Leerders glo bang om terug te keer ná geweld by skool

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Daar sal na verwagting Maandagoggend ʼn vergadering gehou word by Dikgatlong Hoërskool ná daar Vrydagmiddag geweld uitgebreek het by Delportshoop Gekombineerde Skool in die Noord-Kaap.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die geweld het uitgebreek weens ʼn “misverstand” tussen die Delportshoop-skool en die ouers van 22 gr. 12-leerders wat plasing by dié skool benodig.

“Ouers en leerders het na bewering die perseel betree en skade aan die skool se eiendom veroorsaak asook die lewe van onskuldige onderwysers en leerders onnodig in gevaar gestel,” het Van der Merwe gesê.

Intussen word ʼn video op sosiale media versprei van ʼn meisie wat glo ʼn gr. 2-leerder aan die skool is en die geweld aanskou het. In die video sê die meisie dat sy bang is om terug skool toe te gaan.

“Ons het op die klimrame en als gespeel, toe hardloop juffrou gou in en lui die klokkie en toe moet ons almal teen die muur gaan staan. Toe ek hardloop, toe gooi hulle my met ʼn klip teen my been,” het die dogtertjie in die video gesê.

Volgens haar het hulle [betogers] toe begin om die “groot klasse” te brand. “Ek wil nie weer daarheen gaan nie,” het sy huilend gesê.

“Hulle het die deure begin breek by die groot klasse. Hulle het ʼn kind gegooi met ʼn klip teen die kop, haar hele voorkop is oop. Hulle het papiere begin brand en in die klas op die boeke gegooi. Toe raak die hele klas aan die brand en die polisie was daar,” het sy emosioneel gesê.

Volgens Van der Merwe het distriksbeamptes Vrydag met die skool se bestuur en onderwysers van Delportshoop en Dikgatlong vergader. “Ons het ooreengekom dat die ouers en die gr. 12 leerders Maandag by Dikgatlong bymekaar moet kom sodat ons die saak kan bespreek. ʼn Ouervergadering is vir Dinsdag by Delportshoop geskeduleer.”

Die polisie kon nie bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sus ·

Ek dink die sogenaamde gr 12 leerders moet teruggaan waar hulle vandaan kom. Hoe wil jy nou met ope arms verwelkom word as jy jouself soos ‘n hooligan gedra??

Peter ·

In Nederland is van de onlusten in Zuid-Afrika NIETS bekend. Er komt NIETS van op TV. Ik heb familie in Z-Afrika. Die, en met hun nog velen, vinden dat verschrikkelijk. Zo’n mooi land. Moet het in Z-Afrika hetzelfde gaan als in Zimbabwe????

jennefer ·

Het gaat hier al erger dan in Zimbabwe. Geen respek voor niks en niemand.

Johann Marx ·

Mense vra en word geïgnoreer. Mense vra weer…en word steeds geïgnoreer. Mense vra al hoe meer en al hoe harder…en word steeds geïgnoreer…..Dan gooi hulle klip, breek af, steek mes en steek brand…….die media daag op, die minister of misister daag op….en vergaderings word geskeduleer om die “probleem” van “hooliganism” te bespreek. As die verantwoordbare owerhede in die eerste plek geluister het en opgetree het, was al hierdie onnodig. Intussen leer die ouers HOE om aandag te trek en reaksie te kry…….en dis NIE deur te vra nie!!! En soos die ouers maak, so maak die kinders….

Bfb ·

Wat is jou punt? Ek hoop nie jy probeer die barbaarse gedrag goedpraat nie. Daar is geen verskoning om steeds soos terroriste aan nie. As hulle nie selfbeheer het nie gaan ‘n graad 12 sertifikaat niks ooit aan hul saligheid verander nie. My hart bloei vir die Afrikaner meisietjie wat hierdie dinge moet deurgaan omdat haar volk verraai is deur sy leiers.

Christo ·

En die polisie is nie beskikbaar vir kommentaar nie? Ek skat oorlog is verklaar. En Trump is verkeerd?

snoefie ·

waarheid veritas. waar het hulle skool gegaan tot gr 11 dat hulle op die derde skooldag opdaag en plek eis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.