Leerder steek meisie glo 14 keer met mes

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hoërskoolleerder is in hegtenis geneem in die Vrystaat nadat hy glo ʼn meisie 14 keer met ʼn mes op die skoolterrein gesteek het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die 21-jarige leerder van die Moteka High School het die 18-jarige meisie glo ná ʼn woordewisseling herhaaldelik met die mes gesteek. Die verdagte is op die skoolterrein in hegtenis geneem terwyl die meisie na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir behandeling.

“Niemand weet nog waaroor die rusie was nie, maar hy het glo die mes uitgepluk en die meisie herhaaldelik gesteek ten aanskoue van ander leerders en onderwysers.” Mophiring het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek. Die verdagte sal Woensdag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

Geen inligting kon oor die meisie se toestand verskaf word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Irene Myburgh ·

Chris hy moes dalk ‘n paar klasse geher het want hy het nie mooi verstaan wat hulle hom probeer verduidelik het in die eerste jaar nie. In my tyd was dit ‘n groot skande as jy so oud nog op skool gesit het.

Fransie ·

Ek werk met baie onderwysers en hoofde, en glo my, 21 is al n gemiddeld van graad 8 af – niks snaaks meer daaraan nie. Hy mag dalk al in graad 10-12 wees.

Kellies ·

En nou gaan die “Gun free SA” Groep seker ook hard en duidelik skree vir n ” Knife free SA”??
Dit is mos die wapen wat moord pleeg en nie die mens nie??

Trolle ·

My hele lewe op skool het ek nog nooit van so iets gehoor nie,maar blykbaar is SA nou n beter land?

geskok ·

En dan se hul ons land is ‘n beter plek vanaf 1994. Wat ‘n grap!!

Martin ·

My Pa het altyd vir my gesê, al is jou baard spier wit en hang hy op jou knie, matriek sal jy maak.
Lyk vir my die ou vat dit ernstig op.

Melanie ·

Waarom word messe toe gelaat op skool{ of enige gevaarlike voorwerpe}

Ina Smith ·

21??op Hoërskool is nie ‘n leerder nie dit is volwasse persoon wat soek hy ?? nog in die skool ? dit is ongehoord en ek kan nie verstaan dat dit toegelaat word nie ,, wat soek ‘n volwasse persoon tussen skoolgaande minderjariges tensy dit ‘n Onderwyser / es is ?? maar ja ons weet ook al dat ‘ kinders’ met moord weg kom ..

Chimone Taylor ·

21???? Wat maak hy nog op skool? Dit se vir ons baie né?

Antjie ·

ja en glo nou wat ek jou hier vertel ..my kleinseun het in Gr 8 teen hule gekompeteer met atletiek ,,gie ..dan is hulle 2 keer sy lengte en hul n snorretjie en baardjie dan is hul 13 jr..dink maar hulle is op 3jr eers geregestreer vir geboorte,,dis hoekom die man 21 nog op skool is..ai dis n jammerte dat n skooldogter wat in die fleur van haar lewe soos n verlepte
blom gepluk word..sit hy 6mnd ,,dan is hy op vrye voet ..Sela

Wil net weet ·

Stem saam. As hy 6 maande sit, is dit lank en dan kan hy seker ook terug gaan skooltoe. Tot hy 30 jaar oud. Dit is belaglik.

Gesiggie ·

Ja nee op 21 moes hy al lankal uit die skool gewees het…. en hoe kan hy haar 14 keer steek terwyl die leerders en nogal onderwysers ook, staan en kyk …kon niemand ingruip ? of was hul te bang… nee regtig wat deesdae in skole gebeur is skokkend.. geen inligting mag verskaf word aangaande die meisie se toestand ?? hoekom dan so”’ Ek hoop dat sy ok sal wees, en dat die 21 jare man sy straf sal kry… dit gaan te lekker in skole dessdae” geen beheer meer, kinders maak net soos hul wil.

