Leë kluis langs pad lei polisie na versteekte wapens

Die wapens wat langs die pad versteek is. (Foto: SA Polisie)

ʼn Snuffelhond van die polisie het beamptes gelei tot by ʼn wapen wat versteek is ná ʼn diefstal op ʼn plaas in die Nuyvallei-gebied by Worcester.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê daar is Sondag in die vroeë oggendure by die plaashuis ingebreek en lede van die Breederivier-honde-eenheid is na die toneel ontbied.

Op pad daarheen het lede van die plaaswag die polisie bedag gemaak op ʼn leë kluis wat langs die pad opgemerk is.

“Deur die eenheid se plofstofhond in te span, het die polisielede die spore tot by ʼn droë rivierbank gevolg. Die hond het gereageer op ʼn hoop blare en het daarop gaan sit.

“By verdere ondersoek het die lede drie jaggewere, 15 patrone, ʼn lamp en ʼn skootrekenaar onder die hoop blare ontdek,” sê Potelwa.

Die soektog na die verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.