Leerder geskors ná boelie-video versprei

‘n Video wys hoe ‘n leerder aan ‘n hoërskool in Noordwes ‘n ander leerder aan die hare beetkry. (Foto: Skermgreep)

ʼn Gr. 11-leerder van ʼn hoërskool in Leeudoringstad in Noordwes is geskors nadat ʼn video wat wys hoe sy ʼn medeleerder boelie op sosiale media gedeel is.

In die video kan gesien word hoe ʼn leerder verbonde aan die Tiragalo Secondary School  ʼn medeleerder, ook ʼn meisie, aan die hare beetkry en oor die grond sleep. Ander leerders probeer die boelie se hande om die slagoffer se hare loskry, maar die boelie klou verwoed en gee nou en dan ʼn skop in die slagoffer se rigting. Kyk die video hier.

Die voorval het glo ná skool plaasgevind.

“Die slagoffer se ma het die voorval by die skool aangemeld en die boelie in die video is deur die skoolhoof ingeroep. Die meisie het skuld beken en is gevolglik tydelik geskors, hangende ʼn dissiplinêre verhoor na die voorval,” het Elias Malindi, woordvoerder van die departement van onderwys in Noordwes, gesê.

Die slagoffer se ma het ook ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak.

“Die slagoffer ontvang tans berading en die polisie is gevra om leerders toe te spreek oor die gevolge van boeliery,” het Malindi gesê.

Die LUR vir onderwys in die provinsie, Mmaphefo Matsemela, het die voorval ook veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Misky ·

Absoluut skokkend en sommige kinders van vandag het nie meer respek vir ander nie. Dissipline begin by die huis.

Sonia ·

noem dit op sy naam: barbarisme, of dit nou swart of wit is wat dit doen

Sarel ·

Volwassenes en die Regering stel die voorbeeld.
Alkes word opgelos met geweld so die Dept kan maar
Hand in eie boesem steek .

Jr ·

Wat verwag julle. Die govt en sy medepligte eff’ing vriende leer hulle hoe om dit te uitsorteer. Give me your child for the first seven years of his life and I’ll make him the perfect communist.
Woorde van Karl Marx

VaalDonkie ·

Maak ‘n saak by die polisie. Moenie dat die skool dit probeer toesmeer nie.

deHAS ·

Hoe lank het dit al aangegaan? Mens moet mos ly totdat dit “uitgevang” word???

Lynette ·

Kudos aan die 2 leerlinge wat ingespring het om te probeer om die boelie te stop…gewoonlik is dit net ‘n aanhistsery deur die omstanders.

Mallie ·

Geluk aan die EFF dis mos hoe hulle hulle kinders groot maak met geweld

Belinda ·

ag dankie tog dis nie weer n rassisme ding nie. Dis omdat kinders nie meer getug word nie. Hulle het geen respek vir mekaar. Is omdat vandag se kinders te groot vir hul skoene is.

ES ·

Ek bly by my stelling dat dissipline nie by die huis gehandhaaf word nie, en daarom gedra kinders hulself op so manier.

Elinette ·

Respek en dissipline loop hand aan hand en respek is iets wat verdien moet word. Hoe kan ‘n kind respek hê vir ‘n ouer wat (waarskynlik) self die hand lig vir sy/haar lewensmaat? Dit gaan nie hier net oor GBV nie; baie kinders raak groot in ‘n gesin en gemeenskap waar probleme met geweld ‘opgelos’ word. Hulle – die kinders – “act in the moment and regrets it for their future”.

Kobus ·

Vreemd dat daar altyd iemand gereed staan om n video te neem.

Kensy ·

Geweld en die invloed en oorsake daarvan op almal behoort in die skool program breedvoerig behandel te word. Van graag 1 tot en met Graad 12 moet dit op die toepaslike vlak van die kinders se ouderdom behandel word. Kinders wat uit sulke huishoudings kom gaan nie die vernietigende effek besef op daardie ouderdom nie. Dit behoort ook gedoen te word mbt geslags geweld. SO DOENDE kan ons n dalk oor n paar jaar die vrugte begin pluk van beter kwaliteit jongmense!

Mrs H ·

Liefdeloosheid raak al meer sigbaar. Maak n mens so hartseer en kwaad terselfdertyd. Wat gaan daai boelie ooit bied in haar lewe en watse bydrae gaan sy in n samelewing maak?

isabelle ·

jy moet jou naaste lief he ….moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.