Leerders dán terug op die skoolbanke

Angie Motshekga (Foto: GCIS)

Suid-Afrikaanse onderwysers moet op 25 Januarie volgende jaar terug by die skool wees waarna alle leerders op 27 Januarie in die skoolbanke sal inskuif.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdag die voorlopige datums vir die komende akademiese jaar bekend gemaak kort nadat die laaste vraestel in die matriekeindeksamen Dinsdag afgelê is.

Altesaam 1 058 699 kandidate het vanjaar die Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-)eksamen te midde die Covid-19-pandemie afgelê.

Sowat 14 miljoen vraestelle moet van 4 Januarie deur 45 000 merkers nagesien word waarna die matriekuitslae op 22 Februarie bekend gemaak sal word en leerders hul uitslae op 23 Februarie sal ontvang.

Motshekga se departement sal ook op 12 Januarie ’n verslag aan Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, voorlê rakende enige ongerymdhede wat tydens vanjaar se matriekeindeksamen aan die lig gekom het.

Dít sluit in die uitlek van twee matriekeksamenvraestelle. Die hooggeregshof in Pretoria het beslis dat dié vraestelle nie oorgeskryf hoef te word nie.

Motshekga hou vol dié uitspraak bied geen oplossing om die geloofwaardigheid, integriteit en regverdigheid van die matriekeindeksamen te verseker nie.

Verlore skoolwerk só opgevang

Altesaam 47 skooldae het vanjaar weens die Covid-19-pandemie in die slag gebly.

Motshekga het vanoggend ook meer bekend gemaak oor haar departement se driejaar-kurrikulum-herstelplan wat volgende jaar vir gr. 1 tot 12 in werking gestel sal word om te verseker dat skoolwerk wat weens die Covid-19-pandemie verlore gegaan het, ingehaal word.

Dié herstelplan sal op ’n aangepaste en kleiner kurrikulum geskoei wees maar ook die onderrig insluit wat vanjaar verlore gegaan het.

Die herstelproses sal oor ʼn tydperk van drie jaar tussen 2021 en 2023 strek waartydens verlore onderrig opgevang sal word terwyl daar voortgebou word op die fundamentele inhoud wat nodig is vir die volgende graad. Die meerjarige herstelplan verseker ook dat die impak van die verlore onderrig tot die minimum beperk word, sê Motshekga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Erik ·

Mis ek êrens iets? Die skoolkalendar waarop daar aangedui word dat die skole die 27ste oopmaak is al lank terug uitgereik.

Onnie ·

Waar val die vrou nou uit? Ons weet al laaaaankal dat die skole die 27ste begin – ons moes dit so op leerders se rapporte en die skool se nuusbrief aanbring…

Johann ·

So verwoes jy n generasie se toekoms: jy stel hulle bloot aan die ANC se absurde onbevoegdheid. En natuurlik die Afrika kultuur van onverandwoordbaarheid vir jou vergrype en korrupsie.

LANA is ELANè ·

Dit is eeeeeeennnnnn laaaaannng vakansie en ouers met kinders sit hande in die hare want meeste van hulle werk boonop regdeur die feestyd, en alternatiewe versorging is nie altyd moontlik nie met die dat dagsorgsentrums op dieselfde kalender as die Onderwys Dept werk. En dan is daar seker in Maart weereens ‘n kwartaalbreuk.
Ek wonder hoe op dees aarde gaan skoolwerk ooit ingehaal word met die dat kinders bitter min skoolgaan en nie almal privaatonderrig kan bekostig of toegang tot sg huisskole en wolkskole het nie.
Is dit ‘n internasionale tendens of net ‘n Afrika tendens?

Moedeloos ·

Ek voel vir julle want my kinders sit met dieselfde probleem. Die arme skoolkinders, veral kleintjies, word nou van bakboord na stuurboord gestuur om net toesig te hê omdat mamma en pappe albei teen die 4de Januarie begin werk. Hul is net tussen Kersfees en Nuwejaar af. Party maatskappy maak nie eens toe nie agv swak jaar wat hul sover gehad het agv die Covid.

Jaco ·

3 jaar herstelplan. So inperking gaan ook nog 3 jaar aanhou???

Moedeloos ·

Jaco ek was Maandag by my GP en sy het ook gesê dat in mediese kringe word ook beplan en gewerk op tenminste 3 jaar wat ons nog so gaan sukkel.

mynie ·

As so baie dae verlore gegaan het, hoekom die skole byna 2 weke later oopmaak? Hulle kan liewer vroeer oopmaak en hersiening doen, en dan begin met skool die 27ste. Ek dink nie sy weet self nie….

NuusUil ·

Hehehe 3 jaar van Graad 1 tot 12 ? Eteken dit die Matrieks van 2021 gaan skool vir n ekstra 3 jaar ?

Hercules ·

die vrou se rak leeftyd het laaaankal verval en in totale ongebruik geraak!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.