Leerders se rassisme-bewerings onwaar

Wynberg Girls High School

Wynberg Girls High School

ʼn Ondersoek na bewerings dat die huismoeder van ʼn koshuis by die Wynberg Girls High School leerders onder meer die k-woord genoem het, het bevind daar steek geen waarheid daarin nie.

Maroela Media het vroeër berig die Wes-Kaapse departement van onderwys het einde verlede jaar ʼn ondersoek van stapel gestuur, nadat leerlinge by die Waterloo-koshuis beweer het die huismoeder by die koshuis het glo onder meer rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak en op onvanpaste wyse aan hulle gevat.

Debbie Schäfer, provinsiale LUR vir onderwys, het Donderdag in ʼn verklaring gesê twee amptelike ondersoeke is na die altesaam 19 bewerings teen die huismoeder gedoen. Een ondersoek is deur die departement en die ander deur die skool self gedoen, maar daar is gevind die huismoeder het geensins oortree nie.

“Dit is duidelik uit albei ondersoeke dat hierdie ʼn klassieke voorbeeld is van die tipe histerie wat geskep kan word deur mense wat onverantwoordelik is en geen agting het vir die skade wat hulle aan ander se goeie naam kan doen nie,” het Schäfer gesê.

Sy het gesê een van die ernstigste bewerings teen die huismoeder was dat sy na swart leerders verwys het deur die k-woord te gebruik. Daar is gevind dit is egter nie waar nie.

“Die huismoeder het, inteendeel, ʼn vergadering met die meisies gehou oor die taal wat hulle gebruik wanneer hulle met mekaar praat. Volgens een weergawe het die huismoeder glo gesê sy het gehoor hoe die meisies mekaar die k-woord noem. In ʼn ander weergawe het die huismoeder glo gesê die woord wat die meisies gebruik, is net so erg soos wanneer sy hulle die k-woord sou noem. Die huismoeder het nooit enigiemand daardie woord genoem nie,” het Schäfer gesê.

ʼn Bewering dat die huismoeder op onvanpaste wyse aan die meisies gevat het, was ook onwaar. “Die bewyse toon die huismoeder het die meisies op ʼn moederlike wyse gesoen en gedruk toe hulle na die koshuis teruggekeer het. Sommige van die ouers en meisies het nie hiervan gehou nie, maar dit kan gladnie as onvanpaste seksuele gedrag beskryf word, soos dit in die media uitgebeeld is nie,” het sy gesê.

Schäfer het gesê volgens die ander bewerings, was daar een of twee voorvalle waar die huismoeder iets gedoen of gesê het waarvan die meisies nie gehou het nie en op ʼn negatiewe manier geïnterpreteer het. “In baie gevalle het die huismoeder net haar werk gedoen. Die bewyse toon dat sy ʼn baie goeie verhouding met die meeste van die meisies by die koshuis het. Die verslag skep die indruk dat die huismoeder opreg besorg is oor die meisies se welstand.”

Sy het gesê dit is duidelik enkele meisies se ongelukkigheid met die bestuurstyl van die huismoeder “is opgeblaas tot meer as wat dit was” om die aandag van die media en sosialemediagebruikers te kry. Die huismoeder het intussen bedank.

“Dit is vir my jammer dat hierdie soort gedrag by ʼn skool met ʼn uitstekende reputasie voorgekom het. Indien leerders geldige besware het, moet hulle dit op ʼn gepaste wyse opper. Dit is net onaanvaarbaar om die kwessie op te blaas om aandag te kry en in die proses iemand anders se beeld skade te berokken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Magda ·

Net maar nog n geval van waar rassisme opgeblaas is… en dit terwyl die helfte vd betrokkenes nie eers mooi verstaan wat die woord beteken nie. Welgedaan aan die ondersoekbeamptes..

julius ·

Hulle het toe hulle sin gekry met hulle beskuldigings. Die huismoeder het bedank. Nou kan hulle ‘n huismoeder kry van hulle keuse.

