Leerders sterf in ongeluk: Taxi was glo oorlaai

bus-ongeluk-2Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het Woensdag gesê die taxi wat by die ongeluk in Ntuzuma, noord van Durban, betrokke was waarin vier skoolkinders dood is, het glo by ʼn taxi-staanplek weggejaag nadat dit voorgekeer is omdat die voertuig vermoedelik oorlaai was.

Die RTMC het nou ondersoekers aangestel om die botsing te ondersoek. Die ongeluk het Woensdagoggend gebeur toe die taxi teen ʼn bus gebots het. Drie seuns en een meisie is op die toneel dood, terwyl 18 ander beseer is. Een van die beseerdes is kritiek.

Die taxi is glo by die taxi-staanplek deur die staanplek se bestuurder voorgekeer en het daarna weggejaag. “Die botsing is ʼn groot terugslag vir pogings om padveiligheid op te skerp,” het die RTMC in ʼn verklaring gesê.

“Wat veral kommerwekkend is, is die beweerde roekelose optrede wat die taxibestuurder getoon het oomblikke voordat die ongeluk gebeur het.”

Foto: Twitter via @DriveSAmain

Foto: Twitter via @DriveSAmain

Die RTMC het ʼn beroep op taxiverenigings gedoen om hul toewyding aan padveiligheid te toon deur beslissend teenoor die taxibestuurder en die eienaars van die voertuig op te tree. “Dit is nie aanvaarbaar dat taxiverenigings net stilbly wanneer tragedies van hierdie aard gebeur nie.”

Die RTMC het ook ʼn beroep op verkeersowerhede gedoen om die wet uiters streng toe te pas op alle voertuie wat leerders vervoer. “Ons kinders verdien om in voertuie vervoer te word wat veilig is op die paaie en bestuur word deur bestuurders wat hulle goed gedra en die verkeersreëls gehoorsaam. Onveilige voertuie moet onmiddellik geskut word.”

Die RTMC het sy medelye aan die families, vriende en onderwysers van die oorledenes oorgedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lizel ·

Hoekom moet daar net oor n sekere tyd aandag gegee word aan oorlaaide voertuie (taxis)? Daar is n rukkie terug op Maroela media berig dat verkeersowerhede in Gauteng streng gaan optree op oorlaaide voertuie en dat so n voertuig nie eers die provinsie sal verlaat nie. Hoekom nou dat die kerstyd en vakansie verby is word amel slap…? Kos dit eers iemand se lewe in die gaval vier kinders se dood vir iemand se oë om oop te gaan?!!!

Elma ·

Moontlik was hy onder die invloed!! Moenie die moontlikheid uitsluit! Simpatie met al die geliefdes.

Minki ·

Net soos daar gesê is, was hierdie man weer BO die wet verhewe, wou nie stop nie, was oorlaai, ens ens. Die hele Suid Afrika praat oor die wangedrag van taxis, maar dan word dit as rassisme afgemaak of die gewilde ‘siestog hulle het nie ‘n ander keuse nie’. Hulle het ‘n ander keuse . wat jy nie weet nie, is dat hulle deur die staat gesubsidieer word en verder maak hulle miljoene sonder om ‘n SENT belasting te betaal .. so as die REGERING en die METROPOLISIE hulle oe toeknyp vir die Taxi-industrie se oortredings, moet niemand by my kom simpatie soek nie. Jammer oor die kinders, maar dit bly maar ‘n GEVOLG van ‘n onverskillige DAAD wat voorkom kon word as almal hulle werk gedoen het!

Karma ·

Maar nou wonder ek ook oor watter mentaliteit sommige mense beskik. As ek sien ‘n voertuig (motor of taxi of watookal) is oorlaai of die bestuurder is onder die invloed van drank of dwelms, dan gaan ek nie in daardie voertuig klim nie. Ja, dit was kinders – hulle dink nie soos grootmense nie. Sekerlik was daar iemand wat vir die kinders kon sê dié ou is nie lekker nie, of die taxi is te vol; hulle moet wag vir ‘n ander taxi (en ek praat nie hier van die taxi-staanplek se bestuurder se aksies nie).

Hettie ·

Arme kinders! So onskuldige pragtige kinders wat weg is! Sterkte aan hul ouers, familie en vriende

Andrea ·

As die wetteloosheid van die taxibedryf aangespreek kan word, sal dit n positiewe boodskap oor wet en orde en die handhawing daarvan na almal uitstuur.

