Leerders dood in minibusongeluk op pad huis toe

(Argieffoto)

Agt leerders is in Mpumalanga dood en tien ander mense is beseer toe die minibus waarmee hulle ná skool op pad huis toe was, omgeslaan het.

Sewe van die slagoffers is Woensdagmiddag op die toneel, op die D267 tussen Mayflower en Dundonald, dood. ʼn Agtste slagoffer het op pad na die hospitaal gesterf, sê Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsie se departement vir gemeenskapsveiligheid.

Die tien beseerdes word by die Embhuleni-hospitaal in Elukwatini behandel.

“Dit is nog onduidelik wat tot die ongeluk gelei het, maar ʼn ondersoek is reeds aan die gang,” sê Mmusi.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die voorval betreur en ʼn hernieude beroep op motoriste gedoen om padreëls te gehoorsaam en versigtig te ry.

“Motoriste moet die paaie met groot versigtigheid gebruik om onskuldige lewens te spaar. Die slagoffers is almal leerders in wie se hande ons toekoms lê,” sê Shongwe.

Die LUR het sy medelye met die oorledenes se families betuig en die beseerdes spoedige beterskap toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

TRP ·

Die kondisie van die paaie tesame met die roekeloosheid van minibus taxi bestuurders is ‘n dodelike kombinasie soos ons hier kan lees.

Perdeby ·

Waar is Lufisi nou? o ja daar is nie wittes by betrokke , want aangekla kan word vir moord nie.

SomeOne ·

totdat hy agter gekom het die eerstydse paaie departement , waarvan meestal witmense was , wat die paaie daardie tyd gebou was, daarvoor verantwoordelik is

Wondermaarnet ·

Motoriste is nie die probleem nie, die taxi drywers is.

ES ·

Wonder ek ook, veral omdat daar net plek vir 12 passasiers is…

Chantel ·

Hang maar af, gewone taxi’s slegs 12, maar die Iveco kan tot 23 passasiers vervoer.

Martin ·

Die Toyota Hiace Ses’fikele is ontwerp om 16 passasiers “veilig” te vervoer, die reel word gereeld gebreek deur taxi’s. Die oorgrote meerderheid taxi-operateurs en taxi-eienaars het hoegenaamd geen korporatiewe belastinginkomste wat hulle verklaar nie, en nie betaalstaatbelasting vir hul bestuurders en werknemers betaal nie, Dit is onwettig om inkomste te onderverklaar en om belasting te ontduik.

Marius ·

Baie sterkte aan die families .
My mening is dat die paaie sekerlik nie in n toestand is om veilig te gebruik nie.
Indien dit wel is agv die pad , moet die regering aan gekla word vir moord en die taxi moet ondersoek word vir padwaardigheid.

Maritza ·

Sal my nie verbaas as dit agv slaggate was nie. Sterkte aan die familie

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel aan die familie van die afgestorwe leerders. Die berig dui dat 8 leerders gesterf het en nog 10 ander mense is beseer, maar die werklike totale insittendes word nie gemeld nie. “Motoriste moet die paaie met groot versigtigheid gebruik om onskuldige lewens te spaar'” maar “Verkeersowerhede” en die Regering hou hul sienende blind en horende doof vir die “Taxi/Minibusse”
bedryf.

Skappie ·

Sterkte aan elke leerder se ouers in hierdie moeilike tyd wat vir hulle voorle. Ongeluke kan beheer word, as die regte getal passasiers gelaai word, as die voertuig padwaardig is en die paaie gebruikbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.