’n Graad 9-leerder is tans in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Rustenburg in Noordwes nadat hy glo Maandagoggend van sy skool se derde verdieping gespring het.
Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Volgens Malindi het die voorval Maandag omstreeks 09:00 by Bergsig Akademie in Rustenburg plaasgevind kort nadat leerders aan dié skool ’n eksamenvraestel geskryf het.
Die seun (15) het die val oorleef hoewel hy kritieke beserings in die proses opgedoen het. Hy is intussen in die Life Peglerae-hospitaal opgeneem.
Die presiese aard van die leerder se beserings is nie in dié stadium aan die departement duidelik nie.
Malindi het dit as ’n “betreurenswaardige voorval” bestempel.
Sjoe!! Dis baie erg! Hoop die kind herstel gou maar dat hy ook die nodige ondersteuning sal kry. Ek wonder of hierdie voorval agv die hele ‘Covid lockdown’ stres veroorsaak is.
Ek dink nogal so, want ‘n mens weet nie hoe kinders rerig hierdie “Covid lockdown’ ervaar nie.
Ek dink kinders voel hierdie covid-19 baie meer as ons volwassenes. Ek kry die kinders regtig baie baie jammer. Veral diegene wat huiswerk op hul eie moes doen en dalk nie voel hul is tenvolle inbeheer van hul werk nie. Nou skryf hul eksamen en druk is groot.
Of dalk geboelie is.
Watter hartseer storie. Ek dink hierdie lang onnodige inperking het groot skade aan ons kinders se geestesgesondheid gerig – baie kinders wat terug skooltoe is, is so agter met hul akademie en ek dink dit maak hulle totaal en al mismoedig en dryf hulle dan tot die srt uiterstes. Ek bid vir ons land se kinders en jongmense wat so uitgelewer is aan politici se eie agendas.