Leerders geskors ná vuiste by skool klap

‘n Skermskoot uit die video. Die foto is deur Maroela Media verbloem om die leerders se identiteit te beskerm.

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het Vrydag die Hoërskool President in Ridgeway, Johannesburg, besoek waar twee leerders tydelik geskors is.

Lesufi se besoek volg ná ’n video wyd op sosiale media versprei is waarin gesien kan word hoe die vuiste behoorlik tussen leerders van die skool klap. Die video wys hoe die een leerder die ander een herhaaldelik slaan voordat die leerder eindelik op die grond val.

Die Gautengse departement van onderwys het Vrydagoggend op sy amptelike Twitter-profiel bevestig dat twee leerders in verband met dié video geskors is. “Ons is hier [by die skool] om die konteks van die voorval te verstaan wat in dié stadium daarop dui dat dit ’n geïsoleerde en nie ’n rasgemotiveerde voorval was nie,” sê die departement.

“Ons het ’n verantwoordelikheid om elke leerder te beskerm,” het Lesufi tydens sy besoek gesê. “Ek sal geen vorm van rassisme of boeliegedrag in ons skole duld nie.”

Die skool en departement het ook ooreengekom dat daar voortaan agt toesighouers in plaas van vier gedurende pouses op die skoolterrein teenwoordig moet wees.

Lesufi sê hy is bekommerd dat niemand probeer ingryp het toe die leerders baklei het nie en meen dit dra ’n baie slegte boodskap uit. Hy sê hy veroordeel egter nie die persoon wat ’n video van die voorval geneem het nie. “Was dit nie vir sosiale media nie, sou ons nie dié voorvalle kon sien en behoorlik aanraak nie.”

Volgens Lesufi wil die departement in die afwesigheid van beeldmateriaal steeds ingelig word oor wat in Gautengse skole aangaan. “Die departement beskik oor stelsels in skole om alle leerders te beskerm en voorvalle te hanteer namate dit opduik. Dit sal egter onmoontlik wees om te voorspel waar die volgende voorval gaan gebeur, daarom het ons spanne om alle platforms te monitor,” sê die LUR.

’n Dissiplinêre verhoor sal op 31 Januarie plaasvind en die departement sê hy sal hom deur die uitkoms van dié verhoor laat lei. Lesufi sê die verhoor sal die leerders ’n geleentheid bied om hul kant van die saak te stel. “Tot dan kan ons nie tot ’n gevolgtrekking kom oor die voorval nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Chris ·

Maroela, Lesufi het vanoggend daar aangekom, maar die bakleiery het al reeds Disdag plaasgevind, waarna die skool hulle dieselfde dag nog geskors het.

Petro ·

Stuur altwee om te gaan hokke skoonmaak by die DBV vir ‘n paar naweke.. Sal hulle vinnig uitsort… Hou op kinders skors en polisie sake oopmaak oor skoolgrond nonsens…

J Le Roux ·

Dit is niks nuuts in skole nie en het 50 jaar terug toe ek op skool was gereeld gebeur.

Hazeldean ·

Stem saam J le Roux. Van toeka het die boys mekaar bietjie warm gewiks op die skoolgrond. 6 van die bestes en hulle is uitgesort. Maar vandag, omdat boetie een wit is en boetie twee swart, haal dit die agtuur nuus en die koerant se voorblad!! (Tong in die kies gesê natuurlik) Was dit twee blankes of andersom, het geen haan gekraai nie. So sieeeek hiervoor…?

karen ·

bekommerd omdat niemand probeer ingryp het toe die leerders baklei het nie ……. want die wat probeer ingryp word ingesleep by die gemors en moontlik die gehou as die varke in die verhaal…… my kinders word geleer om nie self betrokke te raak nie en eerder iemand senior te gaan roep

NICKEY VAN NIEKERK ·

Ek is seker nou mostert na die maal,, maar vat die krieket storie van rassime darem nou nie die ding te ver nie. Waarom is die mense so verdomp gevoelig oor hul velkleur?

Lerato ·

Skors ook die kind wat die video geneem het. Dis mos onwettig om foto’s van kinders te neem.

