Leerders teen kwalifikasie-bedrog gewaarsku

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse agtergrondondersoek-maatskappy het Maandag leerders wat sukkel om plekke by tersiêre instansies te verseker afgeraai om hul matrieksertifikate te vervals om hulself ʼn voordeel te gee in die kompeterende werksmark van Suid-Afrika.

Die departement van onderwys het verlede week ʼn matriek-slaagsyfer van 75,1% aangekondig, maar slegs ʼn raps van dié leerders het met universiteitsvrystelling gekwalifiseer.

Managed Integrity Evaluation (MIE), ʼn maatskappy wat agtergrondondersoeke van voornemende werknemers doen om akademiese kwalifikasies, verwysings en kredietwaardigheid na te gaan, het gesê slegs 144 167 van die 651 707 leerders wat eindeksamen geskryf het, het goed genoeg gevaar om vir ʼn BA-graad in te skryf.

Ina van der Merwe, uitvoerende hoof van MIE, sê die oorblywende studente moet nou óf probeer inkom by ʼn tersiêre instansie op grond van meriete, óf kompeteer met die massas wat reeds werk soek.

Volgens haar kan sommige leerders in die versoeking kom om hul resultate te manipuleer.

Volgens haar is die werkloosheidsyfer vir mense tussen 15 en 24 jaar oud tans 38,6%.

Sy het egter gewaarsku dat om jou resultate “in te kleur” egter meer risiko’s vir hul geloofwaardigheid en toekomstige indiensneming inhou.

“Om kwalifikasie-bedrog te pleeg kan meer skade doen aan ʼn kandidaat se toekomstige indiensneembaarheid as om glad nie ʼn matrieksertifikaat te hê nie,” het van Der Merwe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adriaan ·

Ek hoor gister op Radio Pretoria se finansieële program n ekonoom reken die SA ekonomie kon tot 10% groter gewees het, was die nie vir die Zuma administrasie se swak besluite nie. Hy se dit beteken 1.5 miljoen mense wat nou werkloos is, kon n werk gehad het. n Minderheid se onversadigbare gierigheid en n beleid van lojaliteit voor bekwaamheid het miljoene mense hulle toekoms gekos.

1959-Matrikulant ·

Ons het nie sulke bedrog eers aan gedink nie. Dalk was die standaard té hoog om te slaag?

koos ·

weens toenemende regstellende aksie het my werksituasie toenemend versleg. En behalwe vir my “verkeerde” velkleur moes ek oor my eenvoudige BA-graad hoor: :you are over-qualified for this job” en ook “a BA-degree is just a glorified matric”.
Ek het dus die BA-graad afgehaal van my CV af en daardie 3 jaar vervang met “studied at university”. ek het ook my werksondervinding by vorige werke aangepas/gedokter…
Ek die resultaat: ek het weer ordentlike goed-betalende werk gekry en eks redelik seker van aanbly as het ek die “verkeerde” velkleur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.