Leerders van spogskool geskors ná naakfoto tot boelie-video lei

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Dinsdag ʼn beroep op skoolhoofde, onderwysers, ouers en voogde gedoen om bewerings oor boelie-voorvalle ernstig te neem.

Sy reaksie volg op ʼn besoek aan die King Edward VII School in Houghton in Johannesburg nadat ʼn video oor die naweek aan die lig gekom het wat wyd op sosiale media versprei word. Die video wys hoe vier seuns baklei nadat een van hulle na bewering ʼn naakfoto van een van die ander seuns se niggie rondgestuur het.

David Lovatt, hoof van die King Edward VII School, het gesê in die video word twee gr. 10-leerders deur twee gr. 11-leerders aangerand. Volgens Lovatt is drie leerders, die twee gr. 11- leerders en die leerder wat die video gemaak het, tydelik geskors. “Daar sal in die week van 20 tot 25 Februarie dissiplinêre verhore plaasvind.”

Lesufi het die gedrag van die leerders ten sterkste veroordeel en die boelie-kultuur ontmoedig. Hy het met Lovatt vergader en stappe aanbeveel om die skool by te staan in die hantering van die voorval.

“Die beheerliggaam moet ʼn span byeenroep om tugstappe teen die leerders te doen. Die departement gaan ʼn onafhanklike ondersoek oor boelie-voorvalle by die skool van stapel stuur en onderhoude doen met ouers, leerders, onderwysers en die beheerliggaam,” het Lesufi gesê.

Hy het gesê die departement gaan psigomaatskaplike ondersteuning aan die slagoffers verskaf asook almal wat daardeur geraak is wat hulp verlang. Lesufi het gesê die skoolhoof moet ouers op hoogte hou van verwikkelinge in die saak.

“Afknouery word verbied en skole moet dit geensins duld nie. Boelie-voorvalle moet benader en hanteer word in oorleg met die handves van regte om kinders te beskerm teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik en vernedering. Ons doen ʼn beroep op leerders om mekaar met respek te behandel en hulle te weerhou van dade van viktimisasie en afknouery,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Yolandie ·

Net jammer dat party onnies die ander kant kyk én kinders maak of hulle siek is om nie skool toe te gaan nie… Want hulle word geboelie en niks word gedoen nie…. Dis so onaanvaarbaar en as ouers gaan kla dan word da net gesê ons werk aan die saak.. Ma niks verbeter nie… Mgv… Kinders weier om skool toe té gaan

Johann ·

Ja well fine…try n “ondersoek” by n prominente Laerskool in die Ooste van Pretoria MAAR wees gewaarsku…dis nie noodwendig kinders wat skaamteloos en lafhartig ander kids teiken nie. Dis personeel.wat kinders , wie se ouers gegronde en feitelike navra het oor ernstige en algemene kwessies by die skool, blatant te nakom! Opmerkings soos ” ons het al so n renons in die kind oor die ouers wat altyd vrae vra…”. En ja…MET die medewete van die sg hoof. Tipies die geval van blinde lojaliteit teenoor die “skool”. Maar nou ja…

Anti-boelie ·

Ons het baie rondgetrek toe ek ‘n kind was en ek was in baie skole. Ek het gevind dat dit dikwels die onderwysers is wat boelies is met kinders wat hul leiding volg. Die kinders wat boelie word dan nie vasgevat nie, want die onderwysers is te besig om hulself te beskerm. Dit was nog in die dae van lyfstraf en ek, as meisie, het tot vuishoue by onderwysers gekry. Vandag is my kind in ‘n wonderlike (privaat)skool waar geen boeliegedrag toegelaat word nie en ek wens ek het daardie kans gehad.

Anti-boelie ·

Ek wil net sê dat ek ‘n stil kind was wat goed akademies presteer het. Ongelukkig was my ouers se “politiek” in daardie jare volgens die onderwysers verkeerd.

Jolandie ·

En dan net so jammer dat onnies deur leerders geboelie word dat hulle n werk waarin hulle briljant is moet opgee omdat leerlinge geen respek het nie, en die skool net hulle skouers optrek. Patetiese situasie waarin hierdie land hom bevind!!!