Zina ·

Wat het gely tot die voorval. Was dit net die 1 wat geslaan het soos op al die fotos of het die ander 1 ook geslaan maar die fotos word net nie gewys nie? Waars is die video te sien?

kobus ·

Lesufi, party mense het baie uittartende gedrag wat ander mense laat aksie vat. Neem dit ook in gedagte as jul die saak ondersoek. Maar laat reg geskiet, die SKULDIGE een moet permanent geskors word uit skole

Zumie ·

Ai…volgende molshoop wat nou berg geword het…..
Is daar nie meer fietsloodse waar seuns kan gesels nie….
O wag – amper vergeet ek …. daar is weer kroonwild betrokke

Jerry ·

Met hierdie mombakkies wat Lesufi opgesit het is dit nie n rassevoorval nie, net bloot twee leerlinge wat met mekaar baklei. Sit hy weer sy ander mombakkies op dan is dit n rassevoorval tussen wit en swart. Lesufi verander soos dag en nag net soos dit die situasie pas en watter klimaat die ANC wil skep! Ons moet seker maar dankbaar wees dat hy ten minste hierdie keer nie n rassevoorval daarvan gemaak het nie.

Blits ·

Wat nogal snaaks is oor die ding is dat dit wel n geveg tussen n wit seun en n swart seun waar die swart seun planke toe is, nou wat so snaaks is is dat die Lesufi karakter dit nie onmiddelik brand merk as n rassevoorval nie, want hy is baie lief daarvoor om die rasse ding te gebruik.

Pieter ·

Jy’s reg, hy het in effek gesê hy hou hom uit die rasding, want dit was nie ‘n rasding nie. Dis seker maar omdat die een wat planke toe is die ding begin het.

Gedoriewaar ·

Ek is uit die veld geslaan! Geen “protes” aksies nie, geen “skors die wit leerder summier”nie, geen “hierdie afrikaanse rassistiese skool” nie…. Dit blyk of die Sweizer-Reneke insident dalk n bietjie meer nugter denke aangehits het. Mag dit nie vinnig wegkwyn nie …

Co ·

Ja, kan ook nie glo wat ek lees nie! Lyk hulle het vir eers ‘n les geleer uit die Schweizer saak!

Neels ·

Wat is so erg daaraan kinders het nog altyd mekaar dik getik op skool en dit oorleef. In my kinderdae het ons mekaar dik getik op die plaas elkeen n pakskae gekry en later weer saam gespeel. Toe was daar nie die woord rassisme nie . Na 94 het die woord eers tevoorskyn gekom

Piet ·

Waarom plaas julle nie die film nie? Dit is news24 beskikbaar.

Felix ·

Kyk, ek sou verseker nie met daai fris boerseun moeilkheid soek nie.

Thinus ·

Ag Lesufi, jy is so rassisties pateties dat almal al siek en sat is vir jul holrug geryde rassisme aantygings. Julle haak net by een ding vas want jy weet nie van beter nie. As julle jul werk gedoen het en nuwe skole gebou het waar almal in hul moedertaal onderrig kan word sou sulke gevalle nie gebeur het nie. Dis tyd dat jy bedank, wat jou sellby date is lankal verby.

Diefie ·

Laat die kinders mekaar uitsorteer. Hou tog net op met die rassime storie. Vuisslaan sal nooit op hou nie.

Hennie ·

Hoekom wil Lefusi betrokke raak by al sulke simpel dingetjies? Mags behep!

buurman ·

Dood gewone skool geveg. Sit die kinders terug in die skool. Poletiek meng te veel in.

Linda van Mosselbaai ·

In die ou dae het die seuns & partykeer dogters ook handgemeen te word.
My man was altyd op gepik – toe stuur sy pa hom vir lesse – so as die manne skoor gesoek het – het hulle ‘n groot toets gedop. Daarna is die lat geswaai deur ‘n onnie & later baklei hulle maar weer . Deel van grootword …….

Anne ·

Soos dit vir my lyk is daar geen bloed betrokke nie, geveg tussen twee seuns, ook in my tyd op skool gebeur

Willie ·

In die 80tigs het ons gereeld bolle gerol, by die popelier bos…

Felix ·

As ek die video so kyk dan wil ek my verstout om te sê die een wat tweede gekom het, was uit vir die volle telling.

Kaptein ·

Dit lyk vir my eerder na aanranding as ek die ding so kyk. Groot ou, met sy “crew” reg agter hom, slaan ‘n ou wat glad nie terugveg nie.

