Leerder by skool doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Leerder is Woensdag by sy skool in die Noord-Kaap doodgeskiet.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys in die Noord-Kaap, het gesê die gr. 10-leerder is by die Makgolokwe Middle School in Kuruman geskiet.

“Die departement is geskok oor die dood van die gr. 10-leerder by die Makgolokwe Middle School vandag. Dit is steeds onduidelik wat presies gebeur het en aanleiding tot die voorval gegee het,” het Van der Merwe gesê.

Volgens hom het die persoon wat die skietwerk gedoen het homself aan die polisie oorgegee.

Die voorval het op die skoolterrein tydens skoolure plaasgevind.

Van der Merwe het bygevoeg daar is sedert die voorval beradingsdienste vir die leerders en die onderwysers by die skool aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hanna ·

Dis altyd ñ jammerte as ñ lewe weggeneem word, maar hoe oud was hierdie leerder? Ek is amper seker nie 15/16 nie. Dit sit kinders se lewe in gevaar!

Diefie ·

Woorde ontbreek, net hartseer bly oor, Waar het respek vir mekaar heen gegaan?

Ella ·

Ons word ontwapen en nou gedwing en beveel om ongelisensieerde wapens, wat wettig gekoop en in ons besit is, in te handig maar skoolkinders dra (onwettige ongelisensieerde) wapens en skiet ander dood?
Dis n vreemde en hartseer situasie.
Sterkte vir die familie van die kind wat dood is.

ferdi ·

Di Kaapse vlakte is vrot van onwettige vuurwapens niks word daaromtrent gedoen ni dis beter om onwttige wapen te besit want dis onopspoorbaar

Colleen ·

Kinders wat met wapens skooltoe gaan doen dit met voorbedagte rade. Opvoeding begin by die huis.

Willie ·

Dit klink of dit bende verwant of boelie… Bring dissipliene terug….

Tammy ·

Selfs die domste oningeligste mens in Suid Afrika weet van die bendegeweld en dwelm probleem op die Kaapse vlakte asook die misdaad in die Noord Kaap. Hoekom laat die regering na om sy werk in daardie streke te verskerp?? As daar gestem word dan stem die klomp slagoffers van hierdie area steeds vir die ANC, wat nie na hulle kyk en hulle beskerm nie. Nee iemand moet iewers wakker word en die misdaad uitroei. Om kinders in hierdie streke van Madiba te vertel gaan niks help nie, voed hulle op om weg te bly van misdaad!!!!

Tanzie ·

Dit is omdat kinders in vandag se tyd, in sommige areas nog op die skoolbanke sit as hulle 30 jaar oud is!

Waarom ·

Die skolewet (as dit toegepas word) laat nie toe dat “kinders” bo ‘n sekere ouderdom skool bywoon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.