Leerder kritiek ná steekvoorval op skoolterrein

Argieffoto: ER24

ʼn 15-jarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Woensdag verskeie kere met ʼn mes gesteek is by ʼn skool in Doornfontein in Johannesburg – glo deur ʼn medeleerder.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die seun is Woensdagmiddag op die skoolterrein met verskeie steekwonde aan sy liggaam aangetref.

Kapt. Richard Munyai, woordvoerder van die Jeppe-polisiekantoor, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Jeppe het gesê daar was teen vanoggend nog geen amptelike saak aanhangig gemaak nie, hoewel ʼn verteenwoordiger van die skool by die polisiestasie is en hulle die ouers van die beweerde oortreder nou probeer opspoor.

Die slagoffer is in ʼn kritieke toestand na die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal gehaas. Jeppe het gesê sover sy wete strek, is die slagoffer tans in die teater.

Intussen het Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, bevestig ʼn gr. 8-leerder van die Sinako Hoërskool in Khayelitsha is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn onderonsie met ʼn gr. 11-leerder by die skool.

“Die beweerde oortreder is geskors en word deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar. Die polisie ondersoek ook die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

willem Botha ·

Ek kan net dink wie die aanvaller is maar die probleem kan nie aangespreek word nie want die media word gemuilband en kan nie die ware feite gee soos dit is nie.

IK ·

So pluk ons die vrugte van GEEN dissipline hetsy op skool of ouerhuis wat seker al nou met die TWEEDE generasie besig is. Met sommiges werk ‘moenie dit weer doen’ maar met andere is die skakel na die brein deur die sitvlak.

ZAR ·

Dis baie sleg. Gr 8 leerling aangeval deur ‘n gr 11 leerling! Die gr 11 leerling is seker ook nog 19 jaar oud. Dis regtig net te erg. Baie sterkte aan die seun en die familie, mag hy volkome genees in Jesus Naam.

AW ·

In reality the world is as full of bad mothers as it is of bad fathers, and it is not the motherless children who become delinquent but the fatherless ones. –
Louis de Bernieres

Juvenile crime is not naturally born in the boy, but is largely due either to the spirit of adventure that is in him, to his own stupidity, or to his lack of discipline, according to the nature of the individual. –
Robert Baden-Powell

I think it’s important for us as a society to remember that the youth within juvenile justice systems are, most of the time, youths who simply haven’t had the right mentors and supporters around them – because of circumstances beyond their control. – Q’orianka Kilcher

Anita (die eerste) ·

IK sien die ou sakie 100% reg.
En ja, selfs die “vaderloses” is situasies wat in sommige gevalle ook resultaat van géén dissipline is. Hier sluit ek natuurlik byvoorbaat gesinne uit waar die vader oorlede is. Selfs die sg. afwesige vader speel ook ‘n rol aldus navorsing. En in baie gevalle kan hierdie vaders weens finansiële redes nie daarvoor help nie.
Duisende handboeke en navorsingsresultate van regoor die wêreld kan gelees en aangehaal word – die praktyk wys dat die grondslag: respek en dissipline ontbreek.
En in praktyk kan ‘n ma die respek en dissipline aan kinders oordra indien syself daaroor beskik. Ek gee toe dat groter seuns moeiliker gedissiplineer word.
Die grondslag en wil om dit oor te dra, kan egter al baie uitrig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.