Leefstyloudits kom vir regering-hoës

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê daar sal binne die volgende paar weke ʼn stelsel gereed wees vir leefstyloudits van hoofregeringsbeamptes.

Ramaphosa het dié uitlating gemaak tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie by die Nasionale Raad van Provinsies.

“Ons behoort ʼn baie omvattende stelsel van leefstyloudits gereed te hê vanaf einde Oktober,” het Ramaphosa gesê.

Volgens hom sal dit van toepassing op almal in senior posisies, insluitend homself, wees.

“Ek sal aan ʼn leefstyloudit onderwerp word en so ook al die ander wat in die kabinet dien.”

Ramaphosa het bygevoeg dit sal nie “stop by die uitvoerendes” nie, maar moet ook regdeur senior openbare diensstrukture in die land ingestel word.

Hy voeg by dat die finansiële intelligensiesentrum (FIC) verantwoordelik sal wees vir die instelling en toepassing van die stelsel aangesien hulle “in staat is om hul vinger op die pols te hou met bewegings van geld en kontant in verskeie entiteite en bankrekeninge”.

Ramaphosa het gesê as die leefstyloudits eers voltooi is, sal mense nêrens meer hê om weg te kruip nie. “Hulle sal gevind word as hulle betrokke is by enige onreëlmatighede.”

Die president moes beskuldigings dat hy voete gesleep het met die instelling van ʼn beleid wat hy aangekondig het kort ná hy as president oorgeneem het, die hoof bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

Smoke and mirrors, bittermin sal van dit kom. Mors net weer die taxman se geld.

Hansie Slim ·

Ek wil sien of dit regtig uitgevoer gaan word. Klink te goed om waar te wees!
En as die oudit gedoen is, wat dan?? Niks!

Gert ·

Wat dan. Bulls…t om almal se gewete te paai. Niks gaan met hul gebeur nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.