verstaan hoekom haar “ligte” nie aangegaan het nadat sy die eerste een vermoor het nie. Iets moes darem toe ingeskop soos in “hel, hier’s nou groot fout met my wat het ek nou gedoen”?

Cherokee ·

Soveel dinge wat ek vir kommentaar oorweeg het, maar niks, hoegenaamd niks daarvan sal werklik enige doel dien nie. As sy haar gewete kan hanteer, dan is sy waarskynlik ontoerekingsbaar. Daar is waarskynlik gronde vir haar verweer, want dit is so abnormaal as moontlik.

Juanita ·

Ek is nie ‘n Dokter nie en was ook nie in haar skoene op daardie stadium nie. Geestesversteurings kan mense aaklige goed laat doen. Dit maak dit nie reg nie maar gee my ook nie die reg om te oordeel nie.

Cherokee ·

Juanita, ons moet meer oordeelkundig wees as om blote opinies as beoordeling te beskou. Wat ek sê is dat jy geregtig is om te sê wat jy van iets spesifieks dink, en dat dìt nie noodwendig oordeel is nie. Jy spreek slegs jou eie opinie daaroor uit.

Goldy ·

Om moordenaars te veroordeel is wat samelewings aan die gang en beskaafd hou. Beslis moet mense haar en ander moordenaars veroordeel..

Sues ·

As ek reg onthou het sy haar medikasie gelos! So al was sy op daai stadium ontoerekingsbaar was sy toerekingsvatvaar toe sy besluit het om haar medikasie te los. Sy is tog ‘n mediese dokter sy het presies geweet wat kan gebeur.

Goldy ·

Meds, dronkskap en malheid kan nie as verskonings aanvaar word nie. Moord op onskuldiges is moord en moet ten swaerste gestraf word. Syngaan tien teen een nie erg gestraf word nie, wat verklaar waarom daardie land die laaste ruk so onder misdaad begin gebuk gaan.

piet ·

Daar word net gekyk na haar geestestoestand tydens die pleging van die misdaad. Dis wat deurslaggewend is om te bepaal of sy toerekeningsvatbaar was op die stadium toe die misdaad gepleeg is. Die feit dat sy haar medikasie gelos het, kan as verswarende omstandighede voorgele word by vonnisoplegging (sou sy skuldig bevind word).

Santie Gildenhuys ·

Ek vermoed dit was ‘n aaklige sameloop van omstandighede… COVID, kwarantyn, verhuising na ‘n vreemde land, wegval van jou ondersteuningsnetwerk in SA, jy staan terug as dokter en jou man kan uitgaan en praktiseer, 3 woelige dogtertjies… alles ‘n resep vir ‘n ramp. Salomo se wysheid nodig.

Cherokee ·

Leek wat ek is betreffende sielkunde, wonder ek tog oor wat jy as moontlike redes beskou. Vir dit wat die vroumens gedoen het, moes daar erger dinge verkeerd gegaan het. Dit was bloot boos.

Nettie ·

Dis ook ‘n goeie punt, Cherokee. Ons het almal deur moeilike jare al gegaan, met klein kindertjies en ‘n afwesige man of siek vrou of geen familie ondersteuning, werk of nie werk nie, finansies, egskeidings of verhuisings, ens. Ons kan nie moord as ‘n oplossing of uitweg begin beskou nie, VERAL nie kindermoord nie!

Goldy ·

Niks hiervan is geldige redes nie, daar is geen geldige rede nie. As sy nie bitterhard gestraf gaan word nie is dit net nog n stap van agteruitgang van die liberale samelewing.

Hennie Biebouw ·

‘n Paar goed pla my van hierdie insident.
Beide die twee ouers is dokters.
Die ma is ook ‘n dokter, maaar het steeds besluit om na bewering soos voorheen berig, haar medikasie te staak, om sodoende die Nie-Seelandse immigrasie proses ‘n rat voor die oë te draai.
Indien dit waar is, kan ek nie help om te voel haar man, wat ook ‘n dokter is, seersekerlik die gevare wat die staak van hierdie medikasie inhou, moes of kon besef?

Ek laat my nie vertel dat ‘n anders funksionerende intelligente volwassene, een oggend opstaan en in ‘n monster verander wat haar kinders vermoor…

Minnie ·

Dis definitief glad nie normaal om te moor nie.
Onder geen omstandighede nie.

Cherokee ·

Nie eens in oorlog nie?
Mense is verskriklike goete!
Maar eendag, na alles hierna, sal alles onbesryflik mooi wees.

Goldy ·

Siek mense het n fasinasie met moordenaars en raak op hulle verlief. Aangeblaas deur TV reekse wat moord verheerlik.

Goldy ·

Om n dokter te wees maak nie van iemand n engel nie, vra maar vir Thabo Bester se dubbelganger. En vele ander.

piet ·

Ek dink sy het hierdie storie beplan. As dit ‘n tipe van gesinsmoord was, sou sy na die tyd ook selfmoord gepleeg het. Ek dink sy wou die enigste ding wat hulle in gemeen het (die kinders) van haar man wegvat met wie sy waarskynlik een of ander issue gehad het.

Nettie ·

Ek dink nie as samelewing kan ons bekostig om depressie as ‘n rede vir kindermoord te begin aanvaar nie! Iets soos 60% van Amerikaners is of was al op anti-depressante! Dis nie medikasie of nie-medikasie wat mense laat moor nie.

Mense moet besef, jy kan nie en gaan nie “wegkom met moord” nie. Dit moet ‘n straf wees wat ander sal AFskrik, nie AANmoedig om dit ook te probeer nie! Waar’s die kindertjies se regte? Hulle het GEEN. Want sy het dit van hulle af weggeneem. Vir ALTYD. As sy enigsins berou gehad het, sou sy nie probeer wegkom met moord nie.

My hart gaan uit na die pa en ander familie. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.