HEVW ·

21jr en nog op skool. Hy het geen ambisie om met grad 12 klaar te kry nie. Ook te lui om te gaan werk en boonop uiters onverantwoordelik. Hierdie een gaan die belastingbetaler nog n hele klomp geld uit die sak jaag.

alida ·

So’n krimineel hoort nie meer op die skoolgrond onder die voorwendsel dat hy ‘n leerder is nie. Hy hou ‘n gevaar in vir die kinders om hom. Verwyder hom onmiddellik.

m ·

Weet nie hoe so lummel nog in die skool kan wees nie. Seker ma bietjie minderwaardig begin voel en toe sy aggressie op arme kind uitgehaal. Dit gaan rof in party van hierdie skole, ek hoop regtig hierdie lummel word uit die skool gegooi. Party mense werk al lankal op 21 so iewers moet die onderwys department ‘n streep trek met die tipe mense wat nog op so ouderdom op skool sit. Hy is lankal nie meer op dieselfde vlak nie.

MM ·

Gee hom nog 2 jaar tyd dan het hy elke standard 2x gedoen. Daar was jare terug ‘n seun in my klas gewees 21 jr en in standard 8. Hy is daai jaar uit, want sy ouers kon hom nie dwing om matriek te maak nie, want hy was reeds mondig gewees.

Tammy ·

Die krimineel is 21 jaar oud en die slagoffer 18. Albei is volwassenes en kan stem in n verkiesing. In hierdie geval is die regering soos altyd die party wat toelaat dat hulle kan skool bywoon en ook se hulle mag nie gestraf word nie. Gesiggie, die onderwyser kan nie inspring en probeer help nie. n Onderwyser van Sasolburg het dit gedoen en is deur n wit leerling in sy been geskiet . Hierdie voorvalle kom meestal uit SWAK huishoudings,,,geen to opvoeding en geen respek!

DPJ ·

Daar kan baie redes voor wees dat hy nog op skoolbanke is:-
a) Sy ouers is in die politiek.
b) Sy ouers ken iemand in die politiek.
c) Hy beskik nie oor die vermoë om te vorder nie.
d ) Hy dreig sy ouers dat hy wil skool toe te gaan en prestreer glad nie.
e) Hy will nie werk nie.
f) Sy ouers moet hom onderhou.
g) Hy wil nie blou boortjie werk verrig nie en weier tegniese onderrig. ENS,
Julle moet simpatie hé met hom.

Hannelie ·

21 en nog op skool??? Dis belaglik, ek dink hy moes lankal al gaan werk het. Dit is ‘n duur skoolopleiding waarvoor ons as belastingbetalers betaal. Die skool moes nou al teen die tyd gesien het, hy gaan nie deurkom nie. Help nie hulle hou hom daar nie.

Gessie ·

Ag nee wat ouderdom tel nie in die Vrystaatse skole nie , ons bly op Koppies in die Vrystaat ,laasjaar was daar n 12jarige in gr 3 , herdie jaar is daar drie 17jariges wat al telke male gedruip het en een 18jarige wat ook telke male gedruip het in gr 9 , ooooo ja e glo my hule is gekies as RCL lede in daai gr , en nie te praat van disipline in ons skole in di Vrystaat nie ,dis pateties nes die hoof e somige onderwysers wat te bang is om op te staan vir die ander leerders wat wil leer ,

Hendrik ·

Wie het gesê die knaap is in matriek net omdat hy reeds 21 is? Dalk ook vasgehaak op st. 3 soos Zuma.

Hennie ·

Wie het gesê die knaap is in matriek? Dalk ook vasgehaak in st. 3 soos Zuma.

RITA ·

Gelukkig gaan hy nou tronk toe en as hy daar uit kom is hy definitief te oud vir skool. SLUIT HOM TOE EN GOOI DIE SLEUTEL WEG.

Charlotte ·

Ha ha ha….. hyt darrem verder gevorder as ons president!!! Wonder hoe oud was ons president in st 3????

Tammy ·

Charlotte hy moes min of meer 16 jaar oud gewees het, dalk was dit al sy eerste oortreding van die land se wette om die skool te verlaat voor hy wettig kwalifiseer om dit te doen? Laat n mens nogal dink ne?

Realis ·

Onthou hy is akademies agtergeblewe. Het klippe gegooi toe die ander geleer het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.