Leerling sterf ná weerlig hom tref

Francois Clarence. Foto: Facebook

Francois Clarence. Foto: Facebook

Francois Clarence, ʼn gr. 11-leerling aan die HTS Witbank in Mpumalanga, is Dinsdagaand dood nadat hy vroeër die dag deur weerlig getref is.

HTS Witbank het op sy Facebook-blad die aankondiging gemaak. “My hart breek om die nuus te gee dat Francois Clarence oorlede is. Ons gebede gaan uit na sy ouers, familie en vriende.” Die skool het vroeër die aand op Facebook geskryf dat hulle saamkom om vir sy herstel te bid. Die skool kon nie Woensdagoggend vir kommentaar bereik word nie.

Witbank Nuus berig Clarence het Dinsdagmiddag ná skool na die hokkieveld gestap waar HTS Witbank se eerste span teen Potchefstroom sou speel, toe hy deur weerlig getref is. Hy is op die veld deur paramedici behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Gemeenskapslede het Dinsdagaand by die hospitaal bymekaargekom om vir Clarence se herstel te bid. Hy is egter later die aand oorlede.

Clarence word oorleef deur sy ouers en broer.

Leerlinge bid voor die hospitaal waar Clarence behandel is. Foto: Facebook

Leerlinge bid voor die hospitaal waar Clarence behandel is. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anita ·

My innige meegevoel aan die familie, vriende en onderwysers. Aan die ouers, broer en grootouers, ek lê julle by Jesus se voete neer.

Baie baie sterkte xx.

Eliza-beth ·

Sjoe hoevele kere is mens nie buite en dit weerlig en doen maar dan dink mens dis nog “ver” en maak eers klaar waarmee mens besig is. Gebeur baie met my want ek is altyd besig met tien goed! Dit kan enige tyd met enigeen gebeur ne! Sterkte aan ouers, familie en vriende.

Charlene ·

Dis bad, die arme ouers! Sterkte aan daai mamma en pappa veral en die ander family. en die skool maats – ongeag vriende of nie so iets raak aan die ander leeders. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.