AL ·

Skandelik! Ek hoop die huismoeder kry n beter pos en is nie nou werkloos nie! Die onopgevoede bedorwe vloermoere het nou hul sin gekry. Mag hul lewe nou net hel gemaak word dat n ou heks aangestel word.

Plaatsie ·

Dit is duidelik dat hier kwade intensies was.
Enige toekomstige klagtes van rassisme moet eenvoudig geignoreer word.
Once a lier, always a lier.

Ook moet enige rassistiese aanklagte teen die huis moedersdag waar sy nou is.met n goeie.doss sout geneem word.

AL ·

Ek het geweet dis ongegronde leuens! Waarvoor sou n onderwyser of enige een sy werk in gevaar stel deur rassisties op te tree? Die gedrag van die meisies is skokkend om die minste daarvan te se!

Sannie ·

Ek hoop die kinders wat so gelieg het is almal uit die koshuis geskors. Hulle het iemand se toekoms opgemors. Daar word nie gese wat van die kinders gaan word nie. Nuwe Suid Afrika bly net langer raak al hoe lekkerder!!

Christa ·

Sy moet Afriforum nader om haar by te staan ten einde ‘n saak van naamskending teen hulle aanhangig te maak!!

KarenG ·

Sosiale media is ‘n gerieflike maniet van kommunikeer en om inligting te bekom. Ongelukkig is dit ook ‘n forum waar mense kan choas veroorsaak om hulle eie saak te bevorder, ongelukkig meestal tot die nadeel van ander. Hierdie geval is ‘n sprekende voorbeeld daarvan. Ek hoop van harte die skuldiges word sterk aangespreek!! Nie dat ek weet of dit enigsins sal help nie. Dis net vir my so hartseer dat iemamd wat eindelik goed was in haar werk, so onregverdig behandel is!!

Boetman ·

Ideale geleentheid vir Afriforum/Solidariteit om ‘n voorbeeld hier te maak van haatspraak deur minderjarige rassiste.
Sal seker maar nie.

Annemarie ·

Ja Boetman. Ek stem saam. Die saak geniet soveel openbare nuusdekking, maar waarom ondersteun Soliforum haar nie! Maak ñ voorbeeld van die Klomp onopgevoede, ondankbare rassiste en help ons Volk uit werkloosheid. Een op ñ keer is beter as niks! Ons Volk moet ook leer saamstaan en opstaan teen dit wat verkeerd is en mekaar ondersteun…

Volksgenoot ·

EK ondersteun Solidariteit en Afriforum . maar asb mense .. help nie julle skreeu Solidariteit en Afriforum as jule KLAAR in die moeilikheid is of hulp nodig het nie … VERSTAAN tog nou asb een begrip mooi .. JY MOET ‘N LID WEES VAN SOLIDARITEIT OF AFRIFORUM OM VERTEENWOORDIG TE WORD DEUR HULLE. Dit is netsowel jy kry nou kanker en sluit dan by ‘n Mediese Fonds aan en verwag hulle moet al jou behandelings betaal, ‘n fonds waartoe jy nog nooit bygedra het nie? Of sluit by ‘n versekeringsfirma aan NADAT jou kar gesteel is? Dink jy hulle gaan jou kar vervang? Dink jy die mediese fonds gaan jou vir kanker behandel?Alles kos geld, so ook hofsake, iemand kan tog sekerlik nie VERNIET vir jou ‘n hele hofsaak afhandel nie of is dit wat julle verwag?

Christa ·

Volksgenoot ek stem nie saam nie. Afriforum gaan dan die 92 pasiente se families help en ek kan jou waarborg hulle was nie lede nie!

Johan Esterhuizen ·

Ja dit moet n voorbeed van gemaak word. Die wat gelieg het kla hulle aan en hof toe dat hulle voel hoe dit is en hulle ouers moet betrek word. Die huismoeder se naam moet skoon kom en skade vergoeding moet betaal word.

Kaspaas ·

Gaan al die meisies wat valae klagte gele het geskors word. Deur dit te gedoen het wys hulle is die enigste rassiste by die skool. Hoop sy dagvaar almal wat betrokke is en was.

