Leerders geskors ná baksteen-video

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Twee leerders van die Hoërskool Stellenberg in Bellville is geskors nadat ʼn video op sosiale media versprei is waarin gesien kan word hoe een leerder ʼn ander met ʼn baksteen teen die kop gooi.

Maroela Media het vroeër oor die video berig waarin gesien kan word hoe twee seuns in ʼn woordewisseling betrokke is en die een dreigend met ʼn baksteen in die hand nader kom. Hy gooi die baksteen en dit tref die 14-jarige seun teen die kop. Dit is egter nie duidelik hoe die bakleiery begin het of wat gebeur het nadat die seun met die baksteen gegooi is nie.

Jessica Shelver, woordvoerder van die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media bevestig dat albei leerders in die video geskors is hangende ʼn dissiplinêre verhoor. “Die skool het albei leerders se ouers ingelig dat die dissiplinêre verhoor op 30 Maart sal plaasvind,” het sy gesê.

“Die ouers sal tot Maandag geleentheid gegee word om by die beheerliggaam beswaar aan te teken sou hulle nie saamstem met die besluit om die leerders te skors nie.”

Shelver het gesê die departement sien die voorval in ʼn baie ernstige lig. “Die dissiplinêre komitee van die skool se beheerliggaam het vergader om die aangeleentheid te bespreek. Die skool sal die saak ooreenkomstig hul gedragskode hanteer. Ons sal geensins enige boelie-gedrag of geweld in ons skole duld nie en sal ook nie huiwer om stappe te doen wanneer sulke voorvalle onder ons aandag gebring word nie.”

Sy het bygevoeg die departement bestuur verskeie teen-boelie-programme en veldtogte in skole en doen alles in hul vermoë om boelie-gedrag te voorkom en te beëindig waar dit wel voorkom. “Die werklikheid is dat [leerders se] gedrag beïnvloed kan word deur wat hulle by die huis en in hul gemeenskappe sien,” het sy gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word deur die Durbanville-polisiespeurders ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Hi vra maar net ·

Albei twee leerders is geskors…. is albei nie dieselfde as 2 nie, en word gebruik indien daar slegs 2 is en die werkwoord “geskors” met altwee gebeur nie.
Dis in paprgraaf drie

Christopher ·

Is die seun wat deur baksteen getref is ook geskors? Ek verstaan nie. Die kind is geweldadig aangeval met opset en albei word geskors?

philip ·

yep hy het tussen beide getree , toe die persoon wat die baksteen gegooi het , n woorde wisseling met n ander leerling gehad het en hy/die outjie wat gegooi is dit probeer stop het ,,,, ter loops my seun is ook in die skool

joe ·

Christopher hy is ook geskors want hy is wit, anders is die skool mos weer rasisties!!!

Hoenou ·

So, verstaan ek reg, die baksteen gooier en die gegooide is nou albei geskors?
Belaglik dat die gegooide ook geskors word…

Ania ·

Dis baie eenvoudig. Die gooier is swart en die gegooide wit. Dis presies in lyn met die dubbelstandaarde van hierdie land.

Joanita ·

Ek verstaan glad nie of is dalk te blond. Hoekom slagoffer skors??????

Ai tog! ·

Want die ander kind wat gegooi is , is wit daarom moet hy ook seker geskors word. Siek man Siek!

Cherokee ·

Sug…. ek het ook eers gewonder en toe besef dat daar seker gemaak moet word of die gooier nie dalk besig was met selfverdediging nie. Seker gemaak word of dit nie dalk teruggooi van dieselfde baksteen was nie. Heel eenvoudig as mens logies dink, nè.

Asmain ·

Want as die witkind nie ook geskors word nie, word die skool more afgebrand uit protes!

Amelda ·

Want die slagoffer is wit. Hy kan nie onskuldig wees nie. Wittes moet mos altyd die skuld kry

Alida ·

Ek hoop die slagoffer se ouers dagvaar die klipgooier se ouers vir baie geld.

Naam loos ·

Kry n bokskryt boks handskoene hou n geordende boksge veg. Verloor der skud hand anvaar pak sale en gaan aan met hulle lewe.tiener hormone en emosie loop hoog en part keer vlam Hume ure op

Johann du Toit ·

Stellenberg is ‘n uitstekende skool en, hierdie gedrag moet in die kiem gesmoor word.

Piet Snot ·

Lyk my Stellenberg wás ‘n uitstekende skool – as hulle sulke onreg teenoor die slagoffer pleeg.

JP ·

Die kinders kyk ook politiek en hoor dit..Wat verwag n mens as die anc an eff so tekere gaan in die “parlement”.Hulle het geen rol model in die regering nie!!!Daar is al statisties bewys dat die jeug werk soek na skool in die regerinde afdelings en die vraag was hoekom.?En die antwoord was dat jy maklik kan geld maak met tenders en omkoopgeld…laat n mens dink ne!Jammer dat dit so moet gaan in S.A!!!

