Leerling hof toe na onnie haar klap

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die leerder van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat glo deur ʼn onderwyseres deur haar gesig geklap is, het ʼn klag teen die onderwyseres en skoolbeheerliggaam by die gelykheidshof aanhangig gemaak.

Die Kamer van Regstudente, wat die leerling verteenwoordig, het in ʼn verklaring gesê die leerling het die hof genader weens die skending van haar regte tot gelykheid en vryheid van teistering. Volgens die verklaring word die voorval as ʼn onderonsie tussen die onderwyseres en die leerder afgemaak, maar dit is eerder “misbruik van mag en die boelie van ʼn leerder wat nie in ʼn posisie was om haarself te verdedig nie”.

Dit word verder aangevoer dat die onderwyseres daarin misluk het om haar professionele opleiding te implementeer terwyl die leerling kalm gebly het. Volgens die Kamer van Regstudente mag leerders selfone op hul skoolbank hê solank dit af is.

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die Wes-Kaapse departement van onderwys en die skool word intussen ook oor die kole gehaal vir hul “afskuwelike” optrede na afloop van die voorval. Volgens die verklaring was dit van die begin af duidelik dat die skoolbeheerliggaam met “blatante verontagsaming vir behoorlike proses” opgetree het en die leerling sodoende aan “tweedehande teistering” blootgestel het.

Die leerder is intussen steeds geskors en die Kamer vir Regstudente voer aan dat sy geen ondersteuning kry nie. Die organisasie het gesê hy sal Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, versoek om ʼn onafhanklike ondersoek na die voorval by die skool en die provinsiale onderwysdepartement se rol daarin te doen.

Die onderwyseres is ook na afloop van die voorval geskors. Albei is deur die skoolbeheerliggaam in kennis gestel dat dissiplinêre stappe teen hulle gedoen word.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die onderonsie tussen die leerder en die onderwyseres is wyd op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe die twee in ʼn woordewisseling betrokke is, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gepraat het.

In ʼn stadium stamp die leerder die onderwyseres met haar tafel en probeer skynbaar haar selfoon teruggryp, waarna die onderwyseres haar ʼn oorveeg gee.

Dit is aanvanklik deur sommige op sosiale media beweer dat die voorval rasgedrewe was, maar leerders by die skool het dit eens dat die voorval niks met ras te doen het nie.

EWN berig die leerder in die video se ma het intussen ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak, terwyl die onderwyseres ook glo ʼn klag teen die leerder by die polisie ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Kasper ·

Ek sou op my dag in die skool nooit, maar nooit ooit probeer het, om aan ‘n onderwyser te stamp of onbeskof op te tree teen die onderwyser nie. So optrede sou gesorg het dat my sitvlak behoorlik aan die brand sou wees vir ‘n lang tyd. Ook die moontlikheid om geskors te kon word. Vandag gee die kinders nie ‘n flenter om nie, inteendeel hulle weet , hulle kan maak net soos hulle wil, want die sogenaamde tug-stelsel is ‘n groot grap. So leer die kinders nooit verantwoordelikheid vir hulle dade nie, en om te dink hulle moet die toekoms van die land wees. Ek sidder as ek net daaraan dink.

Garath ·

Dit raak tyd dat onderwysers net wegloop van klasgee totdat hulle posisie in ere herstel word.

Johann cb ·

Die videogreep laat die situasie glad nie goed lyk vir die leerkrag nie! Binnekort is nóg ‘n bekwame persoon werkloos…

Elvira ·

Ja dit is so. Klein onopgevoede merrie gaan haar sin kry. Sys mos van die regte soort.

Lise ·

Ja, oor n paar jaar is daardie onopgevoede kind dan weer n probleem in die werkplek, soos sommige van my vorige en huidige kollegas.

Cherokee ·

Ek verskil met julle. Die onderwyseres het reageer nà sy met ‘n tafel gestamp is. Besef julle nie dat dit aanranding is opsigself nie? Enige REDELIKE verhoorbeampte sal die onderwyseres die voordeel gee.

Andre1952 ·

Reken jy Cherokee. Ander kan en sal die situasie anders sien.

