Agt leerders is in Mpumalanga dood en tien ander mense is beseer toe die minibus waarmee hulle ná skool op pad huis toe was, omgeslaan het.
Sewe van die slagoffers is Woensdagmiddag op die toneel, op die D267 tussen Mayflower en Dundonald, dood. ʼn Agtste slagoffer het op pad na die hospitaal gesterf, sê Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsie se departement vir gemeenskapsveiligheid.
Die tien beseerdes word by die Embhuleni-hospitaal in Elukwatini behandel.
“Dit is nog onduidelik wat tot die ongeluk gelei het, maar ʼn ondersoek is reeds aan die gang,” sê Mmusi.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die voorval betreur en ʼn hernieude beroep op motoriste gedoen om padreëls te gehoorsaam en versigtig te ry.
“Motoriste moet die paaie met groot versigtigheid gebruik om onskuldige lewens te spaar. Die slagoffers is almal leerders in wie se hande ons toekoms lê,” sê Shongwe.
Die LUR het sy medelye met die oorledenes se families betuig en die beseerdes spoedige beterskap toegewens.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Ons moet maar net aanvaar die toestand van die paaie ,
Waar is Lufisi nou? o ja daar is nie wittes by betrokke , want aangekla kan word vir moord nie.
Motoriste is nie die probleem nie, die taxi drywers is.
Is dit ooit wettig om 18 mense in n taxi te laai?
Ai dis baie hartseer, sterkte vir al die ouers betrokke!