Leerders ontslaan ná muur by skool omval

Argieffoto van skoolgronde ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Twee leerders wat vroeër vandeesweek beseer is toe ’n muur by ’n skool in Limpopo ineengestort en bo-op leerders geval het, is intussen ontslaan en sterk nou tuis aan. Twee ander leerders het in dié voorval omgekom.

Sam Makondo, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê in ’n verklaring daar is intussen bevestig dat al vier leerders familie van mekaar is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vragmotor wat voedselvoorraad afgelewer het, het Woensdagoggend teen ʼn muur by Laerskool Lekgolo in die oostelike gebied van Mopani vasgery waarna die muur ineengestort het.

Die LUR vir onderwys in Limpopo, Polly Boshielo, het Donderdag die skool besoek om haar medelye te betuig.

“Ons as ’n departement is in rou. Die pyn is te veel om te dra vir die gesin en die hele skoolgemeenskap. Ons is verlig dat die beseerde leerders teruggekeer het huis toe,” het die LUR gesê.

Die departement het gister in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling beraders en maatskaplike werkers beskikbaar gestel vir diegene wat deur dié tragiese voorval geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DD ·

Vreemd dat die dood van die twee leerders geen hoofopskrifte gehaal het nie. Seker omdat daar geen “swartskaap” is om te blameer nie.

m ·

Dit is ‘n baie sad storie, wonder net of die vragmotor besteurder aangekla is van strafbare manslag en gearisteer is? Medelye met die familie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.