Natasha Sutton ·

Slagoffer word geskors? Werklik?! Belaglik en uiters onregverdig en vir Wat? Om polities korrek te wees! Nee dankie top skool of te nie

Willem Wensbeen ·

My kind in graad 5 gaan deesdae met Bowie skool toe.

Jacoba ·

Ek weet van n platteland skool waar ‘om gekeerde’ rasisme en provokassie teen blanke kinders bitter erg is.

Annetjie ·

So die wit kind het die bakleiery probeer stop, maar nou word hy ook geskors, mnr die Hoof, ek dink persoonlik jy het geen ruggraat in jou nie, want hoekom dan n onskuldige persoon skors wat net probeer help het, glo my jy het baie mense se respek verloor a.g.v. jou besluit

Retha ·

Hou liefs op, rassisme skree, ek doen ‘n beroep op jul om eerder met jul kinders te praat en hul te leer om Nie te probeer keer of betrokke te raak nie. Gaan soek die volgende naam op Google: Louwrens Gebhardt, gaan praat met jul kosbare kinders, of as jul nie wil nie, vra solank of hy/sy ‘n orgaan skenker wil wees. Sit jou foon meer en gaan doen die regte ding.

Danie ·

Ek dink ons volg al ‘n geruimetyd hierdie raad en dit is waarom ons is waar ons is.

Tania ·

News 24 het gister berig dat die klipgooier moontlik n parlementslid se kind is. Miskien is dit nog n rede tot beide se skorsing

GV ·

Mense reageer so vinnig sonder die nodige feite. Hie kan verwag word die skool moet reageer sonder sie nodige feite tot hulle beskikking. Dit is standaard praktyk in enige dissiplinêre ondersoek om alle betrokke partye te skors hangende die ondersoek. Dit het nie ten doel om enige skuld toe te deel nie maar het bloot tot gevolg dat ñ billike en regverdige proses gevolg word. Wil ons nie eers almal die waarheid weet voor ons oordeel fel nie?

o ·

Hoekom is die ander party wat by die onderondsie betrokke was nie ook geskors nie? As hy nie deel van die geveg was nie, sou die gegooide nie tussenbeide probeer tree het nie.

Gerrie Malan ·

Myns insiens sal ‘n aanklag van poging tot moord die aangewese boodskap uitstuur. En dit behoort ook vir baksteengooiery by betogings en wat nog te geld.

Andre ·

Ek sal hoop dat die ouers van die seun n saak by die polisie gaan oopmaak het, daai lyk vir my soos poging tot moord.

Ruby ·

Dit is uiters pateties van die skool, hulle wil tog SO politiek korrek wees!

GV ·

Judy dit lyk my jy weet wat al die feite was. Wil jy nie die skool asb kontak en hulle help met die ondersoek nie?

Piet Snot ·

Nee GV, sy’s heeltemal reg.
Die video is lank genoeg dat mens ‘n redelike idee kan kry wie’s skuldig en wie nie.
Dis duidelik niks anders as politieke korrektheid nie.

Uvonka ·

Net weer ‘n baie duidelike voorbeeld van MOENIE ANDER HELP NIE!!! Dit is baie hartseer dat dit so is maar dit is realiteit, kyk wat het nou van die slagoffer geword.

Coba van der Merwe ·

As wens net mense wil ophou om so te oorreageer. Gaan kyk die video ‘n paar oor en kyk wat sien jy. Die seun met die baksteen was oppad om verby te loop, toe kom die ander kind (dreigend?) na hom toe aangestap en toe eers het die gooiery plaasgevind. ‘n Saak het 2 kante.

OMW ·

So hoe dit nou ook al sy van 2 kante – as mens n woordewisseling het dan maak mens dit reg met geweld?! Jy moor sommer, want jy was aangehuts???? Neee oooo genade geen wonder dit gaan so nie!

E.K. - ek sê net! ·

Bly om te hoor die skool het dadelik opgetree en dat hul nie nonsens duld nie – van beide kinders se kant! As hul so jonk begin met sulke goed, wat gaan hul later aanvang as hulle nie NOU vasgevat word nie!

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

En totdat die ondersoek afgehandel is en die ouers het mos kans om te bewys waarom hul voel dis onregverdig. Mooi so Stellenberg, dis hoe dit gedoen moet word. Skors hul ongeag wie hul is en doen dan die ondersoek en indien nodig kan hul teruggaan skool toe. Julle stel ‘n baie goeie voorbeeld.

madels ·

My mond hang oop… ek kan nie glo dat die “wit kind” nou ook geskors is wanneer al wat hy wou doen net tussenbeide tree om die vrede te bewaar. Die land het nou bezerk geraak!

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Los dit vir die SKOOL om uit te sorteer, uit te vind wat dit alles vooraafgegaan het en die wie en wat van alles. Niemand hier op die forum was daar so moenie sommer weer aannames en afleidings maak vir wat julle DINK gebeur het nie.

Piet Snot ·

Nee ouboet, dié keer sit jy die pot mis.
Res ipsa loquitur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.