Leerder met vuurwapen gedreig vir selfoon

Argieffoto

’n 13-jarige leerder is Donderdag in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap met ʼn vuurwapen gedreig waarna sy van haar selfoon beroof is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die kind, ʼn leerder aan Sanctor High School in die Baai, was op pad winkel toe saam met ʼn maatjie toe twee verdagtes hulle genader het.

Dit was tóé dat die verdagtes die vuurwapen op die leerder gerig het en haar selfoon gesteel het, het Naidu verduidelik.

ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie het egter die voorval sien gebeur waarna hy nog polisiebeamptes na die toneel ontbied het.

Volgens Naidu het die verdagtes in daardie stadium op die vlug geslaan in die rigting van bosse in Librastraat in Helenvale. Een van die verdagtes is intussen vasgetrek terwyl die tweede verdagte nog op vrye voet is.

Volgens Naidu is ʼn saak tot dusver nog nie by die polisie aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hendrik ferreira ·

En wie moet ons bedank die mense wat betaal word om hulle veilig te hou.

Sarel ·

” in die bos gehardloop” sal heel moontlik baie dinge in daai bos vind maak skoon . Die manne is lafaards soos meeste misdadigers en amper was nog ‘n skoolkind vermeer,vir wat ‘n verdekselse selfoon en moet nie die Polisie blameer nie. Die Regering het hulle lankal uitverkoop.

willem Botha ·

Sarel ek stem nie saam die wette is nie verander of gewysig nie dit word nie gepolisieer nie nou wie sal die skuld daarvoor kry staatsdokter, staatsprokureur of die polisie .

stella ·

Ek sien elke dag hoe kinders openlik met hul selfone loop en party selfs met oorfone op. Ek weet dat dit jou reg is om op jou selfoon te praat of boodskappe te stuur maar ek voel dit is verkeerd om openlik met jou selfoon te loop en nie bewus te wees van wat om jou aangaan nie. Dit is net so gevaarlik vir fietsryers met oorfone op as wat dit vir motoryers is wat op hul selfone praat. Asb wees meer oplettend dan sal daar minder of geen aanvalle wees nie.

MS ·

Amen daarop! Ek het gedink ek is paranoïes omdat ek nie met my selfoon of oorfone in die straat loop nie. Ek voel jy moet altyd bewus wees van alles rondom jou. Deesdae drentel mense soos zombies rond en is salig onbewus van wat om hulle aangaan.

Die Verlore Skaap ·

Hier is n goeie voorbeeld van die gemors waarmee ons moet saamleef.
Nie eens respek vir n 13 jarige meisitjie ?

Anneli ·

‘n Soortgelyke voorval het sowat 10 dae terug by Zwartkop Hoërskool in Centurion plaasgevind.
Mens staan in verstomming dat kinders met gewere aangehou word.

Jan ·

Kyk ek verstaan dat mens nie vandag net kan inspring en betrokke raak met sulke goed nie, want jy stel jouself bloot om ook geskiet te word, maar mense soos “polisiebeamptes” is opgelei om sulke konfrontasies te hanteer????? Mnr. Polisiebeampte, wat as dit jou meisiekind was? Sou jy ook net gebel het vir “back-up” en toegekyk het?

willem Botha ·

Dit verbaas my hoe mense redeneer,almal glo dat dit onveilig is om op straat te wees met n selfoon ons aanvaar die probleem van die krimineel wat die strate beheer maar ons het baie teorieë oor hoekom dit so is .Dink logies hieroor dit is nie normaal nie so wie moet dit regstel die stadsraad, regering of is dit die werk van die polisie en as julle saamstem vra jouself hoekom doen hulle nie waarvoor hulle betaal word nie en wat gaan ons daaraan doen?

Pieter du plessis ·

Die woord opgelei,bevoeg, eerlik en toegewyd kan nie in dieselfde sin gebruik word met sa polisie nie.

Mads ·

Hoekom word die aanname gemaak dat die meisie openlik met haar selfoon geloop het, daar staan niks daarvan in die berig nie, net dat sy en ‘n maaitjie gestap het. Die selfoon kon in haar sak of tas gewees het?

LBS ·

Net so, want elke kind oor 8 jaar oud loop vandag met ‘n selfoon rond.

A Mac ·

Maak nie saak wat die wette en die polisie gaan doen of sê nie, Jan Publiek sal sy taktiek moet verander. Loop met jou selfoon in die hand en oorfone aan en jy is basies ‘n bulls eye vir enige krimineel, of potensiële krimineel. Bêre jou selfoon en sit dit sommer af dat dit net vir noodgevalle daar is en ek is seker skelms sal eerder die een roof wat sy goed adverteer deur met dit oop en bloot rond te loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.