Jane ·

Almal is te bang om aan die taxis te raak. Hulle oordonder al die paaie en as hulle taxis geskut word betoog hulle en steek ander onskuldige motorryers se motors se bande stukkend soos ‘n paar jaar gelede. Die regering (dmv metropolisie) is eintlik magteloos teen hulle want hulle het te lank toegelaat dat die taxis maak wat hulle wil. Jy kan nie vir 20 jaar wetteloosheid toelaat en dan skielik begin om dit toe te pas sonder om GROOT MOEILIKHEID te kry nie. Die taxis RULE en niemand sal hulle ooit vasvat nie. Die metropolisie se self as hulle aan ‘n taxibestuurder raak, kom hulle hom by vanmiddag as HY met die TAXI moet huistoe gaan . so tussen afdreiging en omkoopgeld en manipulasie het enigeen in ‘n taxi GEEN kans nie. Ek het al vertel hoe ‘n taxi net voor kerstyd so voor my ingeswaai het dat ek amper ‘n ongeluk gemaak het en die bestuurder EN DIE KINDERS in die motor het geskaterlag.. . so ja .. Dis sleg as die skoen aan die ander voet sit …

WL ·

As dit nie vir die onskuldige kinders was nie, het ek niks vir die oorledenes in die taxi gevoel nie. Elke dag sien ons hoe taxi bestuurders padreëls verontagsaam, maar dit is die passasiers wat dit toelaat. As hulle niks voel vir hul eie veiligheid nie, voel ek ook niks vir hulle nie.

wickus ·

ek stem nie saam ek dink as jy kla oor die drywer n reel oortree hy jou dalk net daar aflaai dan loop jy verder….

Chris Ws ·

Hier gaan niks van kom nie,ondersoek of de not.Die taxi bedryf word deur die regering geborg die’ dat daar nie daadwerklik teen taxibestuurders opgetree word nie en daar ook geen spesiale bestuurs opleiding vir taxibestuurders is nie.Enige jan rap en sy maat kan ‘n taxibestuurder wees en baie indien nie die meeste van hulle ry met gekoopte lisensies so hy het geeen idee van padreels nie.Maar ja,ek se weer hier gaan niks van kom nie.

Verseker ChrisWs ·

Chris jy is SO reg, hy gaan niks oorkom nie .. hulle gaan nou ‘n groot bohaai maak omdat daar kinders oorlede is en dit die nuus gehaal het .. jy sal hom dalk nog eenkeer sien as hy in die hof verskyn, daarna gaan alles stilraak .. jy gaan nooit weer van hom sien of hoor voordat hy weer ‘n taxi-ongeluk maak nie, want hy gaan binnekort weer terug agter die stuur wees.

zoom zoom ·

Die ANC en die huidige Regering word beheer deur die Guptas en die TAXI unies. Almal is verhewe bo die wet dit is hoekom Zuma nooit aangekla gaan word nie wat nog van in ‘n hof verskuin.

Johann Marx ·

Sal jy in ‘n taxi klim wat gebou is vir 10 passasiers as daar alreeds 17 in is? Ek ook nie… Ek lees almal skree nou oor die taxi bedryf en die bestuurders en wetteloosheid en die metro polisie, ens….MAAR het die taxi-gebruikers nie ook ‘n aandeel in die situasie nie? ‘n Mens kan tog sien wanneer ‘n voertuig NIE in ‘n goeie toestand is en onderhou word nie, en hoeveel mense alreeds daar sit….maar dan klim jy nog steeds in? Dis mos onverantwoordelik? Mense behoort ingelig te word wat met ‘n voertuig se vering, bande, wielsporing, remme, ratkas en koppelaar gebeur wanneer sy dra-vermoë met amper dubbel oorskry word.

Jane ·

Ek stem saam met jou dat die gebruikers eintlik die mag in hande behoort te hê. Ek het egter met ‘n paar werkers gepraat, en hulle se as hulle hardekoejawel raak, LAAI DIE BESTUURDER HULLE NET EENVOUDIG AF. Sy vertel my dat eendag oppad Potgietersrus toe, kom die taxi-bestuurder agter EEN persoon het nie betaal nie en niemand weet wie die persoon was (of die wat weet, was te bang om sy naam bekend te maak, toe stop die taxi-bestuurder, boender almal uit die taxi uit en los hulle tussen hier en nowhere .. terwyl HULLE wel hulle volle fooie betaal het. MAAR ek voel as brandende tyres en opstande van Taxi-bestuurders mense tot ander insigte dwing, moet die gebruikers van taxis dan ook eendag STAAK en glad nie taxis gebruik nie .. dan kyk ons of die taxibestuurders dit maak.Omdat so baie taxis in ‘n swak toestand is en publieke vervoer in SA ‘n groot probleem is, klim gebruikers maar in om nie hulle werk te verloor nie.

KP ·

Begin n slag Taxis aan die brand steek, hulle brand mos alles af.

Penelope ·

Dis ons eie land se skuld. Die verkeersdepartement tree nie konsekwent op nie, en hulle kom self nie die wette na nie. As jy vir die bye blomme uitpak gaan hulle beslis terugkom vir nog….
SA se wetstoepassing is skrikwekkend belaglik!

Ella ·

Hallo? Hoe is dit die taxivereniging se plig om teen die taxi-bestuurder en -eienaar op te tree? Wanneer het ons regstelsel en verkeersowerhede hulle verantwoordelikheid in hierdie verband geabdikeer? Is dit waarom taxi’s daagliks oral maak soos hulle wil? Omdat hulle allerweë as verhewe bo die wet geag word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.