Leerder (16) deur medeleerder doodgesteek

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn 16-jarige leerder van KwaMhlanga is doodgesteek deur ʼn ander leerder.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 15:00 plasgevind.

“Die twee leerders was glo in ʼn geveg betrokke. Volgens inligting wat in dié stadium aan die skool bekend is, het die slagoffer veelvuldige steekwonde opgedoen tydens die geveg en is na die hospitaal gehaas,” het Bhembe gesê.

Die slagoffer is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Intussen het die polisie ʼn soektog van stapel gestuur na die verdagte wat van die toneel gevlug het ná die voorval.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê hy is bekommerd oor leerders wat sulke gevaarlike wapens skool toe neem. “Dit lei dikwels tot onnodige verlies aan of die bedreiging van ander se lewe.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kol. Nompumelelo Manzini by 082 318 9651 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hennie ·

Hoe moeilik moet dit wees om die skuldige te vind as dit ‘n mede leerder was? Skole het huis adresse van leerders . . . !

wraggies ·

Ek neem aan dat daar geen protes aksies, optogte ens buite die skool gaan plaasvind nie.

Hanna ·

Gaan “fix” daardie tipe skole en los ons funksionele, Afrikaanse skole uit!

Dankie ·

Dankie vir Afrikaanse skole waar opvoeding hierdie walglike misdade uitskakel.

Theresa B ·

Ek stem saam Hanna. Ja nee Wraggies – geen haan gaan hier kraai nie…….

Dinarie ·

Dit is duidelik dst sommige mense reeds kleintyd geen respek vir ander se lewe toon nie.
As hy my dwarssit, dan maak ek hom gewoon dood en daaena gaan die lewe gewoon voort

SIES ·

Dit is wat hulle in die AFRIKAANSE skole wil inbring. Dit is hoekom die Afrikaanse skole veg om hierdie elemente uit te hou. Onder die dekmantel van ‘engelse’ leerlinge bring hulle belhamels en moeilikheidmakers in AFrikaanse skole in om dit te ontwrig .. Hoeveel keer het ons nou al gehoor van messteek en skersteek in die skole waar daar geen dissipline is nie? Verlede week het ‘n leerder ‘n ONDERWYSER doodgesteek by die skool .. net ‘n klein beriggie erens gewees, geen opstande, geen betogings by die skool nie . die arme onderwyser en sy inkomste is daarmee heen . O ja die onderwysdepartement het darem ‘n afvaardiging gestuur – seker om kos vir die begrafnis te verskaf .. ALLES is vergewe en vergete . die leerling het seker nou ‘n beurs gekry om volgende jaar medies te gaan studeer. MOENIE Kla nie, dit is die skole wat LESUFI en EFF daar wil stel .. en aan die gang wil hou!

Cor ·

Dit wil voorkom asof mes steek en klip gooi deel van skole sport is , dit is mos nou die tyd van die jaar waar atlete teen mekaar meeding. As jy lees is een gedood of beseer deur n skerp voorwerp of n klip.

Piet Pompies ·

Die probleem is nie by die skool, die probleem is by die kind en ouers. Hierdie aangeleentheid kon sowel in die straat, by ‘n bushalte of enige ander plek plaasgevind het.
Sosiale verval, waardes word by die huis geskep, nie by skole, gehoorsame ouers en stout kinders.

jaco ·

ek verhuur kamers in my huis. ek weier volstrek om wit afrikaanse mans jonger as 30, die produkte van die “nuwe” SA se skoolstelsel, as huurders te vat. goed word gebreek, hulle betaal laat, weier om te betaal, is vinnig met die vuiste as hulle nie hulle sin kry nie ens ens. Daars seker so klein bietjie meer discipline in Afrikaanse skole, maar die nuwe SA kultuur van “anything goes” is baie goed deel van Afrikaanse skoolverlaters se mindset.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.