Leerders moet liefs tuisbly oor weer

Die tornado het groot skade aangerig in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

Leerders van KwaZulu-Natal is aangeraai om liefs tuis te bly weens slegte weerstoestande. Die hoof van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het leerders wat nie eksamen skryf nie Donderdag aangeraai om onmiddellik huis toe te gaan vanweë gure weersomstandighede wat voorspel word. “Dié wat eksamen skryf, moet voortgaan soos beplan, maar onmiddellik daarna huis toe gestuur word,” sê die departement Donderdag in ʼn verklaring.

Die departement sê indien dit moontlik is, moet ouers self hul kinders by die skool gaan haal om te verseker hulle kom veilig by die huis.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel erge donderstorms met ʼn moontlikheid van skadelike winde vir groot dele van KwaZulu-Natal Donderdag. Swaar reënval wat tot vloede kan lei, word ook voorspel.

KwaZulu-Natal ervaar die afgelope week swaar reën en vloede wat verskeie inwoners dood of vermis gelaat het. ʼn Tornado het boonop Dinsdag verwoesting buite Pietermaritzburg gesaai. Twee mense is dood en talle beseer of dakloos gelaat. Volgens die weerdiens word meer as 150 mm reën op sommige plekke in dié provinsie verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

daniel ·

Nugter weet waar hulle die wolhaar voorspellings vandaan kry, maar hulle is gewoonlik omtrent 99.99% verkeerd. Me Zille stem saam.

SjN ·

Op ons klein plattelandse dorpie het die polisie stasie verlede week gesluit aangesien die water toevoer buite werking was agv n foutiewe elektriese kabel, hul verweer is dat hul nie die toilets kan bebruik nie, wonder wat gaan hul maak in die geval van n storm.

Marinda ·

Waar bly jy Daniel? Ons het in die laaste week verskriklik baie reën en donderstorms gehad, so erg dat dit ons eintlik wakker maak in die nag. Die weer brom nou weer daar buite.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.