Lede van vermeende roofsindikaat vas

‘n Skermgreep uit die video.

Lede van die provinsiale misdaadeenheid in Noordwes het Donderdag toegeslaan op agt lede van ʼn vermeende misdaadsindikaat wat met verskeie rooftogte in die provinsie verbind word.

Die verdagtes, almal tussen 25 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem ná afloop van ʼn ondersoek na ʼn reeks rooftogte wat tussen September 2018 en November 2020 in Makwassie, Boskuil en Wolmaransstad plaasgevind het. Dit beteken 16 verdagtes is in hegtenis geneem sedert die ondersoek in Augustus begin het.

“Die rowers het na wat verneem word lewende hawe en motorvoertuie op sosiale media geadverteer. Kopers sou dan van tot KwaZulu-Natal kom om die produkte te koop. Die onderhandelinge sou op afgeleë plekke plaasvind, waar kopers dan van groot hoeveelhede kontant, selfone en ander persoonlike goedere beroof word,” het brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder van Noordwes, gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Wolmaransstad verskyn.

Die polisie versoek nou enigiemand wat dalk ʼn slagoffer van dié sindikaat was om die ondersoekbeampte, Clifford Kgorane, by 082 492 3921 te nader.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

FM ·

Dit gee mens hoop dat daar daadwerklik teen misdaad opgetree word. Die taak van almal wat betrokke is, is buitengewoon moeilik en dit is wat ek admireer.

Wel gedaan en hou moed!!!

petro ·

net om op borg vry gelaat te word om verder aan te gaan waar hulle opgehou het

Yvonne ·

Verbeel ek my of is ons regstelsel soos n tandlose hond waar dit kom by ‘our people’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.