Lekker lag ·

Van die artikel lyk dit of die ou wat now terugveg nie die ding begin het en toe byt hy bietjie meer af as wat hy kan kou. Lyk nie of hy kan terugslaan nie want die “groot ou” slaan hom so hard hy het nie kans nie.

Kaptein ·

Ek hoor julle.
Die ou met die belt moet leer fight, as hy so wil optree.

Wessel ·

Hy het nie ‘n swart belt aangehad nie, dit was sy probleem (met verwysing na karate). Die wit ou het ook maar nog nie in sy lewe geboks nie.

Karel ·

Kaptein – span die seile.
Kaptein – sy is myne,
daar waar die son opkom,
daar oor die horison wag sy vir my.

En as jy haar nie los nie, sal ek en jy dit pouse uitsorteer!

Felix ·

Jip, hy het vooraf sy lyfband afgehaal, dit bo sy kop geswaai en wou die ander een daarmee …. (regsien?)

corne ·

snaaks eerste ward gese sal nie rasisme en dan vol reg sommer weer eerste n rasse voorval van dit maak

Marietjie ·

Ag nee hel, was dit enige kant toe twee seuns van dieselfde ras wat mekaar bygekom het, het geen haan daarna gekraai nie….. maar nou is dit rassisme …. wat maak die een seun met ,n belt? Iemand het video net op sekere tyd begin neem, toe die geveg seker al hoelank aan die gang was…. waar is die begin?

Keeter ·

Ek sien die video word nou so gesny dat mens net sien hoe die blanke seun die ander slaan, nie meer die volle video waar die “victim” hom dreig en sy belt los maak en afhaal nie.

B ·

Maar by ander skole kan betogers oor heinings klim en skole beset? Beskerming?
Wat van emosionele beskerming, viz SR?

(Volgens Twitter het die een seun die geveg begin deur die ander seun met ‘n gordel te slaan)

Michelle ·

Almal gaan weer skreeu rassisme dit is twee jong seuns wat nie ooreengestem het met iets nie, is dit hul manier is van uitsorteer laat hul dit so uitsorteer groot manne doen dit almal doen dit. Nie almal het die geduld om weg te stap nie .

Spike ·

Hierdie is die resultaat van malema, blf en gister se clicks voorval. Die comrades en kaders sit nog met premitiewe denke.

GM ·

Party is lekker uittartend, totdat hulle bygekom word. Dan word daar rassisme geskree. Daar gaan nou baie ‘getuies’ ook wees wat sê die witoutjie het ‘n sekere woord gebruik. Dit raak nou afgesaag.

Hartseer ·

En ewe skielik is almal baie trots waar is die leiersfigure hoof dis slegte publisiteit en ook betreurenswaardig!

DeVill ·

Ons het ook maar so baklei op skool.

Veral agter die pawiljoen.

Dit het egter met ‘n uitdaging begin soos bv.

“O jy dink jy is sterk? Ek kry jou na studie agter die pawiljoen!”

As die outjie opdaag dan was daar ‘n geveg. As hy nie opdaag nie het hy verloor!
Baie kinders het saam kom kyk. Was veral bly as jou meisie ook kom kyk het :D

Jy het egter geweet daar wag nog ‘n pakslae by die koshuis ook want “Waarom is jou hemp so voel bloed, en hoekom bloei Jannie se neus? Het julle alweer baklei!?”

Ons was gewoonlik beste vriende na so geveg.

Andre ·

Presies, ons het ons strooi uit gesort daar en dan en die pakslae was daar… Seuns boks op skool, dis nou maar ‘n ding. Mense sal nie altyd saam stem oor alles nie.

Chippie ·

Al wat hierdie gedrag verander en ook nie meeste ander probleme in skole sal oplos is “6 van die bestes”. Maar nou ja, ons liberale sieninge gaan nog ons eie ondergang wees.

Blikke ·

Tyd dat Lefoefie sy aandag bepaal by sake en aangeleenthede soos wat dit n LUR betaam…….O gaats dalk is die portefeulje n bietjie onduidelik…….

Sanet ·

???NIKS NUUTS nie!
Seuns mekaar lekker AFGESTOF op skool!
Sien news 24 berig,dis oukie wat toe self vir hom “grondgekoop” het…wat eerste geslaan het ?
JAAA…lefusi,pleks jy eerder meer beter skole vir jou mense gebou het en jou minder bekommer oor WELTER GEWIG KAPPOKHAAN fights,jys nosy!!

