Leerling by skool met mes doodgesteek

crime-scene-tape-320x191ʼn 17-jarige seun is Maandag tydens ʼn geveg by sy skool in Randfontein, Gauteng doodgesteek.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het by die Hoërskool Kgothalang in Bekkersdal plaasgevind.

“Die geveg het glo in ʼn klaskamer uitgebreek nadat ʼn seun ʼn sambreel teen ʼn muur gegooi het. Die sambreel het gebreek en stukke daarvan het ʼn ander seun, die slagoffer, getref,” het Mogale gesê. “ʼn Stryery het tussen die twee seuns ontstaan en albei het messe uitgepluk en begin veg.”

Volgens Mogale is die 16-jarige seun verskeie kere gesteek. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die seun wat hom aangeval het, het van die toneel gevlug en die polisie is nog op soek na hom.

ʼn Saak van moord is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

wragtig ·

Wys jou net hulle is barbare. Dan wil prof jansen nog he dat alle wit skole moet toemaak. Vandat skole ooopgegooi en lyfstraf weggevat is is skole meer gevaarlik as bende geweld hier by ons op die kaapse vlakte.

Jasper ·

Ek wil nie kommentaar lewer nie want as ek die waarheid praat, gaan dit kras, kru, en rassisties klink.

Vas Vat ·

Jasie my maat, netso, hier gaan nog BAIE moorde in skole plaasvind. Lyfstraf is nou verbode. KRY VIR JULLE…

Ai Ai ·

Messe by die skool? hulle het seker dit saamgebring, om hulle toe’bies te sny vir pouse, jammer vir die seun se ouers wat dood is!!

Amy ·

Wat is al die dinge wat die laaste paar jaar in die skole gebeur??? Dit was nie daar in my tyd nie. Niemand is ooit dood of aabgerand nie, en boelies was eeder die uitsondering as die reël.

Kinders wat hul nie gedra het nie, is sommer uit gou ‘uitgesort’ deur die onderwyser, en die les kon rustig aangaan. En as hul ‘n wapen aan jou gekry het, is jy geskors.

En watter ‘gesielkundige-sielkundige’ nonsens is dit die?

My ouers is geskei toe ek in std 8 was, en die lewe het aangegaan. Niemand het my jammer gekry nie, en ek is steeds gefoeter as ek nie my huiswerk gedoen is nie. Ons skool het sommer die meisies ook gefoeter.

Geen wangedrag is geduld nie.

Pieter Potgieter ·

Ja my vriende. Geen disipliene en n nassie van geweld is die rede van die agteruit gang van ons skool en land. As apartheid nie volgens die swart nassie die rede is nie dan is dit armoede. Kry disipline terug in ons skole en hou alle stakers weg van die kinders af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.