Lede van ‘misdaadsindikaat’ vasgetrek

Die polisie in Limpopo het vandeesweek ’n deurbraak in hul stryd teen misdaad gemaak deur vier lede van ’n beweerde sindikaat wat vermoedelik by ’n reeks misdade betrokke was, vas te trek.

Die vier vermeende rowers is onderskeidelik in die Polokwane- en Mokopane-omgewings in hegtenis geneem.

Kol. Moatshe Ngoepe, ’n polisiewoordvoerder van Limpopo, het bevestig dat die vier verdagtes, tussen 24 en 25 jaar oud, vermoedelik deel is van ’n sindikaat wat lede van die Lephalale-gemeenskap al ’n geruime tyd terroriseer.

’n Multidissiplinêre taakspan, wat uit beamptes van verskillende polisie-eenhede bestaan, het Sondag ’n operasie uitgevoer wat gelei het tot die inhegtenisneming van twee van die verdagtes by die Ga-Dikgale-nedersetting buite Polokwane. Die ander twee verdagtes is in die Mahwelereng-nedersetting, buite Mokopane, vasgetrek.

Volgens Ngoepe het die verdagtes na bewering in ’n wit Mazda 323-voertuig, wat as ’n metertaxi voorgekom het, in die Lephalale-omgewing rondbeweeg, waar hulle vuurwapens op die slagoffers gerig en hulle dan beroof het.

In sommige gevalle het die verdagtes glo verskeie slagoffers gedwing om hul bankkaarte by kitsbanke te gebruik om geld na die vermeende rowers se bankrekeninge oor te plaas. Die verdagtes word met talle soortgelyke gevalle in en rondom die Lephalale-omgewing verbind.

Volgens Ngoepe sal die vier verdagtes môre in die Witpoort-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die Lephalale-polisietaakspan geloof vir hul werk om die vier vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre ·

Moet ons nou hande klap omdat hulle 4 dom rowers vas getrek het? Deesdae moet mens seker bly wees hulle doen enige goeie werk.

Patetiese klomp staats amptenare.

Hannatjie ·

Ai toggie tog!! Party mense is ook net nooit tevrede nie. Baie dankbaar vir hierdie deurbraak!

Zorro ·

Andre – Dalk ‘n bietjie rof om alle staatsamptenare oor die selfde kam te skeer en dit nog by ‘n postiewe berig. Ek sien jy het vandag tyd vir kommentaar – watse werk doen jy?

Hannatjie ·

Ai toggie tog!! Party mense is ook net nooit tevrede nie. Baie dankbaar vir hierdie deurbraak!

Michael ·

Dit help nie die polisie vang die rowers en doen goeie werk nie en hulle more aand weer uit op borg. Nou wat help die goeie werk dan nou eintlik who’s fooling who

willem Botha ·

Multidissiplinêre, trio saakmaak alles groot mooi woorde vir n klomp wat nie hulle werk doen nie en direk verantwoordelik is vir die misdaad waaronder wetsgehoorsame belastingbetalers gebuk moet gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.