Wielspore ·

As kinders nie leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle slegte optrede gaan hulle eendag as hulle groot is iemand moet betaal om dit vir hulle te doen.

phillip van dyk ·

Sover ek weet is die leerder gewaarsku 2 keer oor swak gedrag en een keer omdat sy ‘n ander kind met skêr wou steek. So hoe dan nou. En die video greep wys niks van wat voor af gesê of gedoen is nie. Kinders se disrespek ruk hande uit. Gelykheod se gat
… Jy is nie gelyk nie. Jy is n kind wat maniere moet kry

Petro ·

Die ma is net so sleg soos die kind. Pleks dat sy die merrie ordentlik groot gemaak het dan het hierdie nooit gebeur nie. Mors ons polisie en howe se tyd en geld en irriteer ons almal.

Eben ·

Ek kry onderwysers jammer wat met onopgevoede kinders te doen het. Vrien van my was onderwyser en was al in die gesig gespoeg. Hy het op die ou end bedank.

Cecile ·

Ek sal graag wil sien waar sy oor 10 jaar gaan opeindig. Klein merrie gaan op haar herrie kry in die grootmens wereld.

Wonder maar net! ·

Dis reg! Mamma, verdedig jou kind se swak gedrag en opvoeding! Jy gaan die res van jou lewe prokereurs en advokate baie geld betaal om dit oor en oor te doen!

Wonder net ·

Lees ek reg, leerling was kalm? Dan verstaan ek 100% nie wat kalm beteken nie.

Wurmpie ·

Volgens daai regsgeleerdes mag die selfoon op die bank wees solank hy afgeskakel is. Nou die kind wat die video geneem het, was hare of syne afgeskakel? Ek wonder maar net

Verwonderd ·

Wurmpie ek oor die einste gewonder. Boonop as ek sou durf waag om my ouers in te lig in my dae op skool oor ń klap van ń onderwyser het my sterre voorwaar gebrand.

Koos de Meyer. ·

Onopgevoede goed. Ons kinders sou in hulle lewe so iets gewaag het. Dis omdat daar nie meer dissepline is nie en ook ‘n gebrek aan opvoeding. Nuwe Suid Afrika siek.

HPV ·

Onderwysers word daagliks deur onopgevoede leerders getart en geteister en saans telefonies deur hul ouers. Mens kan verstaan dat hulle soms breekpunt bereik en dan tydelik selfbeheersing verloor.Die tyd het aangebreek dat leerkragte klagtes van teistering teen sulke leerders aanhangig maak. Ek steun daardie onderwyseres.

JB ·

Simpatie met die juffrou. Kan nie glo daar is mense wat sulke kinders ondersteun nie!! En haar ma ook!! Kinders moet leer hulle moet verantwoordelikheid vat vir hulle aksies en optrede.

LHS ·

Vryheid en reg op teistering. So hulle meen sy het die reg om n onderwyser se gesag te ondermyn en haar te teister? Ek is baie seker dat nie sy of haar maatjies gou hierna enige juffrou gaan wil probeer teister nie, nie na daai klap nie. Gee die saak vir Gerrie Nel dat hy vir n slag iets vir sy eie mense kan doen. Die uitslag van hierdie saak gaan nog krities belangrik word vir die onderwys.

Robert ·

Met soveel skriftelike waarskuwings teen haar het sy nog die arrogansie om dit tot in die hof te voer – bederfde klein niks nuts.

Pano Jooste ·

Ons maak kriminele groot Ons pluk di vrugte van kinder regte en maar geen respek vi ander en senior mense ni. Hulle almal royal game mag ni aan hul raak ni

Eddy ·

Ons het gesegde: Leer jou kind maniere by die huis,Dan sal hy jou nie in die openbaar in die skande steek nie. Hierdie onsmaaklikheid kon vermy gewees het as die kind net haar selfoon nie gebruik het in die klaskamer nie.

Akademi Buktu ·

Van die ander kinders het haar volgens vroeë berigte as ‘n moeilikmaker bestempel. Ek het ‘n idee dat sy ‘n verworpeling gaan wees as sy weer in hierdie skool toegelaat word.

ne ·

Die kinders moet vandag in die nuwe SA die volwassenes wys hoe dit gedoen word. Ek wil net sê die ma gaan nog bitter spyt wees oor die kind se opvoeding. Jammer dat daar ooit selfone in skole toegelaat word. Dis ‘n euwel. Die kind kan defnitief nie sy aandag by skoolwerk bepaal as die foontjie altyd byderhand moet wees nie.

