Leerders sterf in taxi op pad skool toe

Die taxi-wrak (Foto: Verskaf)

Twee leerders is dood en 17 beseer toe ʼn motorfiets vanoggend in ʼn taxi vasgery het wat die leerders skool toe vervoer het. Die ongeluk het skaars 300 m van die skool plaasgevind.

Die leerders gaan almal skool aan die Madibatlou Middle School naby Olifantsfontein in Gauteng.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, is twee leerders en die motorfietsryer op die toneel dood. Die motorfietsryer het met die slag in die taxi beland. Die beseerde leerders, almal tussen die ouderdom van vyf en 16 jaar, is na die Tembisa-hospitaal geneem.

Lesufi hou ‘n oomblik van stilte vir oorlede leerders van Madibatlou Middle School (Foto: Verskaf)

“Volgens ons inligting het net een leerder ernstige mediese behandeling nodig gehad. Die ander is almal goed op pad na herstel,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

“Dit [die ongeluk] is tragies. Ons het reeds met die gesinne van die oorledenes gepraat en dit was moeilik,” het Lesufi gesê wat Maandagoggend die skool besoek het.

Die ongeluk stoot die getal leerders in Gauteng wat sedert die begin van Februarie dood is op na 11.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

Dit isi tragies – het Lefusi ook met die Motorfiets ryer wat ook oorlede is se Familie vergader – en wie se skuld was dit. Want die OPSRIF se net Leerders is oorlede, hoekom word daar nie verwys na die Motorfiets ryer ook nie. Maroela meer inligting ASB oor die oorsaak vd ongeluk.

TRP ·

Magda ek stem saam, eensydige beriggewing ontketen meer vrae as andwoorde. Bitter jammer vir die kinders wat met hulle lewens moes boed. Wat ek wel kan aflei van die foto is dat die motorfiets teen ‘n hengese spoed moes ry om so ‘n groot impak te maak.

Nella ·

So maklik om te sê dit is die motorfiets wat in die taxi vasgery het. Dit sê nog nie watter party skuldig is nie. As die taxibestuurder dalk oor ‘n stop/rooi robot gery het, en die lig groen is vir die fiets, dan kon hy as onskuldige in die taxi gery het. Net helfte van storie is gepubliseer. Sal graag meer wil weet wat werklik gebeur het.

Carin ·

A nee a ‘n baie eenogige berig!! Wat van die motorfiets ryer?? Ons ALTYD goed om geld in te samel maar anders skuldig?? Ek verwag van MAROELA om BAIE MEER MOEITE te dien as hulle sake ondersoek en dit goed vind om verslag te lewer!!!

Cherokee ·

Wàt presies sê jy Carin? Jy sal stadiger moet skryf want jy praat nie duidelik nie.

Tjom ·

SWAK Maroela. Gee beide kante van die storie. Julle jaag eensydige sensasie. Daar was n ooggetuie wat beweer hoe die taxi reg voor die motorfiets ingedraai het.

Scalla ·

17 beseer, 2 dood plus die drywer, maw daar was 20 in die taxi wat volgens my ontoelaatbaar is, die dooie motorfietsryer kry die skuld. Daar was mos getuies wat gesien het wat gebeur het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.