Anel ·

Ek stem saam met wat jy sé Jolandie. Agv kinders met geen meer respek of basiese maniere nie. Dit kom van die ouers af!! En mense wat hulle kinders drop in die sogenaamde ‘spog skole’ will alle opvoeding vir onderwyser los maar ongelukkig kan daai ouers nie goeie maniere en kennis van respek vir ander vir hulle kinders koop nie…hulle moet geleer word.

Renette ·

Dit klink nie vir ny na n boelie geval nie eerder seuns wat gekry het waarvoor hulle soek

Stem saam ·

Ek stem saam Renette. Ek sou ook daardie een goed gebletter het met die naakfoto. Ek glo dat hy die een is wat uittartend was.

Chris ·

Almal maak nou ‘n bohaai oor skoolseuns wat baklei, maar almal is doodstil oor die verspreiding van pornografie wat daartoe aanleiding gegee het. Lyk my dit is dan deesdae in skole aanvaarbaar. Dit is inderdaad ‘n baie siek gemeenskap waarin ons lewe.

Anna ·

Dis algemeen in ons samelewing.die skool het niks te doen met dit nie.dit was heel waarskynlik n foto wat deur haar gestuur is aan hom. Die skool het niks met dit te doen nie.

Anti-boelie ·

Al het sy die foto gestuur, is dit steeds pornografie en as sy jonger as 16 is, is dit nog kinderpornografie ook. Die skool MOET so iets aanspreek.

Kaalfoto Nee ·

Nou watter ordentlike meisie neem ‘n kaalfoto van haarself of ‘n maat. Ek dink sy het gekry wat sy verdien want sy is beslis naief om te dink dit gaan nie opslae maak nie. Ja die persone wat dit versprei moes ook van beter geweet het, en ja my seuns sal net so woedend gewees het as dit sy suster was maak nie saak of sy die foto geneem het of nie. Hy sou beslis nie so barbaars opgetree het nie.

Wally Walters ·

Wonder hoe het niggie naak geword dink julle sy is bekruip en afgeloer is haar klere hardhandig afgeneem het sy model gespeel wat is die storie agter die werklikheid almal so gou om klippe te gooi Maroela gou om uit te lok sonder om al die feite te publiseer

Renette ·

Hoe hy die naak foto gekry het is nie die issue gewees nie, die feit dat hy dit aan almal gewys en versprei het was.

Manie ·

Wil die man nie ook Loftus toe gaan sodat hy daardie sokker boelies kan aanvat. Of is hy bietjie te lig in die broek vir die rakke. Baie makliker om jou boelie taktiek by skole te doen

Annatjie Lombard ·

Wat word van ons jeug? Dis ons land se toekoms. Waar lê die probleem …… is dit verkeerde maats of geen dissipline in skole? Daar moet net eenvoudig vasgevat word en ‘n pakslae op sy tyd het ons nie kwaad gedoen nie, en ons sê dankie dat ons getugtig is en respek het vir ouers en onderwysers . Hoop en vertrou dat die kinders daaruit geleer het!!!

Nico ·

Minder bekommer oor n paar klappe en meer fokus op belangriker aspekte soos die slaagsyfer en wiskunde probleme in die land .pornografie is in alle skole en word van beide kante gestuur seuns en dogters.mense moet besef as jy sulke goed stuur is daar n risiko dat dit gaan uitkom op n manier of dit nou perongeluk is of opsetlik.dis kinders en om te verwag hul gaan die regte ding altyd doen is naief.

Ina ·

In my opinie was die 2 ‘slagoffers’ ook boelies toe hul die naak foto versprei het. Weet nie hoe hul dit bekom het nie, maar al het sy dit vrywillig aan een van hulle gestuur was dit beslis ni met di intensie dat dit versprei moet word ni. Tegnologie is ‘n groot slaggat vir kinders wat nie besin oor di gevolge van hul aksies ni. Waar is di kinders se morele waardes heen?!?

Johann ·

Hoe naief was sy nie. Om naakfoto’s van jou te stuur is soos om rasaanmerkings op die internet te maak. Jy moet maar weet dit is in die openbare terrein en dit gaan versprei word. Dit is dalk wat sy wou hê. Ons sien sulke dinge elke nou en dan, maar nee hulle sal nie leer nie, want hulle wil nie.

Martin ·

Seuns sal altyd baklei in n skool. Dis maar hulle manier om groot word te hanteer. Dit is duidelik dat hier mense is wat nie die verskil ken tussen boelie en n gewoone bakleiery nie.