Irma ·

Die land het GEEN dissipline nie, daarom sal die onderwysstelsel geen fout vind met leerder se gedrag nie. Kinders het die hef in die hand en die onderwysers is marionet poppies. Bitter jammer vir onderwysers. Het ook nie geduld om met onopgevoedes te werk nie – en dan gaan die ouers hulle nog voor in hul gedrag. Red ‘n volk.

AmY ·

Die klein merrie is dalk ‘n boelie.
Al haar slagoffers moet háár ook nou gaan aankla… Of net een van die kinders wat deur haar geboelie is.
Dan kan die bordjies verhang word.
Ek sien nóg voller tronke oor 20 jaar.

$ ·

Donker dae mbt ons regstelsel as die Kamer vir Regstudente haar ondersteun en verteenwoordig, en haar verkeerde optrede as reg (en as haar reg) beskou – Regstudente is die toekomstige prokureurs, landdroste, advokate en regters van hierdie land. Die regstelsel in hierdie land het reeds die onregstelsel geword; behoede die land wanneer die huidige “regstudente” wat deur die Kamer verteenwoordig word, die praktyk betree.

AH ·

Ek stem 100% met jou saam $! Die woordjie “reg” is heel onvanpas in hierdie Kamer van Regstudente! Hulle het net een ding voor oë en dit om die blanke onderwyseres se lewe te ruïneer. Hul stem beslis saam met die onbeskofte kind se aksies en help haar op haar pad om ‘n krimineel te word. Wel gedaan, oor ‘n paar jaar poog julle dalk om haar uit die tronk te hou…..

Margaret ·

Onopgevoede kinders, word onop gevoede volwassenes, en in sommige gevalle, selfs misdadigers. n Bose kringloop. Geen wonder diè land is in so n gemors nie…..

Estelle ·

Die vrugte waaraan sorgvuldig gekweek is die afgelope 24 jaar is nou ryp vir die oes. En dis ñ misoes!

Ange ·

Ek dink dit is verskriklik onregverdig teenoor die juffrou! Ek is ook in onderwys ek is lief vir kinders maar hulle moet regtig maniere geleer word tuis. Kinders kan net maak wat hulle wil, ons mag nie ons self beskerm of selfs verdedig nie maar kan wel ‘n saak maak teen die leerder, wat inelkgeval tot nuut sal wees. Sommige leerders is baie goed opgevoed en dis net’ n plesier om vir hulle skool te hou.

D B ·

Liewe Kamer vir Regstudente, ek weet nie waar julle daaraan kom dat leerlinge se selfone in klaskamers mag wees solank dit af is nie, maar volgens wat ek verstaan verbied die skool selfone gedurende skooltyd. Maar nou ja, van wat ek hier gelees het lyk dit of julle “baie bevoegd” is…

Renier ·

Die skoolstelsel is kultureel verryk sedert ek dekades gelede op skool was.

Ben ·

Die kind het eerste , let wel eerste, die skool bank in die onderwyseres ingestamp en haar beseer. Dit is aggressiewe optrede en ‘n aanval met die doel om te beseer. Dit is aanranding. Die kind het nie dissipline en hoort dus nie in die skool nie. As ons as gemeenskappe gaan toelaat dat die kinders die onderwysers beseer as hulle ongelukkig is oor iets kan ons maar die skole toemaak.

Jax ·

My kind moet maar kyk wat gebeur as hy/sy by die huis aankom met so n klagte!!
Die kinders gaan uit hul pad uit om die onderwysers uit te tart! My kind sê dat hulle onderwyseresse soms huilend agter hul tafels sit uit magteloosheid en frustrasie.
Die boelies word net erger en die wat nie geboelie het nie, leer dit aan om te oorleef.
Opvoeding kom van jou ouers se huis as. As pappa en mamma te lui is om dissipline toe te pas, word daai kind groot sonder die wete dat daar gevolge is na elke aksie.
Ons moet ophou om boelies groot te maak!! Dit is ouers se skuld dat die onderwysers kook van frustrasie!!
Voed jou kind reg op en die onderwysers kan aangaan om klas te gee soos dit moet. My kinders weet, ek sal nie huiwer om erge straf neer te lê sou hulle onderwysers kla oor hulle! Ek vra nie vrae nie. Jy hou jou mond, maak dit oop om te antwoord en jy doen die ekstra myl! Klaar en uit! Ek weier om walglappe groot te maak. Buig daai boompie!

