Leefstyloudits vir bestuurslede by openbare werke

Thulas Nxesi, minister van openbare werke (Foto: ANA-verslaggewer)

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het Donderdag gesê hy het ʼn leefstyloudit versoek vir alle bestuurslede van die departement nadat interne ondersoeke 16 000 verdagte transaksies ter waarde van R2 miljard aan die lig gekom het, en die ondersoek begin by hom.

Hy het Donderdag tydens ʼn gesamentlike perskonferensie met die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) in Pretoria oor bedrog en korrupsie in die departement gepraat.

Nxesi het gesê nadat die ondersoek in openbare werke aangekondig is, het bewerings aan die lig gekom dat hy self miljoene rand verduister het. Hy het gesê dit is ʼn poging deur kriminele sindikate in die departement om hom te ondermyn. “Die enigste manier hoe ons teen die staatskapingsmagte gaan terugbaklei, is om die stryd teen korrupsie in staatskaping te verskerp.”

Imtiaz Fazel, waarnemende direkteur-generaal van die departement, het onthul dat meer as 250 sake van korrupsie in die departement aangehoor is. In 193 van die sake is persone geskors, afgedank of daar is skriftelike waarskuwings uitgereik.

Andy Mothibi, hoof van die SOE, het bevindings oor ondersoeke van aanskaffingsprosesse in die departement bekend gemaak. Daar is bepaal dat verhuurders te veel huur gevra het vir die departement en die ruimte wat uitverhuur word, is ook vergroot. Hy het gesê die verhuurders moet meer as R500 000 aan die departement terugbetaal.

Nog 81 sake, ter waarde van meer as R230 miljoen, is na die departement terugverwys. Mothibi het gesê hulle is besig om dié geld terug te kry.

Daar was ook onreëlmatighede wat huurkontrakte betref. Volgens hom het talle verhuurders vervalste klaringsertifikate ingedien om die verhurings te verseker of voort te sit.

Mothibi het gesê in ʼn ander ondersoek is daar bevind dat 2 496 werknemers by openbare werke ʼn konflik van belange het, omdat hulle besigheid doen met die regering.

Die SOE het ook bevind dat sommige van die geboue, wat aan die departement verhuur word, nie voldoen aan die standaarde vir beroepsveiligheid en gesondheid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Blah-blah-blah-blah… Niemand gaan tog aanspreeklik gehou word nie. Dis mos die lewe van die soustrein ryers!

B-man ·

Ja, kry net ‘skriftelike waarskuwings’. Bog! Hulle hoort in oorvol tronke.

Johan H. ·

Ja ondersoek sommer jul polisie hoof Chele, met sy gebou transaksies..Sommer al jul korrupte BBBEEE Kabinet skelms,, Mbete, inkluis Anc kruip vir stemme, Sal niks hievan kom!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Aangesien julle so “pro-Ingels” is…..moes jy al seker die volgende uitdrukking gehoor het: “Prevention is better than cure”? Julle poging om te “cure” kom bietjie te laat vir volgende jaar se verkiesing…………miskien moes julle meer “prevent” het, né?

Colleen ·

Daar word miljoene gemors op begrafnisse en onbenullighede, maar daar is nie geld om nog tronke te bou nie. Die staat kan nie ment ‘n plan kom om werk te skep nie. Wel, bou nog tronke, dit skep tydelik werk vir duisende in die boubedryf en hordes permanente poste vir wanneer die tronke klaar gebou is. Ek is seker as daar skare befondsing hiervoor aangewend word, sal daar nie minder nie as minimum 10 tronke gebou kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.