Leerder dood toe tafel breek

(Foto: Jamie Taylor/Unspslash)

ʼn Hoërskoolleerder is dood en twee ander beseer nadat ʼn tafel by die Phala Secondary School in Limpopo gebreek het.

“Die drie gr. 8-leerders was Woensdag besig om boeke te sorteer in ʼn klaskamer by die skool in die Broekman‑nedersetting. Terwyl hulle besig was, het die tafel gebreek en op die drie leerders geval en hulle beseer,” sê Sam Makondo, woordvoerder vir Limpopo se departement van onderwys.

Makondo sê die skool het die nooddienste ontbied, wat onmiddellik met die leerders na die Helen Franz-hospitaal gehaas het. “Een van die leerders is uit die hospitaal ontslaan en twee van hulle is na die Polokwane‑ provinsiale hospitaal oorgeplaas. Ongelukkig het een van die leerders gister sy lewe verloor. Die ander een is steeds onder mediese toesig.”

Die departement sê hulle is baie hartseer oor die dood van ʼn leerder en het sy opregte simpatie teenoor die leerder se familie uitgespreek. “Dit is jammer om so ʼn jong lewe te verloor en ons moet saamwerk om ander te ondersteun en troos,” sê Makondo. Hy het die beseerde leerder ook ʼn spoedige herstel toegewens.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Kruger ·

HUH????? Ek is dof….n Tafel val op 3 en 1 is dood???? Kan iemand groot asb. dit verduidelik.

Louwrens ·

Nee nou ek ook nie verstaan nie. Moes n uitsonderlike groot tafel wees. Hoe breek n tafel en val op iemand as hulle boeke sorteer ??????????

EO ·

Ja nee, ek het dieselfde gedink. ‘n Tafel is laag. Hoe val hy bo-op iemand.

Magda ·

Seker op die tafel gestaan, hoe anders kan so iets gebeur !!!!!!

Erika ·

Hoe op aarde gebeur dit? Moes een baie groot swaar tafel gewees het.

Anoniem ·

Nee genugtig, wat presies het nou hier gebeur want dit is nou iets wat ek ook nie verstaan nie.?

isabelle ·

ek stem saam Die berig moet darem n ou sinnetjie inlas wat ons meer verduidelik hoe veroorsaak n tafel wat breek sulke tragedie……..ai daai arme kinders En hul geliefdes

Eugene ·

‘n Ander nuusberig se dit is n boekrak gewees. Dit sal meer sin maak as ‘n tafel

Megan Swart ·

Dagsê Eugene
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie. Ons is egter nie verantwoordelik vir die beriggewing van ander nuusplatforms nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

YolieBlu ·

Dit was eintlik ‘n boekrak en nie ‘n tafel nie. As jy ander nuus agentskappe se nuus lees sal jy sien dit was ‘n boekrak. Geen manier dat 3 kinders deur ‘n tafel so beseer kon word tensy hulle al die boeke van die biblioteek op die tafel gehad het en hulle onder die tafel gesit het nie….

Megan Swart ·

Dagsê Yolanda
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie. Ons is egter nie verantwoordelik vir die beriggewing van ander nuusplatforms nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

Magda ·

jammer maar ek lees net Maroela Nuus, en die was ongelukkig nie heeltemal korrek nie. Boekrak maak meer sin, en jammer dat so eits moes gebeur het.

Megan Swart ·

Dagsê Magda
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

antieke antie ·

n boekrak maak meer sin veral omdat 3 beseer is…. maar n plastiek stoel wat gebreek het was die oorsaak vir 2 groot rugoperasies en disable vir my …

Chanel ·

Eks bly om tesien dat ander mense dit ook nie verstaan nie. Ek verstaan dit self nie.
Maar ja, alle sterkte aan familie en leerders.

Louise ·

wonder of dit nie die boekrak was wat omgeval het nie.
Hoe word so n kritieke passient van n privaat hospitaal oorgeplaas na n staats hospitaal.
Het gedink die passient moet eers gestabiliseer word en dan oorgeplaas word.
Sterkte

Moedeloos ·

Ek het baie ondervinding hiervan. Dis presies wat gebeur. Hul stabiliseer die pasient en plaas oor met ambulans veral waar operasies of kundige behandeling moet plaasvind. Privaat hospitale hou nie die pasiente daar nie.

Megan Swart ·

Dagsê Lila
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie. Ons is egter nie verantwoordelik vir die beriggewing van ander nuusplatforms nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

Leonie ·

Baie vreemd. Ek verstaan gladnie hoe val ‘n Tafel op kinders en een is dood nie??was hulle onder Tafel of bo op Tafel en was dit ‘n staal Tafel of hoe het dit gebeur?

AmY ·

Is hulle seker dit was ‘n tafel?
Was dit nie dalk ‘n lessenaar gewees nie?

Chantel ·

Nou op RSG geluister, die kinders was besig om boeke te bêre toe ‘n boekrak op hulle geval het. Dit maak vir my meer sin.

Megan Swart ·

Dagsê Chantel
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie. Ons is egter nie verantwoordelik vir die beriggewing van ander nuusplatforms nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

Marina ·

Volgens RSG was dit ‘n boekrak wat op hulle geval het en nie ‘n tafel nie

Megan Swart ·

Dagsê Marina
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie. Ons is egter nie verantwoordelik vir die beriggewing van ander nuusplatforms nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

Dirk ·

Gister is daar genoem dat een van die boekrakke omgeval en bo op hulle geval het.

Megan Swart ·

Dagsê Dirk
Die departement hou vol dat dit wel ʼn tafel was en nie ʼn boekrak nie.
Dankie! Groetnis
Maroela Media

NetM ·

Hierdie storie maak niks sin nie. Nie die artikel nie, die storie self.

Adele ·

Volgens ons plaaslike koerant in Polokwane het die boekrak op die kinders geval, hulle was besig om boeke in die rak te pak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.