Boerboel ·

“Discipline” begin by die huis. Die bybel se eer jou vader en jou moeder, dit beteken ook respekteur volwasse mense , gesag en reels. Kinders van vandag is die toekoms van die land, Hoe gaan hulle eendag in die besigheid wereld vaar ? Ek voel regtig jammer vir onderwysers. Wat moet jy doen?

Foxi ·

Stenig my maar, maar ek sou daardie springtong van n merrie uit haar skoene geklap het.
Genoeg is nou seker net genoeg gewees vir daardie juffrou.

boerboel ·

Stem Saam Foxi, ek kry onderwysers jammer om met sulke kinders te werk. Die bybel vertel ons eer jou vader en jou moeder, Reels en gesag moet gehoorsaam word en volwasse mense moet met respek behandel word. Heirdie is die toekoms van ons land? Dan lyk dit nie goed nie? Ek dink hulle moet begin beplan om meer tronke te bou, want dis waar hierdie kinders gaan eindig!

Lalie ·

Dankie aan ons ministers oor opvoeding. In ons dae is jy gevoeter. Jy het respek gehad vir ouer mense. Leer jou kinders maniere by die huis.

Alida de Villiers ·

Ek dink dit is tyd dat ouers ook verantwoordelik gehou word, selfs aangekla word, vir hulle kinders se wangedrag. Dissipline begin allermins by die huis – dié ma klink my het dalk haar plig versuim om haar kind van respek te leer. En deur nou haar kind se aandeel ontken, stook sy haar in haar kwaad. Sekerlik gaan sy, as nie reeds doen nie, die rebelse of agressiewe gedrag van haar kind self ervaar… dalk as dit te laat is besef dat sy die boompie moes buig toe sy nog jong was…
As ouers ook aangekla word (medepligtig), sal hulle dalk hul verantwoordelikheid ernstiger neem. En ook, die samelewing ‘n beter plek vir almal maak.

George in Bloem ·

Arme bloedjie. Sy’t haarself voorgedoen as ‘n toffie en toe huil sy toe sy gekou word. Shame tog. Toe’s sy nie so tough soos sy gedink het nie. Haar ouers is seker vreeslik trots op haar.

George in Bloem ·

Arme bloedjie. Sy’t haarself voorgedoen as ‘n toffie en toe huil sy toe sy gekou word. Shame tog. Boehoehoe.Cry me a river.Toe’s sy nie so tough soos sy gedink het nie.Haar ouers is seker vreeslik trots op haar.

Peter Smit ·

Hierdie onderwyser is baie welkom hier by my klein skooltjie in die vrystaat. Ons verdubbel jou selaris.

Nel ·

As die soort van ongedissiplineerdheid in ons skole nie drasties vasgevat word nie is ek bevrees gaan soortgelyke tragedies soos bv. die Amerikaanse Columbine Hoërskool- en Virginia Tech slagtings binne afsienbare tyd ons voorland wees.
Dis soos wat dit begin – vandag stamp ek die onnie en môre skiet ek haar of hom.

michael ·

Selfone moet af wees reg? Nou hoekom is die een wat die video geneem het se foon dan aan?

Smurfie ·

Die kind en ma geniet al die aandag wat hulle nou kry. Maar hoor my lied, daai ma gaan nog laaaaang trane huil die dag as haar dogter teen haar draai

Vranet ·

Het ons nie in die situasie ‘n wanbalans van “regte”, pligte en verantwoordelikhede? Wat van die onderwyseres se regte? Wat van die “leerder” se pligte en verantwoordelikhede. Moet alles net van een kant afkom en die “leerders” mag maak en breek soos hulle lekker kry? ‘n Mens wonder watter tipe dissipline kry sulke kinders in hulle ouerhuises. Tot watter mate verbind die ouers hulle tot samewerking met die onderwysers en die skool?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.