Leading Lady ʼn groot treffer onder fliekvlooie

leading-ladyLeading Lady het die afgelope naweek op die grootskerm begin draai en het reeds meer as R1.368 miljoen by die loket ingebring. Dit is selfs meer as wat die romantiese komedie, Semi-Soet met sy openingsnwaweek ingebring het (R1,3 miljoen).

Tussen rolprente soos Spud 3, The Hunger Games: Mockingjay Part 1 en Horrible Bosses 2 het Leading Lady die derde plek ingeneem.

“Om geld te maak by die loket is een ding, maar om dit te doen terwyl jy glimlagte op mense se gesigte sit, maak die yslike taak om ʼn rolprent te skep, alles die moeite werd,” het Henk Pretorius, skrywer, regisseur en vervaardiger van dié fliek gesê.

Llewelynn Greef, vervaardiger, en Pretorius glo albei dat die sukses van die fliek te danke is aan die feit dat alle Suid-Afrikaners die rolprent met ope arms ontvang en terdeë geniet.

Leading Lady wys tans in teaters landswyd. Kyk gerus die lokprent hieronder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.