Leerder was te skaam om ma van verkragting te vertel

Parktown Boys High School (Foto: Google Maps Street View)

 

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede wat sensitiewe lesers kan ontstel.

ʼn 17-jarige seun wat na bewering deur die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School, Collan Rex, verkrag is, het Donderdag gesê hy het nie sy ma oor die voorval ingelig nie, omdat hy te skaam was.

“Ek het net daardie naweek vir ʼn lid van my gesin, my suster, vertel. Sy het gesê ek moet my ma vertel, maar ek was te bang, so ek het nie. Ek was skaam.”

Rex (22) staan tereg op ʼn reeks aanklagte wat verband hou met die beweerde seksuele aanranding van leerders van dié skool toe hy nog ʼn afrigter by die skool was. Rex het reeds skuld beken op 144 seksuele aanklagte waarby 12 leerders betrokke was.

Die seun het Donderdag aan die hooggeregshofsitting by die Palm Ridge-landdroshof gesê ʼn ander onderwyser was op die bus teenwoordig maar het gedut toe hy deur Rex verkrag is.

Die hof het ook gehoor hoe Rex op ʼn bus op pad terug na die skool ná ʼn waterpolo-uitstappie sy vinger in die seun se anus ingedruk het.

Die seun het gesê hy het net sy vriend vertel wat Rex gedoen het. Hy het gesê hy kon nie enige van die skoolowerhede oor die voorval inlig nie, omdat dit ʼn Saterdag was en niemand was beskikbaar nie.

Hy het ʼn paar dae lank weggebly van die skool af voor hy die skool se terapeut gaan sien het. Die seuns is na die terapeut ontbied in verband met ʼn video wat aan die lig gekom het.

William Robertse, vir die beskuldigde, het ʼn verklaring aan die hof voorgehou wat die seun afgelê het en daarop gewys die seun het versuim om aan te dui dat Rex sy anus gepenetreer het, maar eerder gesê het hy het sy vinger tussen sy boude ingedruk.

Robertse het gesê die seun het genoeg tyd gehad om Rex aan te gee, maar gekies om dit nie te doen nie.

Die seun het gesê hy was bang om Rex aan te gee, want hy was bang dat hy geslaan sou word.

Robertse het gesê: “Ek stel dit aan jou dat dit nie gebeur het nie.”
Die tiener het geantwoord: “Ek weet wat met my gebeur het.”

Volgens die verdediging ontken Rex dat hy die seun met sy vinger gepenetreer het.

Die seun het gesê dit het die heeltyd gebeur en, omdat dit met almal gebeur het en hy nuut was, het hy gedink dit is normaal.

Regter Peet Johnson wou by die seun weet hoe Rex se gedrag aan die lig gekom het. Hy het verduidelik van die swemkeppies het verdwyn en die waterpoloseuns is ontbied. Hy het gesê slegs ʼn paar seuns het gesê wat Rex met hulle gedoen het, en daarna het nog seuns onthul dat Rex hulle aangerand het.

Die staat het daarna hul volgende getuie, ʼn 17-jarige seun wat ʼn leerder by Parktown Boys is, geroep. Die seun het getuig Rex het ook aan sy geslagsdele gevat. Staatsaanklaer Arveena Persad wou weet wat Rex nog aan hom gedoen het. “Hy het my aan my tepels gegryp en gesê ‘start the car’.” Volgens hom het Rex dit tussen 2015 en 2016 minstens twee tot drie keer per week met hom gedoen.

Robertse wou weet waarom dit nie in sy verklaring genoem is nie.

“Ek was bang. Die onderwysers het my gedreig. Ek het nie geweet wie ek kan vertrou nie. Ons het gedink ons kan Rex vertrou,” het die seun geantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries du Toit ·

Ons eens dierbare SA is baie siek. Moreel, Polities, Ekonomies. Dit is net die Liewe Vader wat ons kan red. Ons kan niemand anders vertrou nie. Die wat allen in die mens vertrou sal vervloek wees

1+1 ·

Jy is reg Dries. Jare gelede moes jy getuigskrifte, verwysings en in sekere gevalle pigometriese toetse afle, voordat jy vir sekere poste oorweeg is.

In die onderwys was dit verpigtend. Vandag word onderwysers aangestel selfs met vervalste kwalifikasies. As jy vandag durf vra vir verwysings, psigometriese evaluering of bewyse van jou morele lewens en wereldbeskouing word daar baie vinnig gese dat dit polities nie korrek is om op hierdie bewyse aan te dring nie.

Die wiel moet maar weer uitgevind word.

Antionette ·

1+1… Ja jou MENSE REGTE word geskend. Angswekkend om te dink dat jou kinders nie eers meer by die skool veilig is nie. En die ergste is dat van hierdie onderwysers wel weer skool gee na die tyd. Ek kom van n klein plattelandse dorpie en daar het dit ook jare trug gebeur waar onderwyser aangekla was vir verkragting van n meisie. Paar maande later werk hy by volgende klein dorpie se skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.