Posduif ·

Gebeur al vir honderde jare…. Beste manier om die probleem uit te sorteer. Maandag is hulle pelle.

bollie ·

Ek sien twee gesigte van die swart seun op die foto. Een waar hy vooroor val en sy gesig verskans word en die ander een waar hy regop staan en sy gesig gesien kan word. Sien ek spoke?

Karel ·

In my dae het ons dit nie op skool gedoen nie, nee ons het vir mekaar geblaas en gesnork, dinge toegesnou onder aanmoedinging van ons pelle, dan het ons ooreengekom ons kry mekaar na skool op die hoek, daar word die baadjies uitgetrek en was daar nie eens tyd vir moue oprol nie. Als heel beskaafd, maar ons het mekaar ge….. seergemaak.

Hans ·

Dit is die Direkteur-Generaal van provinsiale onderwys se verantwoordelikheid om “probleme” op grondvlak te hanteer,so LUR moet nie inmeng met aangeleenthede wat op ander vlak hanteer moet word.

Karel ·

Hy wil al die glorie vat en sy stempel afdruk as iemand wat beheer van al die leerlinge, hul ouers en die skool het, ‘n heel magtige man.

Niklaas ·

Selfoon videos , wat rassistiese voorvalle , met jong swartes as slagoffer , uitbeeld, gaan nog daartoe lei dat dosyne ,selfs honderde mense ernstige probleme optel. Dit word n euwel. Die verspreiding daarvan op sosiale media sal telkens opslae maak. Indien moontlik moet dit verhoed word.

Stan ·

Ons was 1,180 blanke seuns in ons Hoërskool (80’s) en daar het min weke verbygagaan waar daar nie so bietjie aan mekaar gewerk was nie(skool en koshuis). Snaaks genoeg, die manne met wie ek bolle gerol het is na 30 jaar steeds my maats. Ons seuns word sag en opgepiep! Laat hulle manne word.

Gemaskerde Sopbeen ·

As julle die LUR gouer daar wou hê moes iemand liewers ‘n foto ‘n ge-post het van swart leerders wat apart van wit leerders sit!!! Gaan die beheerliggaam nie nou ook die juffrou skors in wie se klas hierdie twee hulle bevind nie? Sy het tog openlik gefaal om hulle maniere te leer? haahahahahaha……..In my dae het die hoof jou agterna afgestof, en dan by die huis jou pa ook sommer……en kyk, hier sit ek….heel normaal….

Manie ·

Hierdie rassis lesufi moet liewers probeer skole bou. Maar ons weet hy sal nie want hy weet nie hoe nie. Hy’s n groot grapkas

Danny ·

Dood gewone Skoolgeveg het dit baie gesien en gedoen was nooit geskors ek kan jou belowe dit het n aanloop oor n paar dae gehad.

Snowball ·

Lepufi, ruk die dam onder die eend uit. Hoërskool : Storm – en – drang – jare!! As hy iets geweet het van kinders, sou hy ten minste dit geweet het.

Stephan de S ·

Waarheen is ons oppad?Is dit nie normaal dat seuns hul spierkoördinasie oefen nie. Hoe anders sal hul groot word! Later sal hul hul verstande teen mekaar uit toets. Selfs in die diereryk werk dit so vgl bv hoe anders dogtertjie bobbejaantjies groot gemaak word as seuntjie bobbejaantjies. Moet sê die een knaap het nogal n netjiese skoot ingekry…..sal later by sy kleinkinders spog daarmee……en dit sal deel word van die kleinkinders se “folklore” oor hul oupa. So word die lewe elke dag gevorm , solank ons net onthou ons is gewone mense en menslik.

Wilma ·

Kan jy glo toesighouers tydens pouses. Dit se mos hoe als ook ini skole agteruitgegaan het. In my skooltyd moes y buk en problem solved. Maar govt met sy walglike wette dat kids ni mag pakslae kry. Gn wonder soveel gemors loop tussen opgevoede kids ongeag velkleur

P ·

Verbied selfone by skole dit hoort nie daar nie. Leer mense dan nie moenie videos en foto’s op sosiale media deel nie, meeste veroorsaak net probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.