Leefstyloudits by Eskom verwelkom

Die Majuba-kragsentrale in Mpumalanga (Foto: Eskom)

Die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings het die aankondiging dat leefstyloudits van Eskom se senior amptenare gedoen word, verwelkom.

Die beleërde kragvoorsiener het sy finansiële uitslae vandeesweek bekend gemaak. Dit het ʼn enorme verlies van R21 miljard in die boekjaar tot einde Maart gely.

Eskom het tydens die vrystelling van sy uitslae gesê leefstyloudits van 365 senior amptenare is gedoen om te verseker hulle “voldoen aan die hoogste standaarde vir integriteit en etiek”.

Hoërisiko‑sake is reeds aan die Spesiale Ondersoekeenheid vir verdere ondersoek oorhandig.

Khaya Magaxa, voorsitter van die portefeuljekomitee, het gesê die leefstyloudits is prysenswaardig, maar moet ook na raadslede uitgebrei word.

Die komitee het verlede maand gevra dat dié oudits gedoen word, nadat die departement van openbare ondernemings voor hom verskyn het om sy jaarlikse prestasieplan voor te lê.

Die komitee het gevra dat leefstyloudits van alle raadslede, asook die direkteurs-generaal van staatsbeheerde ondernemings, gedoen word.

Luidens Eskom se finansiële uitslae het die kragvoorsiener se kontant uit bedrywighede van amper R38 miljard tot R33 miljard afgeneem. Dit is nie voldoende om skuld te betaal nie. Die geld wat hy nodig het om rente op skuld te betaal het van R44 miljard tot R69 miljard toegeneem.

Eskom se skuld beloop meer as R440 miljard en die kragvoorsiener het gesê voortgesette regeringsondersteuning word benodig om likiditeit te bestuur.

Besonderhede oor die grootskaalse plundering by Eskom het ook by die Zondo-kommissie wat staatskaping moet ondersoek, aan die lig gekom.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag aangekondig Freeman Nomvalo, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica), is intussen aangestel as Eskom se hoofherstruktureringsbeampte.

Gordhan het toe gesê Nomvula se pligte sal insluit om ondersoek in te stel na Eskom se skuldlas en die verskeie voorstelle om die kragvoorsiener se skuld te verminder, asook om gesprekke tussen beleggers en Eskom se bestuur te bewerkstellig.

Maroela Media het vroeër berig Tito Mboweni, minister van finansies, het vroeër vanjaar aangekondig dat die regering se voortgesette fiskale steun aan Eskom op voorwaarde is dat daar ʼn onafhanklike herstruktureringshoof aangestel word wat die plan om Eskom in drie onafhanklike dele op te deel, sal lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Die woorde “integriteit” en “etiek” kan nooit in dieselfde sin as kaderontplooiing (BEE) gebruik word nie. Verder glo ek hierdie twee begrippe geld net in Westerse denke.

marco polo ·

Solank daar nie van al die soustreinryers en dooie hout ontslae geraak word nie, gaan niks helps nie.

Jared ·

Dit is helaas nie net die korruptes en ontplooide kaders wat die probleem is nie. Eskom se werksmag is minstens 65% te groot, gemeet aan internasionale norme. Die werkers is ook grotesk oorbetaal – die gemiddelde salaris, lw, gemiddeld, is iets soos R600,000. Die enigste manier om Eksdom te red, is om summier helfte van sy werksmag af te dank, wat natuurlik die vakbonde tot oorlog sal dryf.

Ria van Rensburg ·

Hierdie mense sal geen piging aanwend om hulle situasie te verbeter nie, want hulle weet die regering sal net gee en gee, want as Eskom heeltemal inkonk, is hierdie landjie in sy kanon. Jaag die hele lot weg en stel mense met breins en integriteit aan

Jimmy ·

Nou soek die senior bestuurder wat klaar meer as R2 miljoen per jaar verdien stewige verhogings en bonusse. Gaan glo môre hof toe. Dalk weet hulle die skrif is aan die muur en wil die laaste pot leeg krap.

Koos ·

Hoe kry hulle nog bonusse as hulle n finansiele probleme het hoekom kry bestuur nog bonus indien hulle die bonusse stop spaar hulle reeds groot geld

Marius ·

Ek het lank by Eskom in die veld gewerk. Laat hulle al die bestuurders ondersoek wat betrokke was by die hout paal vervangings projek… Min of meer gedurende 2010. Dan kan hulle dalk ‘n hele paar rand terugkry… En nog ‘n paar koppe laat waai!

Potjie ·

Eskom se werkers kry nou al vir n paar jaar nie bonus nie. Maak seker van jou feite voor jy n voorstel maak. Tssk!

Petrus ·

Indien daar nie geld is nie kan daar nie bonusse wees nie. Die geld is op. Punt.

SjN ·

Nog n ondersoek wat klomp geld kos, wat het van Molefe se terugbetalings geword, die bewyse is daar maar geen optrede by alle departemente.

Pieter ·

Dit is net die anc wat hom self glo die res van die werld lag vir hulle met al hulle stories wat dink hulle almal is stupid

Pieter ·

Stem saam die land is een groot grap iets om van siek te word hulle wil die land best soos hulle kar best en dit is gevaarlik

Klipindiebos ·

Die ondersoekers sal ook ondersoek moet word as die uitkomste nie bevredigend is nie. Wat ‘n gemors!!!! Hoeveel ander sake le nog voor.

R10 ·

Genade hulle praat hier van Miljarde rande asof dit R10.
R69 miljard rente op skuld….. goeiste nee

Ignatius ·

Stem saam, niks gaan verander nie, alle investigations kos geld en dan gebeur niks met die skuldiges nie ?? Ek is seker almal in die ANC regering het van die Guptas geweet die afgelope 15 jaar??

TLC ·

En so hou hul die een helfte besig met oudit sodat ander helfte aangaan om hulself te help aan my hardverdiende tax geld
Ek het altyd gedog hul is dom
Maar wragtag hul is eintlik n baie klomp slim wetters????

Herman ·

As die top amptenare nie só baie geld kry nie(weet in elk geval nie wat hulle daarmee maak nie) sal dit dalk ook al beter gaan

Potjie ·

Jared! Wat snuif jy? Jy gorrel nou darem diep in jou keel met daai stelling wat jy gemaak het hahaha

Kallie ·

Jared is reg. Eskom moet sy werkmag net 30 000 verminder en salarisse met 15% verminder. Dis die begin van heropbou.

Waarheid ·

So moet die WAARHEID uitkom en hy sal as die werkers die feite VAN BEDROG ken en gaan PRAAT. Dankie Marius

Potjie ·

Ria van Rensburg… Kan ek vir jou ‘n sakdoek gee? Want jy praat darem maar n klomp nonsens jong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.