Bekommerd ·

Martin, ek stem volmondig saam met jou. Hierdie was nie boelie nie, net so ‘n bietjie tugtiging aan iemand wat dit kort.

Wilna ·

So jammer dat n gewone seuns geveg as boelie gesien word. Jinne…dis normaal.
Wat gaan in ander skole en in d informele woongebiede aan? Daar word n meningsverskil beslis nie met vuiste uitgesorteer nie. Daar word lewens geneem…

SARIE VAN HEERDEN ·

Blapse by skole word aan die groot klok gehang. My kinders en kleinkinders was almal in ‘n Pretoriase spogskool met ellelenang minder vleiende stories aan die skool gekoppel. Net partykeer kry jy ‘n vrot appel in die kas maar dit beteken nie almal in daardie skool is boelies, rokers, dwelmgebruikers nie. En pasop dat jy se jou kind is deurmekaar met slegte maats. JOU KIND is dalk die slegte maat.

Elize C ·

Stem 100% met jou saam SARIE VAN HEERDEN. Die “ou-mense” het ‘n gesegde gehad: “Terwyl jy self nog groen koring op die land het, moet jy eerder stilbly oor wat ander mense se kinders doen.”……..

[email protected] ·

Sy was dalk ook met mooi praatjies in dit geboelie….maar dit maak nie saak nie..seuns se hormone op 16 tot grootmans se hormone hardloop weg…maar respek en waardes word by die huis geleer..maak nie saak watter kultuurgroep jy aan behoort nie.

Rika ·

Vroeër jare as kinders baklei het op skool, het die seuns 6 van die bestes gekry by die hoof en die dogters uitskryfwerk of so. Nou mag jy nie eers skeef vir n kind kyk nie dan sit jy met jou bas in die hof. Die meisie wat die foto gestuur het, moet ook gedissiplineer word, waste tipe waardes het sy. En die seuns wat dit versprei het, het duidelik geen respek vir n vrou nie. Seun wat sy niggie se reputasie prober beskerm het, word met goeie waardes groot (respek vir vroue). Dit was nie boelie nie, dit was n doodgewone bakleiery tussen seuns. Verpligte Diensplig moet terugkom. Maak jou laaitie n man, en dan moet daar iets vir die meisies ook ingestel word. Ons land is besig om sy agterkant te sien. Meeste moorde is jongmense wat gaan moor want waardes en morele en discipline word nie meer gehandhaaf nie. Slaagsyfers word verlaag sodat almal kan slag, of jy dit verdien of nie. Godsdiens in skole word weg gevat. Lyfstraf word weg gevat, dan wil almal skouers optrek en sê hul weet nie waar alles verkeerd geloop het nie. Ons doen dit aan onsself. Alles wat gewerk het vroeer jare word weg gevat…

Carina ·

En dit alles kon verhoed gewees het as vandag se kinders nie almal met “smart phones” rondloop nie. As hulle dan ‘n foon moet kry, gee ‘n ou goedkoop knoppie foon wat net kan bel en sms. Geen foto’s, geen internet, geen versoeking. Ek dink mense sal skrik as hulle sien hoeveel pornografie tussen ons kinders rond gestuur word, want dis deesdae so maklik. Moenie die kinders in die versoeking lei nie. Hulle het nie Iphones en Galaxies nodig nie, al smeek hulle jou ore van jou kop af. Hulle moet jou net in nood in die hande kan kry. Punt.

Gatvol ·

Verskoon my, askies! Volgens my kort die wat die opstoppers uitgedeel het aan die wat die wat die foto versprei het, ‘n klop op die skouer! Daar is opgestaan teen dit wat verkeerd is! Ek hoor niks in die artikel dat daar stappe geneem gaan word teen die seuns wat die foto versprei het nie. Dit is vir my g’n niks boelie as ‘n opstopper uitgedeel word waar dit nodig is nie. Baie dankbaar my kind is nie ‘n skool waar dit verkeerd is om ‘n welverdiende opstopper uit te deel, maar aanvaarbaar is om naakfotos van meisies rond te stuur nie. Spogskool se voet!!

Wimpie ·

Enige kind wat geboelie word moet besef dat n boelie is net so bang soos die een wat geboelie word. Staan op teen boelies !!! Gaan soek jul naaste Krav Maga instrukteur en sluit aan by n ” bully proof “program !!! Maak n boelie se mond gou gou stil en maak n verskil !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.