Leerder doodgesteek ná bakleiery oor selfoon

(Argieffoto: Unsplash)

’n Leerder (19) is Donderdag by ’n hoërskool in die omgewing van Harrismith in die Vrystaat deur ’n medeleerder met ’n mes doodgesteek.

Dít glo oor ’n selfoon.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die plaaslike polisie is omstreeks 14:10 na die Lerato Thando High School in Intabazwe ontbied.

Polisiebeamptes is met hul aankoms by die skool na ’n klaskamer geneem waar die leerder se liggaam in ’n plas bloed naby die deur gelê het.

Daar word beweer dat ’n graad 10-leerder vanmiddag na die graad 11-klas gegaan het waar ’n groep seuns met ’n selfoon gespeel het. Die leerder het glo die selfoon gegryp en geweier om dit aan die seuns terug te gee.

Dit is tóé dat die verdagte (17) ’n mes by een van sy klasmaats geneem en die oorledene een keer daarmee in die bors gesteek het.

Die slagoffer het op die toneel inmekaargesak en gesterf.

Makhele sê die minderjarige leerder is intussen in hegtenis geneem en sal binnekort in die Harrismith-landdroshof onder toesig van sy ouers verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jr ·

Dis wat gebeur wanneer jy 19 jaar oud is in n graad 10 klas is.

JohanR ·

Soe voor jy nou die huis in die more verlaat sit jy eers jou mes in jou sak, en dan tel jy jou skoolsak op. Wonder wat met vuiste gebeur het. Jy klap en slaan, iemand kry miskien ‘n bietjie van ‘n bloed neus, iemand gee op, en dan is dit terug klaskamer toe. Niemand is dood nie.

Nie Verbaas ·

Kom BLM, buig knie, vuis in die lug. Waar is hulle nou?

Ansie ·

BLM is niks anders as (omgekeerde) rassistiese propaganda nie.

JM ·

Moord word deesdae as ‘n normale handeling beskou. As ek nie my sin kry nie, maak ek jou dood. Selfbeheersing is ‘n eienskap wat nie in diegene se verwysingsraamwerk bestaan nie.

Paulien ·

Hy’s 17, kla hom as volwassene aan. Laat hy in regte tronk gaan sit. Kinders kry hopeloos te veel “free passes”. Hulle weet nie van nagevolge nie.

Lindi ·

Dis vir my kommerwekkend dat die 17 jarige verdagte ‘n mes by een van sy klasmaats gevat het voor hy die ander een gesteek het. Dit beteken daar is BAIE van daai kinders wat met messe en moontlik ander wapens rondloop

Jakes ·

As dit nie n mes is wat n medeleerling dood nie dan is dit n vuurwapen. Tiperend van wat sedert 1994 in SA byna n kultuur geword het. Wat n skande.

Nette ·

Verbied alle selfone by skole, dit sal baie probleme oplos. Ons het nie selfone op skool gehad nie en wow, we survived!

Vanessa ·

Bring lyf straf terug. Kinders kort net ‘n ordentlike pakslae. Disipliene begin by die huis. In ons dae het jy jou gedra of jy word gewêtter.

Elmarie ·

Lyk my skole sal maar moet begin metaalverklikkers by ingange hê…

Ansie ·

Morele verval – nog een van die ANC se “goeie” stories.

Jack ·

Dit is hoe die anc en eff die kinders breinspoel om goeie moordenaars te word. Die misdadiger se pad is oop vir n toppos in die staatsdiens. Hierdie is hoe die klimaat in ons land lyk en dit gaan nie verander sonder die ingryping van almal nie. Die jeug word grootgemaak vir die tronk wat reeds oorvol is. Geen korrektiewe opvoeding geskied daar nie en die naam kan maar verander word na konsentrasie kampe.

Skappie ·

Sjoe, dit is verskriklik hoe dit in ons land gaan. Sterkte aan die ouers van die kind wat doodgesteek was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.