Leerder glo deur klasmaat doodgesteek

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Gr. 8-leerder by ʼn skool in Alexandra, Johannesburg, is vermoedelik deur ʼn ander leerder buite ʼn klaskamer met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Volgens die Gautengse departement van onderwys het die voorval Maandagmiddag by die Pholosho Sekondêre skool plaasgevind.

Die skool se dissiplinêre komitee was na bewering besig om ʼn bakleiery tussen drie ander leerders te hanteer toe die slagoffer glo deur sy klasmaat doodgesteek is.

“Nooddienste is na die toneel ontbied, maar die leerder was by hul aankoms reeds dood,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, gesê.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede rondom die voorval.

Dit is nog nie duidelik of ʼn verdagte al in verband met die leerder se moord in hegtenis geneem is nie.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het intussen die grusame voorval ten sterkste veroordeel.

“Dit is onaanvaarbaar dat dié gewelddadige gedrag tot die dood van ʼn leerder gelei het, veral vermoedelik aan die hand van een van sy klasmaats. Die skool se beheerliggaam moet die voorval ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen die oortreder doen,” het Lesufi gesê.

“ʼn Span kundiges sal die familie, skool en leerders wat deur die voorval geraak is, bystaan in hierdie tyd.”

Lesufi het sy innige meegevoel aan die oorledene se familie betuig en sal na verwagting Dinsdag die skool en die familie besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Belinda ·

Gewoonlik het die polisie die skole deursoek vir dwelms ens maar lyk my dit word ook nie meer gedoen nie. Ai die kinders wat so wreed is. Geen respek vir die medemens meer nie.

JM ·

Leer by die grootmense. Dink mos om dood te maak is die oplossing.

Louise ·

Dis omdat die departement van onderwys te besig is met intergrasie dat hulle nie die kinders met probleme plaas by spesiale skole wat opgelei is om hierdie tiepe gedrag in kinders te hanteer nie.
Hierdie is nie net boelies nie. Maar geweldadige kinders wat uit hulle pad gaan om ander kinders seer te maak. Hoekom kan die departement my veiligheid van my kind nie verseker nie…
Dis belaglik dat kriminele kinders nie kan onder beheer in ons skole kry nie. Dis hartseer dat enige kind met sy lewe moet betaal, net oor die departement nie gepla is oor “WIE, WAT EN WAAR NIE”

HJvdb ·

Belaglik!!! Die skool se beheerliggaam moet die voorval ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen die oortreder doen…..dis moord die leerder is n moordenaar en moet deur die polisie onersoek word vir moord….nie die beheerliggaam nie!!!!

Rooikopheks ·

Wat wil Lesufi by die skool gaan doen? Rustig ń koppie koffie drink en mmm en haa en verder moet die bestuur van die skool die moordenaar soek? Maak nie saak hoe oud hy is nie, dis blatante moord.

Elinette ·

Pannekoek-Soufie spreek altyd sy “skok” uit oor voorvalle soos hierdie, maar doen sweet blue nothing all daaromtrent om sy mense se ingebore geneigdheid tot moord, geweld en verkragting stop te sit nie.

Misky ·

En hy stuur beraders. Verder skree hy rassisme en dis waar dit eindig

Casper ·

Lesufi,dit is inaanvaarbaar……………………..Al wat onaanvaarbaar is dat jy nog LUR is.Alles onder jou bewind verval nou wil jy Afrikaanse skole ook saam die afgrond insleep.

Kortbroek en plakkies ·

Dissipline, waardes en respek is by die deur uit, so mens kan dit verwag. Die ou resepte het gewerk, maar die regering van die dag het die resep verander. Ek is dankbaar ek hoef nie eendag in Lesufi se skoene te staan wanneer hy voor die poorte kom en moet verantwoord vir wat hy en die onderwys departement aan ons jong mense doen.

Jessey ·

Was dit “vermoedelik” of het dit gebeur? Was die voorval “vermoedelik” by die skool of nie? Was Lesufi “vermoedelik” ontsteld of nie?

In my opinie is die grootste probleem met al hierdie dinge in die media dat als “vermoedelik/ allegedly” plaasgevind het. Daai enkele woordjie verontskuldig mense soos Lesufi die oomblik wat dit ge uiter word.

Niks hier het vermoedelik gebeur nie, dit het gebeur, en die vraag is wat gaan hulle daaraan doen? Ek kan nie omgee watter skool dit is nie, meeste van ons het kinders op skool of kleinkinders ens. En ons wil nie vermoedelik ons kinders skool toe stuur en nie weet of hulle vermoedelik veilig is nie.

Die regering se blaam verskuiwing is ‘n klomp gemors en hulle het nodig om pa te staan. Ek kan nie omgee wat die taalk of velkleur vd kinders is nie. Hulle is kinders, pas hulle op teen die gevare.

Blomme ·

Kinders het mos BAIE meer regte in die land… In so mate dat jy nie eers meer hard met kind moet praat dan word dit gesien as mishandeling. Wel dit is nou die eindproduk.

VaalDonkie ·

My kind gaan privaat skool toe. Al moet ek met ‘n ou kar rondry en net hoender en rys vreet vir twaalf jaar.

Anel ·

Dit sal maar ‘n CVO skool moet wees wat die ander is vol in die privaat skole. Maak maar daar ook amok. Kyk maar wat het rukkie terug by Cornwall Hill gebeur.

Swerwer ·

Dit is mos maar ‘n voorbeeld wat gestel word deur al hierdie opstande, moord, roof, aanranding, noem maar op want ons land is mos Wetteloos as gevolg van die ANC. So Hoed wat het jy vir jouself te sê dat kinders ook hierdie gedrag aangeleer word omdat daar nie meer dissipline is nie.

Tino ·

Ai minister, die kommitee is nie veronderstel om ‘n moordsaak te hanteer nie, kan of wil SAPS dit nie eens behartig hier nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.