Leerder sterf in tweede voorval van geweld in Sebokeng

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Gr. 10-leerder aan ʼn skool in Sebokeng naby Vanderbijlpark is dood toe ʼn medeleerder hom met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Dit is die tweede leerder aan die Dinokaneng Secondary School om vandeesweek met ʼn skerp voorwerp gesteek te word.

Daar word beweer dat dié twee voorvalle met bendegeweld in die gebied verbind kan word.

Die Gautengse departement van onderwys sê die gr. 10-leerling is Donderdag dood nadat ʼn medeleerder hom ná skool buite die skoolterrein met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Die seun is ná die voorval na die Sebokeng-hospitaal geneem, maar is by sy aankoms dood verklaar.

Dié seun se dood volg enkele ure nadat ʼn gr. 11-seun aan Dinokaneng Secondary School óók met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Dié seun is Woensdagaand gewond toe daar ʼn bakleiery op die sportterrein uitgebreek het.

Leerders aan Dinokaneng Secondary is Vrydag huis toe gestuur nadat ontstoke lede van die gemeenskap paaie naby die skool versper en busse met klippe bestook het.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, sal die skool Maandag besoek. Die Gautengse departement van onderwys sal ook beraders beskikbaar stel aan geraakte leerders en familielede.

“Ons betreur die ontydige dood van een van ons leerders. Ons is diep bedroef en bekommerd oor die voorkoms van bendelede wat die lewens van ons leerders verkort en hul toekoms bedreig. Ons wil ons innige meegevoel met die familie en skoolgemeenskap betuig,” het Chiloane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nie Verbaas ·

Nou net een vraag, hoekom kry die gebeurtenis nie dieselfde aftrek in die media as wanneer dit wit op swart geweld is nie?

TruthDealer ·

Because then no political points can be scored. Because then white people cannot be collectively labelled as violent devils.

Harley Davidson ·

Die tekort aan opvoeding is die oorsaak van alle euwels, bring terug die rottang en Godsdiens veral in sekere gebiede van die land waar opvoeding en dissipline ongekend is.

Peach ·

Waarom moet paaie met klippe vesper en, busse met klippe bestook word? Is dit dalk ‘n geval vd spreekwoordelike “monkey see monkey do”?

Nico ·

Geen dissipline in skole nie, daarom gaan dit so, geen wagte by skole meer nie.

Jakes ·

Leer al van kleins af hoe om met nesse te steek, brande te stig en met jlippe te gooi. Dis hoekom SA n misdaadhool feword het

Christine ·

Ek probeer so hard om meer positief te wees, maar regtig, wanneer kinders reeds misdadigers en moordenaars in, dan raak mens uiters bekommerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.