Leerder vas ná steekvoorval by skool waarin 1 sterf

Die Forest High School in Forest Hill, Johannesburg. (Foto: Google Maps)

’n Leerder is Maandagaand in hegtenis geneem nadat ʼn graad 8-medeleerder vroeër die dag buite die Forest High School in Forest Hill in die suide van Johannesburg doodgesteek is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 19-jarige leerder is binne ure ná die voorval in Dobsonville in Soweto in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig twee ander leerders het ook steekwonde in die voorval opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas. Die leerders is onderskeidelik 15 en 16 jaar oud.

Daar word in dié stadium beweer dat die betrokke leerders Vrydag baklei het waarna hulle gister dié bakleiery buite die skool voortgesit het, het Masondo verduidelik.

Daar is egter onduidelikheid oor die ouderdom van die oorledene. Volgens Masondo was die slagoffer 16 jaar oud hoewel die departement van onderwys beweer hy was 18 jaar oud.

Die rede vir die bakleiery is in dié stadium onbekend en die polisie stel ondersoek in.

Die verdagte sal Woensdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord, het Masondo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter C ·

Verstaan ek reg, graad 8 en 19 jaar oud????
Moet so iemand nie eerder afstandsonderrig doen nie? Jou gewone graad 8 leerder is 14 jaar oud, een hengse ouderdomsgaping wat net ruimte laat vir sulke klas van dinge

Ma ·

Daardie kinders is oud genoeg om in ń kroeg te baklei! Wat soek hulle nog in ń skool?

Swanna ·

Ma! hulle kry dan kinders op skool vandag. Vroëer jare moes jy die skool verlaat as jy swanger was nou MAG jy swanger wees en nadat jy gekraam het kan jy terug kom en jou skool loobaan voltooi. So as jy kan, kan jy dalk drie kinders in jou skool loobaan hê voordat jy graad 12 klaar maak.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Die samelewing waar kinders grootword sonder n vader-figuur in die huis…..wonder hoeveel kinders word groot gemaak deur hul oumas en tannies wasr daar ook nie n oupa of oom teenwoordig is in die huisgesin nie…..dit is die ondergang van opvoeding…die regte opvoeding in die eerste 7 jaar van n kind se lewe is wat tel…daarna het jy bitter min probleme…
.
.

lh ·

Stem GLAD nie saam nie Kerrie Vlamskiet Briekstreep! ek maak my kleinseun groot, sonder die teenwoordigheid van ‘n pa, ma of ooms en anties en die bure . . .
Hy het selfrespek, en respek vir ander, gedissiplineerd, akedemies gaan dit baie goed, hy blink uit in sport EN hy is ‘n Koningskind! Daarmee wil ek nie voorgee dat ek ‘n goeie ouma is nie, maar roetine en dissepline speel ‘n BAIE belangrike rol in opvoeding.

Tony Gould ·

Wat is ‘n “leerder”?
Sovêr dit my kennis strek is kinders wat op skool is leerlinge. Miskien is ‘n 19 jarige wat in graad 9 is ‘n “leerder”.

Nel ·

Tony daar word laaaankal nie meer van leerlinge gepraat nie. Jy verwys nou se dae na skoolkinders as ‘leerders’.

Ferdi ·

Skokkend dat die standaarde nou al so verlaag is, dat hulle nie eers, met ‘n slaag-syfer van 30%, kan slaag nie. 20-jariges hoort nie op skool-banke nie – hulle is nie daar omdat hulle wil leer nie. Teen die tyd dat ek 20 was, het ek areeds matrikuleer, my militêre diensplig voltooi EN het ek al gewerk.

Simpatie aan die betokkenes se families

Nee Kyk... ·

Nee kyk… nou het ek als gesien… wat soek ‘n 16 of 18 jarige kind in graad 8? wat soek ‘n 19 jarige nog op skoolbanke? Dit beteken dat as daardie kind matriek is dat hy dan tussen 20 en 22 jaar oud sal wees.. om nie eens van die 19 jarige te praat!

Daar moet ‘n afsny ouderdom op skool wees.. as jy dan nie matriek kon klaarkry moet jy dit by ‘n ander inrigting gaan doen!

pinkie ·

Kry die moeders van kinders wat nog 23 jaar oud is en nog in skool is ‘n ouertoelaag van die staat? Miskien is dit wat hulle dryf?

jaco ·

En dis nou our people wat so lelik is met our people. Waars die Ubuntu en ander mooi eienskappe waarmee Ramaphoza so spog dan nou?

Karolis ·

Verbeel ek my of weet lesufi niks hiervan nie. Die ou is dan so stil.

Linda ·

Lesufi was by die skool en dit terwyl die oorlede leerder nog daar gele het. Wat moet hy se ???

Karlahari ·

Heel moontlik so hy sê: This is van Riebeeck’s fault. Change all the street names”.

blomkind ·

@Karlahari, ek het nou lekker gelag vir jou antwoord. Stem saam hahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.