Leerders spring uit gebou tydens brand by dowe skool

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die getal leerders wat beseer is nadat ʼn brand by ʼn skool vir dowes in Noordwes Maandagoggend uitgebreek het, het tot 53 gestyg.

Maroela Media het vroeër berig ʼn brand het omstreeks 01:00 by die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in Leeudoringstad ontstaan. Drie leerders, onderskeidelik 16, 17 en 18 jaar oud, is in die brand dood.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê 53 ander leerders is beseer toe hulle van die eerste verdieping na die grondverdieping gespring het om aan die vlamme te ontsnap. Ander moes vir rookinaseming behandel word.

Die brand het vermoedelik in die rekenaarkamer begin en talle rekenaars is in die brand verwoes. Die skool is tydelik gesluit terwyl ʼn forensiese ondersoek gedoen word.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het sy medelye teenoor die families van die oorledenes en die beseerdes uitgespreek. “Ons sal seker maak dat ʼn deeglike ondersoek gedoen word om die oorsaak van hierdie verskriklike voorval te bepaal,” het hy gesê.

Intussen het Tutu Faleni, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie (DA), gesê die tragedie het gebeur terwyl die skool steeds rou oor die dood van ʼn assistent-onderwyser en twee leerders wat Sondag 2 Augustus in ʼn motorongeluk dood is.

Makau het vroeër gesê ʼn saak van brandstigting word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adele de Kock ·

Die land brand. Onderwys is die grondslag van ALS. Goeie gedrag kan gaan haal en verklaar word, net so ook slegte gedrag. dit is so hartseer om al die dinge te lees. Kinders leer nie op skool, kom niks oor as hul oortree, hul word groot, en wend hulself na bendes wat dwelms gebruik, mense roof en verkragtings pleeg. Wat is ons besig om te skep? Ons het Godsdiens weggeneem uit skole, die enigste Weg tot geregtigheid, wat mense leer van God se wee. Die regering is net so korrup soos die bendes daar buite in die straat, en hul het meer regte as die Landsburger wat belasting betaal, hard werk aan hul toekoms, hoe verstaan mens dit?

iemand ·

Ek ken die kinders en die onderwysers van die skool, en die wat ek ontmoet het os van die mees beskaafste en vriendelikste kinders ooit. As student het hul by ons kom kuier vir n Deaf Awareness ding, en het hul met geduld ons gehelp en sekere gebare gewys wat ons nog nie geleer het nie.

asb moet nie veralgemeen nie, en ook nie met die tipe kommentaar kom nie, die berig gaan oor drie kinders wat dood is en talle beseer.

Hans ·

Maklik verstaanbaar die WIT mense wat so kla het vir hierdie situasie gestem

Lynette ·

Nee Hans, almal met n tikkie verstand, kla. Selfs die wat nie hiervoor gestem het nie. Daardie verwysing raak nou afgesaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.