Leerder sterf “pas na sy matriek voltooi het”

Megan Pretorius (Foto: Westering High School/Facebook)

ʼn Oud-matrikulant van ʼn skool in Port Elizabeth is Donderdagoggend in die hospitaal dood nadat sy in ʼn tref-en-trap ongeluk betrokke was. Die 19-jarige Megan Pretorius het pas matriek aan die Westering High School voltooi.

Pretorius het Saterdagaand omstreeks 23:30 saam met twee vriendinne oorkant ’n nagklub in Weststraat in Newton Park gestaan, toe ’n wit Volkswagen Golf hulle genader het.

Volgens Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het die motor begin “spin” en die bestuurder het beheer oor die motor verloor. Die motor het glo in die rigting van Pretorius en haar vriendinne beweeg en Pretorius en een van haar vriendinne getref.

Sy en haar beseerde vriendin is per ambulans na die naaste hospitaal geneem. “Pretorius het Donderdag in die hospitaal aan haar besering beswyk,” sê Naidu.

Die vriendin wat ook tydens die ongeluk beseer is, sterk tans aan in die hospitaal.

Westering High School het hul medelye aan Pretorius se familie op hul Facebook-blad betuig. “Ons dink verál aan haar broer Aiden wat vanjaar matriek skryf.”

“Megan laat ʼn leemte wat niemand kan vul nie. Vandag treur die aarde oor die verlies van ʼn engel.  Mag haar siel in vrede rus.”

Naidu sê ’n saak van strafbare manslag is Donderdag aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Muffin

Die bestuurder was seker weer onder die invloed. Baie braaf.

toy

Hy kon die ongeluk verhoed het as hy nie soos ‘n maniak bestuur het nie. Seker weer gedink hy’s “cool” om so te ry. My innige simpatie aan die familie.

Eben

My innige simpatie aan die familie.

Dit is hartseer om elke keer te hoor van iemand wat in die omstandighede sterf. Mense moet hul houding op paaie deasties verander. Niemand pas K53 toe op ons paaie nie.

Charlene

Volgens PE se nuusblad het n vrou haarself oorgegee. Sterkte aan die ouers en familie

Rm

Hoop meneer spin die res van sy lewe agter trallies