Leerder dreig glo onnie met vuurwapen

Argieffoto

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het met skok gereageer oor ʼn voorval waartydens ʼn hoërskoolleerder van die provinsie glo ʼn onderwyser by die skool met ʼn vuurwapen gedreig het.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die voorval het Woensdag by die Eldorado Park Secondary School in Eldorado Park, Johannesburg, gebeur.

“Daar word beweer dat die leerder ʼn vuurwapen uitgeruk en gedreig het om die onderwyser te skiet. Die onderwyser kon daarin slaag om die vuurwapen by die leerder af te neem en het dit later aan die polisie oorhandig,” het Mabona gesê.

Die skoolbeheerliggaam sal vandag met die nodige dissiplinêre stappe teen die leerder begin. ʼn Psigososiale span is ook na die skool ontplooi om sielkundige ondersteuning aan geaffekteerde leerders te bied.

Mabona wou nie Donderdagoggend onmiddellik meer inligting bekendmaak rakende die omstandighede van die voorval nie. Hy het aan Maroela Media gesê hy sal vandag ʼn verklaring oor die saak en die verwikkelinge daar rondom uitreik.

Intussen het Lesufi hom teen die voorval uitgespreek en gesê voorvalle van skoolgebaseerde geweld en ander gevalle van hardkoppige gedrag deur leerders sal spoedig aangespreek word.

“Die departement sal wangedrag nie duld nie. Enige iemand wat hierdie beleid oortree, sal stappe in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet in die gesig staar,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elene Wentzel ·

Alle vorme van dissipline is lankal afgeskaf!. Hoe gaan julle dit nou weer geinplementeer kry??????

BEKKIE ·

Die kinders kry nie meer die regte dissipline nie. Neuk hulle meer en daar sal minder van die gevalle wees.

Willie ·

In die ou dae het jy gehop, skip en gehuil… daar is geensins dissipline nie

Andre ·

Wat moet die beheerliggaam aan die saak doen dit is poging tot moord en in besit van, n vuurwapen sonder lisensie

Ag asb ·

dit sal nie Geduld word nie….ag asb – daar heers chaos in die skole want hulle maak net wat hulle wil en kom daarmee weg

Theresa B ·

Almal word nou ontwapen, maar kinders loop met wapens rond. Amazing!!

Leeutjie ·

Moenie vrae vra hoekom ons gedistansieerde skole wil he as geen dissipline die norm is nie!!

Helen ·

Wat het die regering verwag gaan gebeur toe hulle kinders meer mag en regte gegee het oor hul ouers en onderwysers, maar nee spaar die roede en nou is dit ‘n generasie wat dink hulle is onaantasbaar en kan maak soos hul wil. Ons moet mos altyd eerste wêreld lande probeer navolg waar dit in elk geval nie werk nie.

Leon ·

En wat sal die ouers sê, of met hulle gebeur, as bevind word dit is die pa se vuurwapen???

Kry vir julle ·

Hy gaan seker nou HOOFSEUN word en daarna ‘n BEURS kry om verniet MEDIES Te gaan studeer .. dit is die nuwe SA vir jou !!

Mrs H ·

Lesufi, noem nou Overvaal vir jou “voorbeeld” skool…. Dit sal nie daar gebeur nie. Dalk is dit goeie ou gesonde Afrikaanse dissipliene en kultuur wat saak maak.

Johan ·

Lesufi reken stappe ingevolge die Skolewet. Wat van stappe volgens die kriminele regstelsel. Lesufi, ek stel dit duidelik hier – jy en jou ANC trawante is pateties en onbevoeg om die land te beheer. Julle verdien nie om aan bewind te wees nie, maar is net in beheer agv die hordes ongeletterde en oningeligde kiesers. Dit is die probleem in Afrika.

In enige beskaafde land met morele waardes sou so ‘n insident strenger optrede tot gevolg gehad het. My dogter is onderwyseres en is ook al gedreig deur ‘n leerder (gelukkig sonder die fisiese wapen). Die skool doen niks, want hulle weet hulle het nie die ondersteuning van die Dept van Onderwys nie.

Onnie ·

Ek is n onnie-ma. Ons onderwysers is gefrustreerd, maar ona kinders ook! ‘ Straf word oor weke se detensie uitgerek waar 3 houe dit in 3 minute kon uitsorteer.

Dis net heeltyd net die “arme onnie’ nie. Wat van die “arme kind”?

#ekweetdaarsuitsonderings

Marinda ·

Start by taking responsibility for everything that has gone wrong and stop blaming everything and everyone else for that what is wrong with this whole setup.
Parents needs to be held responsible for their children’s actions.

marous ·

geskok en hartseer belowe dit “sal spoedig aangespreek word ” Gaan laai hulle by sy huis af , met al hul speelgoed …..

pinkie ·

Buig die boompie terwyl hy jonk is. Dit is lankal uit skole gefaseer en nou pluk ons die vrot vrugte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.