
(Argieffoto: Pixabay.com)
ʼn Sewentienjarige skoolmeisie het in ʼn brand in ʼn skoolkoshuis in die Oos-Kaap omgekom.
Kapt. Raphael Motloung, polisiewoordvoerder, het gesê die leerder is glo in die Tyelimhlophe-landbouskool se koshuis op Mount Frere toegesluit, omdat sy te siek was om klas by te woon.
Die brand het glo omstreeks 08:00 Vrydag uitgebreek. “Ten spyte van pogings om haar te red, was dit te laat om haar te help en het sy in die koshuis doodgebrand,” het Motloung gesê.
Die naam van die slagoffer is nog nie bekend gemaak nie.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.
Die koshuis is heeltemal verwoes.
Forensiese ondersoekers van die polisie was gister op die toneel om dit vir leidrade te fynkam.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Hoekom sal jy n kind toesluit wat te siek is? Sal die regte ding nie wees om hom of haar onder toesig van n bekwame persoon te Los nie? Is die arme kind gelaat vir dood?? Ek sal die hoof aankla van moord. Dis ongelukkig ons stelsel. Sterkte vir die ouers en familie. RIV
Waarom was sy toe gesluit?? Iets klink nie vir my reg nie. Sterkte aan die ouers en familie.
Jammer om te hoor.
Ondersoek nalatigheid!!!
Die koshuis is heeltemal verwoes???????????
Ai. My gebede en meegevoel aan al haar geliefdes
Na my mening – sy is toegesluit om molestering te voorkom.