Lede van Flakka-bende gevonnis

Jamiel “Charra” Jacobs (Foto: Plakkaat vir gesoekte persoon in 2018)

Die polisie in die Wes-Kaap verwelkom die lang vonnisse wat opgelê is teen sleutelfigure van die Flakka-bende wat die gemeenskap van Muizenberg in 2019 geteister het.

“Speurders van die teenbende-eenheid het ʼn groot ondersoek in 2019 van stapel gestuur teen die Flakka-bende en Jamiel Jacobs, ook bekend as Charra, wat as die sleutelfiguur van dié bende beskou word,” sê lt.kol. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie.

Die ondersoek het gepoog om voortgesette bendegeweld in Muizenberg te ondersoek. “Die bende was baie gewelddadig en het lukraak ander bendelede geskiet en handel gedryf met middele soos dwelmmiddels en vuurwapens.”

Jacobs is in 2019 in die Paarl opgespoor waar hy in ʼn veiligheidskompleks weggekruip het. Hy is in hegtenis geneem.

Jacobs en twee ander is op 12 April skuldig bevind en gevonnis in die Kaapstadse hooggeregshof. Op aanklag van die wet op georganiseerde misdaad is hy drie jaar tronkstraf opgelê (klag 1); 15 jaar op aanklag van moord (klag 11); sewe jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen (klag 12); lewenslange tronkstraf op twee aanklagte van moord en poging tot moord (klag 14); agt jaar op aanklag van poging tot moord (klag 15); agt jaar op poging tot moord (klag 16); sewe jaar op die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen (klag 17); agt jaar op aanklag van poging tot moord (klag 19); agt jaar op poging tot moord (klag 20) en sewe jaar op die besit van ʼn vuurwapen en ammunisie (klag 21).

Simone Gordon is 10 jaar tronkstraf opgelê vir dwelmhandel wat vir vyf jaar opgeskort is (klag 48) en 10 jaar vir dwelmhandel (klag 49).

Dillon Walker is 10 jaar tronkstraf opgelê vir dwelmhandel (klag 48).

Lt.genl. Thembisile Patekile, provinsiale polisiekommissaris, loof die toewyding en ywerigheid van die ondersoekbeampte en diegene wat hom bygestaan het om hierdie sleutelfigure in die bendewêreld te vervolg. Hy hoop dat die lang vonnis teen Jacobs as ʼn afskrikmiddel sal dien vir diegene wat in die provinsie by bendebedrywighede betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christo ·

En binne 5jaar is ons uit met nuutgevonde kennis verkry by Suid Afrika se Sosiale Universiteit van Krimmenele opvoeding

Amelia ·

Persoon wat bedrog pleeg meer as dit gekry hier is dwelms betrokke waar hoeveel mense betrokke is hoeveel mense in vrees gelewe in n ander land sou hy heelwaarskynlik lewenslank gekry het (leterlik lewenslank)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.