Le Hanie bedank ná jaar by ATKV

Deidre Le Hanie, voormalige besturende direkteur van die ATKV Foto: ATKV

Deidre le Hanie het ná ʼn jaar in haar amp as besturende direkteur by die ATKV bedank.

Le Hanie het omstredenheid veroorsaak toe sy ʼn nuwe strategiese fokus vir die ATKV aangekondig het en dat die organisasie ʼn nuwe rigting wil inslaan deur Afrikaans in ʼn meertaligheidskonteks te bevorder. Sy het met dié sogenaamde Afrikaans Plus-inisiatief aangekondig haar doelwit en droom is ʼn ATKV-ledetal van 1 miljoen teen Januarie 2018.

Sy het in Junie 2017 die leisels oorgeneem by Japie Gouws. Die redes vir haar bedanking is nie bekend gemaak nie.

Die ATKV het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig die organisasie het Le Hanie se bedanking ontvang. “Me. Le Hanie is ongeveer ’n jaar gelede aangestel en het die ATKV met groot ywer gedien,” lui ʼn verklaring. “Haar voortgesette steun aan die ATKV en sy werksaamhede word waardeer. Die ATKV is opreg dankbaar vir haar onbaatsugtige diens, leierskap en die herbelyning van die ATKV se strategie. Die ATKV wens haar alle sukses toe met haar toekomsplanne.”

Reza Clifford, hoof van digitale media by die ATKV, het gesê Sonél Brits, die huidige maatskappysekretaris, as besturende direkteur waarneem totdat ’n nuwe besturende direkteur aangestel word.

“Die direksie en die uitvoerende komitee van die ATKV het volle vertroue in die waarnemende besturende direkteur sowel as die personeel van die ATKV se kundigheid, vernuf en entoesiasme om die ATKV se strategie tot verdere uitvoering te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Die wiel ·

Sterkte vir die nuwe pos jy was nie geskik vir ATKV van die begin.

zoom zoom ·

Sy moes eers nooit oorweeg geword het vir die pos. Dalk sal ek nou weer aansluit by die ATKV

Francois le Cochon ·

Ek dink nou onwilligkeurig aan Raymond Ackerman (P ‘n P) se wyse woorde “Give your customers what they want, do not prescribe”

Lee ·

Oningeligte aanstelling van dag een af. Die dae is getel waar jy nie na jou lede platform luister nie. GROOT les vir die ringkoppe by die ATKV.

sandra ·

Hoekom is julle so sterk teen die ATKV gekant? Daar is veel meer wat aangaan as wat ons van weet. Dink bv. aan die skoolkoor kompetisies, die voordrag, en selfs eistedfodd’s. Baie daarvan word ook deur die ATKV ondersteun om sodoende ons taal te ondersteun.

KG ·

Sandra, ek glo nie dis dat mense gekant is teen die ATKV nie, maar net nie gehou het van die verandering wat Me. Le Hanie wou inbring nie. Dit sal/sou so baie dinge verander en wegneem waarvoor die ATKV oorspronklik voor gestaan het. Ek dink nie mense moet te veel aan ‘n wenresep verander nie, dis gewoonlik wanneer probleme begin……

CJ ·

Goeie nuus. Jy hét dit of jy het dit nie. Le Hanie was ongelukkig n swak keuse vir die spesifieke posisie. Moontlik het sy uitstekende eienskappe, maar haar visie het my genoop om my jarelange lidmaatskap in heroorweging te bring.

Ada ·

Dankie tog vir die goeie nuus! Nou sal die lede weer terugkeer en groei.

Johan ·

Hoop dat met nuwe aanstelling die ampsdraer hierdie keer ook op Takke se insette sal let en nie alles vanuit Hoofkantoor bedryf nie. Lede is nie net daar om ledegeld te betaal nie. As die wil daar is stel dan die saak vir bespreking by die naderende AJV.

Eltay ·

Dankie tog. Laat jou voete raas. Bo mens she vuurmaakplek hoekom iemand sy eie kultuur so kan uitverkoop. Good riddance!!

Wik ·

Jip. Nou sal ek ook weer aansluit. Ons weet hoekom. Daar was te veel afrikaans sprekendes was lidmaatskap beëindig het.

oom stoffie ·

die enetjie wie nie geweet het die A in ATKV staan vir AFRIKAANS nie. seker gedink dit staan vir afrika.

Oom Kalahari ·

Mev Le Hanie, jy mag dalk goeie vestuurs vermoens openbaar, maar om die goeie resep van eeue lank net te wil verander was glad nie ‘n goeie Visie nie. Baie het hul lidmaatskap opgegee deur jou omstredenheid en ook die Kultuur te wil verander. ATKV staan vir doelwitte wat al jare lank bevorder word en waarom moet die Afrikaanse Kultuur op alle vlakke afgetakel word. Daar is alhoewel meertalige deelname op alle vlakke uit eie willens en wetens, maar regtig om die bestaande resep na jou smaak te verander is nie almal se smaak nie. Daar is lede wat al 40 tot 50 jaar lidmaatskap het en hul goeie bydraes gelewer het. Hoop jy vind jou goeie heil op ‘n ander plek en brei jou geteikende suksesse daar uit.

Oom Kalahari ·

Dit is regtig welkomend dat Mev Le Hanie die goeie besluit geneem het om te bedank. Vele het uitgesien na hierdie stap. Sy wou ons jare lange erfenis verander het na Afrika Tradisionele Kultuur Vereniging. As ek reg kan onthou het sy genoem van dat die Afrikaner selfsugtig is om dit net vir Afrikaans te wil behou. Ons deel die oorde met ons mede engelse burgers, maar so kan elke kultuur groep mos ook in hul taal belang vir hul dit skep en ophou om soos parasiete toe te sak op wat die Afrikaner opbou en nie afbreek en afbrand of vernietig nie. Daar is darem heelwat Konserwatiewe Afrikaners wat nie net polities korrekte suigelinge is nie en is soos ‘n leeu wat rustig rus, maar as jy sy rus te veel versteur is daar wilde perde oppad. Los maar die ATKV vir sy mense wat swaar daaraan gebou het en hoop dat die bestuur die regte aanstelling gaan maak in belang van sy lede.

Elsa ·

Hou op om eie gevolgtrekkings te mak en spreek seen uit oor Me Le Hani…onthou jy is nie die een wat oordele kan uitspreek nie, wees versigtig voor jy PRAAT…hierdie is ‘n uitstaanvrou en jou woorde kan dalk boomerang…

CJ ·

Uitstaanvrou beslis … ons verskil dalk net oor opinie oor waarin sy uitgestaan het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.