Leerders geskors ná straatgeveg

‘n Skermgreep uit die video op sosiale media.

Die Gautengse departement van onderwys het sewe leerders aan die Edenglen High School in die ooste van Johannesburg geskors nadat ’n straatgeveg tussen leerders van die skool verlede week opslae gemaak het.

Die bakleiery op 10 November het oënskynlik ontstaan weens R25 wat een leerder glo ʼn ander een geskuld het. ʼn Video van die bakleiery is op sosiale media versprei.

Ses van die sewe leerders het ná die geveg positief getoets vir daggagebruik terwyl een van die leerders in besit van ’n mes betrap is. Die leerder het aangevoer dat dit vir sy beskerming was.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê die leerders is geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor. Die verhoor sal vandag en môre (Vrydag) plaasvind.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Suzette ·

Nog op skool en alreeds probleem gevalle – sidder om te dink waar hulle gaan opeindig wanneer die veilige banke van die skool nie meer daar is nie.

Wat op dees Aarde ·

Hulle is seker nog tussen die ouderdomme van 19-23 en in Gr. 8 en 9

quartus ·

n rottang sal gou al die veglustigheid uit hiedie mannetjies haal

Deon ·

Ek was in n tegniese skool, almal was seuns, altud een wat n anddr wou bykom oor kinder strooi, ona het n bokskryt in die oefen saal gehad, onderonsies was vinnig uitsorteer. En ja ek stem, die lat moet terugkom.

Heinrich ·

Hulle het ‘n blink toekoms as taxi bestuurders of EFF lede.

Deon ·

Definitief nie maklik n goeie loopbaan met die huidige bestel nie.

B-Man ·

Leerders het mos so ‘n jaar of wat terug die skoolhoof ook bygekom.

Persheks Adri ·

Oe ee ee die dagga koppe darem… Nee wat gaan kyk wie maak hulle groot eish

Phillip ·

Dit is n straat geveg hoe word dit n skool aangeleendheid is mos nie in die skool nie maar biute die skool dan is dit mos n saak vir die poliesie

Maggies ·

Skoolklere maak dit seker ‘n skoolsaak. Was so in die goeie ou dae.

'n Simpelman ·

Jip dit in skool klere, maar ja dit moet beslis ook ‘n polisie aangeleentheid wees

Dup ·

Transformasie in SA: Bendes,dagga,messe,straatgevegte…en dit is net op die skoolterrein.Ons weet almal hoe gaan dit buite die skoolterrein;misdaad,korrupsie,verval en agteruitgang.

ES ·

Want mens is mos veronderstel om alles te doen, behalwe leer, as jy op skool is…

Jessey ·

Was die geveg in Afrikaans, of in ‘n ander taal? As dit in Afrikaans was sal Lesufi gou opdaag.

Spook ·

Dit wil voorkom asof die onderonsietjie gelukkig nie in Afrikaans was nie.
Ek meng ook nie graag in met ons ander landgenote se kulturele gebruike en gewoontes nie.

Nozi ·

Ek neem aan die geveg het uitgebreek na skool. Ses leerlinge is positief getoets vir dagga, wat maak die kinders deesdae gedurende skool ure, rook dagga?? Ek hoop ek verstaan die berig verkeerd.

Kokerboom ·

Vraag is : Wil ons deel wees van so ‘n samelewing wat op ons afgeforseer word?!!!!

lollapot ·

Wat verwag mens? Gedurende lockdown was sigarette verban, terwyl jy kon dagga rook!

Genis ·

Opkomande leiers “our people”… daar is geen dissipline nie dis hoekom… geen lyfstraf, geen Godsdiens…

Mrs H ·

Voorbeeld van EFF se aksies voor skole! Kinders doen maar net wat volwassenes as normaal bemark…

BeesHanekom ·

Ek kan ongelukkig geteig as n ex-verslaafde: al kan iemand wat dagga gebruik regtig net n yskas of n pak kaaskrulle seer maak is dit well die eerste stap na groot moeilikheid gaan wees vir hulle vorentoe – hoop iemand met die regte leiding sal nou vroeg genoeg in klim en help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.