Leerder kritiek, talle gesteek in bye-aanval by skool

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Verskeie hoërskoolleerders is gehospitaliseer nadat hulle deur ʼn swerm bye aangeval is by Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria-Noord.

Volgens ʼn woordvoerder van Emer-G-Med is ʼn groep van sowat 30 leerders Vrydag kort ná 11:30 deur ʼn swerm bye aangeval. “Een leerder was in ʼn kritieke toestand met ernstige anafilakse en daar is onmiddellik noodbehandeling toegepas. Twaalf leerlinge is vir minder ernstige allergiese reaksies behandel.” Volgens Emer-G-Med is talle leerlinge na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dit is nog nie duidelik of die bye moontlik gepla is of net self daar opgedaag het nie. “Met ons aankoms op die toneel is talle kinders reeds met private vervoer na hospitale in die omgewing geneem.”

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het bevestig hulle is ook na die toneel ontbied en dat hulle ʼn leerder na ʼn nabygeleë hospitaal geneem het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, was mense glo besig om aan die spreiligte te werk toe die bye gepla is en die leerders aangeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos ·

Sjoe, self so3jaar terug deur swerm bye aangeval wat in elektriese meter kas nes gemaak het. Nagevolg heup vevanging agv val. Hulle het my simpatie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.