Deesdae as jy wit en teen korrupsie is word jy geklassifiseer as n rasis. Laat my aan die storie dink van die herder wat wolf wolf die heeltyd skree. Dit beteken nie meer veel om nou as rassis gesien te word beteken jy is teen die huide korrupsie wat in die land aangaan.

cor ·

Jy sal wag totdat jy blou word in die gesig en soos van melewe se mense gese het; Daar sal dadels van kom

Chris ·

Jy kan enige persoon onder sy ma se rok uitvloek. Sodra jy hom/haar daardie woord sou toesnou word jy gestenig en verguis. Die probleem is dat dit baie gerieflik is om agter die woord te skuil en vir jou eie gewin aan te wend. Dit wys jou maar net die mentaliteit en emosionele intelligensie van die mense.

Ekmeenmaarnet ·

Ongelukkig sal die uitslag van die ondersoek nie in die ‘mainstream’ media weergegee word nadat hulle so ‘gleefully’ daarop toegesak ek uit verband geruk het nie.

Willie E ·

Ek hoop die huismoeder kap die skool en departement nou hard,dit is ‘n klassieke voorbeeld van “Constructive Dismissal” as ek dit ooit al gesien het. Kan iemand van Solidariteit nie die huismoeder nader en haar bystaan in so ‘n saak nie?

Valsie ·

Ek het gewonder wanneer gaan die DROOGMAKERS met valse klagtes van RASSISME teen onderwysers en gesagsfigure kom, want hulle het GEEN respek vir gesag nie. Nes hulle drooggemaak het en gedissiplineer word gaan hulle se die Koshuismoeder of prefekte het hulle die K woord genoem en so die fokus verskuif van SWAK prestasies en droogmakery … Sy moet ‘n SIVIELE eis teen hierdie beswaarmakers instel, dit is twak dat mense gebuk moet gaan onder VALSE RASSISME aanklagtes en so hulle werk verloor en menswees daardeur aangetas word!! KLA HULLE AAN!!

Piet Pompies ·

Dit het tyd geword dat persone wat vals klagtes indien die verantwoordelik daarvoor aanvaar, die hof moet net een keer die deur oopmaak en so ‘n klaer swaar straf.
Hierdie een keer kan as verwysings in soortgelyke toekomstige sake gebruik word.

janneman ·

So pas op ENCA gehoor sy en die skoolraad het saam besluit dis beter dat haar kontrak ge”termineer” word sodat n Zoeloe sprekende koshuis moeder aangestel kan word…….stem saam, constructive dismissal, goeie saak by CCMA

Pierre ·

Hierdie rassiste wat mense se name so deur die modder sleep maak my uiters siek!!!!!!!

Dan ·

Die huismoeder wie hul so op “moederlike” wyse gesoen en gedruk het, word toe deur die mak hondjies in die rug gebyt …

Anoniem ·

Die kinders behoort aangekla te word van valse rassisme aanklagte, laster en naamskending.

FM ·

Ek wonder of hier nie n politieke rokie betrokke is nie. Ek kry so die indruk daar is opposisie wat die Wes- Kaap graag by die DA wil oorneem en nou word die kaart gespeel. Ek wonder maar net. Politiek is n snaakse ding. Sekere politici kan nie n pak vat nie. Sal my nie verbaas as van die kosgangers later erken dat hulle voorgesê is nie?? Nou sit n onskuldige vrou sonder werk, so onnodig.

Willie ·

Jy sien !! n Mens kan nie vir hulle liefde koester nie. Dan is dit seksuele teistering, praat met hulle, Dan is dit rassisme,verskil met hulle oor swak Dienste gelewer, Dan vermoor hulle jou.

Kosie ·

Daar moet soos met enige oortreding, n groot boete toegeskryf word aan n persoon wat valse rassistiese klagtes le en maak en indien hulle die boete nie kan betaal nie moet hulle tronkstraf kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.