Lede van publiek plunder opgeblaasde geldwa

Die toneel naby die Rustenburgse Burgersentrum. (Foto: Skermskoot uit video)

Die polisie in Noordwes is op die spoor van ’n groep verdagtes wat Sondag ’n geldwa in Rustenburg opgeblaas en beroof het. Lede van die publiek het die opgeblaasde voertuig ná die voorval geplunder.

Die polisie stel nou ook ondersoek in om dié mense met die misdaadtoneel te verbind en aan te kla.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, sê verdagtes het vanoggend met in ’n gesteelde Mercedez-Benz teen ’n geldwa van die sekerheidsmaatskappy G4S naby die Rustenburgse Burgersentrum vasgery sodat dit tot stilstand kon kom. Die verdagtes het daarna die veiligheidswagte uit die geldwa gedwing voordat dit opgeblaas is.

Die verdagtes sowel as die sekerheidswagte in die begeleidingsvoertuig het skote tydens die voorval op mekaar afgevuur.

Niemand is egter tydens die rooftog beseer nie en die verdagtes het in verskeie motors waaronder ’n wit Audi Q7 op die vlug geslaan.

Dit is egter toe dat lede van die publiek op die geldwa toegeslaan het om oorblywende kontantnote te buit.

Mathe het vanmiddag aan Maroela Media gesê die polisie gaan tans beeldmateriaal van dié plundery na om alle betrokkenes met die toneel te verbind.

“Wanneer ʼn roof gepleeg word, word die area ʼn misdaadtoneel en diegene wat sulke misdaadtonele plunder, kontamineer dikwels die toneel wat op diefstal sowel as regsverydeling neerkom.”

Mathe het die publiek ook daaraan herinner dat plundery van dié aard groot gevare inhou aangesien oorblywende plofstof moontlik nog kan ontplof selfs nadat die rooftog uitgevoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vonkprop ·

Daar gaan niks met hulle gebeur nie. Sal vrygelaat word op waarskuwing om nooit weer stout te wees nie. Snaaks hoe die polisie die wette ken, maar selektief toepas.

anniekiewiet ·

Dis mos die algemene siening in SA dat optelgoed, hougoed is.

N ·

Mens sal nie weer enigiets hoor oor die saak of verdagtes wat vasgekeer word nie. Algemene nuus

Andries ·

Tipies SA. Teiken die wat hul kan eien maar die oorspronklikes word nooit gesoek. Hoe ver is die ondersoeke na plunderaars in Natal?

Pitbul ·

Nee man… geskok na dat ek n paar blanke kuite daar gesien het….

KB ·

Die videogreep wys twee blankes uit. Dis ‘n skande dat blankes ook nou so ver begin daal.

Pieter ·

Ek hoor jou, maar met BBEEE…………………… word ons blankes weerhou van die werksmark, so hoe maak mens, as jy nie werk kry nie, omdat jy blank is?

Anoniem ·

Soveel as wat ek BBEEE verafsku, het dit niks daarmee te doen nie Pieter. Dit is net eenvoudig krimineel om so iets te doen. Die blankes op die toneel moes eerder die geldwa help beskerm het, dan het hulle die regte ding gedoen en ‘n regmerkie agter blankes se naam gekry.

Janine ·

Dit beteken nie jy smyt al jou waardes en opvoeding by die voordeur uit nie! Ek skaam my dood!

Mariana ·

Ja nee kyk net wie die meederheid is en hulle sal verbind word asof hulle daai geldwa opgeblaas het. Hoe pateties is die polisie darem nie.

Rooikoos ·

Daar is een wit ou wat met sy dinges in die tronk gaan sit.

HJvdb ·

Dis n kriminele oortreding on betrokke te raak op n toneel buiten in nood of om mediese hulp te verleen, wat nog te se as jy jouself help met die geld wat daar rond lê. Die rooikop was bo op die trok, spring dan af met hande vol geld en beweeg berder ior die toneel om nog geld op te tel. Wonder maar net …..sjoe

Irene ·

Ek wou sê “tipies” maar toe sien ek n paar blanke kuite…..ek is geskok, hartseer, teleurgesteld…. ekt nie woorde….

twaalfboor ·

Laat my dink aan Noot vir Noot. Heeeeey!!!!! En ñ 50 Randjie vir jou…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.