Leerders sterf in ongeluk: Taxi was glo oorlaai

bus-ongeluk-2Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het Woensdag gesê die taxi wat by die ongeluk in Ntuzuma, noord van Durban, betrokke was waarin vier skoolkinders dood is, het glo by ʼn taxi-staanplek weggejaag nadat dit voorgekeer is omdat die voertuig vermoedelik oorlaai was.

Die RTMC het nou ondersoekers aangestel om die botsing te ondersoek. Die ongeluk het Woensdagoggend gebeur toe die taxi teen ʼn bus gebots het. Drie seuns en een meisie is op die toneel dood, terwyl 18 ander beseer is. Een van die beseerdes is kritiek.

Die taxi is glo by die taxi-staanplek deur die staanplek se bestuurder voorgekeer en het daarna weggejaag. “Die botsing is ʼn groot terugslag vir pogings om padveiligheid op te skerp,” het die RTMC in ʼn verklaring gesê.

“Wat veral kommerwekkend is, is die beweerde roekelose optrede wat die taxibestuurder getoon het oomblikke voordat die ongeluk gebeur het.”

Foto: Twitter via @DriveSAmain

Foto: Twitter via @DriveSAmain

Die RTMC het ʼn beroep op taxiverenigings gedoen om hul toewyding aan padveiligheid te toon deur beslissend teenoor die taxibestuurder en die eienaars van die voertuig op te tree. “Dit is nie aanvaarbaar dat taxiverenigings net stilbly wanneer tragedies van hierdie aard gebeur nie.”

Die RTMC het ook ʼn beroep op verkeersowerhede gedoen om die wet uiters streng toe te pas op alle voertuie wat leerders vervoer. “Ons kinders verdien om in voertuie vervoer te word wat veilig is op die paaie en bestuur word deur bestuurders wat hulle goed gedra en die verkeersreëls gehoorsaam. Onveilige voertuie moet onmiddellik geskut word.”

Die RTMC het sy medelye aan die families, vriende en onderwysers van die oorledenes oorgedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lizel

Hoekom moet daar net oor n sekere tyd aandag gegee word aan oorlaaide voertuie (taxis)? Daar is n rukkie terug op Maroela media berig dat verkeersowerhede in Gauteng streng gaan optree op oorlaaide voertuie en dat so n voertuig nie eers die provinsie sal verlaat nie. Hoekom nou dat die kerstyd en vakansie verby is word amel slap…? Kos dit eers iemand se lewe in die gaval vier kinders se dood vir iemand se oë om oop te gaan?!!!

Elma

Moontlik was hy onder die invloed!! Moenie die moontlikheid uitsluit! Simpatie met al die geliefdes.

Minki

Net soos daar gesê is, was hierdie man weer BO die wet verhewe, wou nie stop nie, was oorlaai, ens ens. Die hele Suid Afrika praat oor die wangedrag van taxis, maar dan word dit as rassisme afgemaak of die gewilde ‘siestog hulle het nie ‘n ander keuse nie’. Hulle het ‘n ander keuse . wat jy nie weet nie, is dat hulle deur die staat gesubsidieer word en verder maak hulle miljoene sonder om ‘n SENT belasting te betaal .. so as die REGERING en die METROPOLISIE hulle oe toeknyp vir die Taxi-industrie se oortredings, moet niemand by my… Lees meer »

Hettie

Arme kinders! So onskuldige pragtige kinders wat weg is! Sterkte aan hul ouers, familie en vriende

Andrea

As die wetteloosheid van die taxibedryf aangespreek kan word, sal dit n positiewe boodskap oor wet en orde en die handhawing daarvan na almal uitstuur.