Leerlinge koop glo onnies om

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys in Noordwes ondersoek bewerings dat onderwysers by ʼn hoërskool in Maboloko glo omkoopgeld aanvaar het om leerlinge na die volgende graad te bevorder sonder dat hulle eksamens geskryf het.

Brian Setswambung, woordvoerder van die departement, het aan Sapa gesê van die leerlinge het glo rapporte by die onderwysers gekoop. Volgens Setswambung het die beweerde omkopery by die Motshwane High School plaasgevind en was gr. 10 en 11 leerlinge glo daarby betrokke.

Die departement het gesê hy gaan eksamenvraestelle bestudeer om te probeer bepaal watter leerlinge glo by die omkopery betrokke was. Setswambung het gesê alle gr. 10 en 11 leerlinge by die skool sal intussen in dieselfde grade as verlede jaar bly tot die ondersoek afgehandel is.

Die Sowetan het Vrydag berig dat leerlinge die onderwysers tot R800 betaal het om hulle na die volgende graad te bevorder. Van die leerlinge het glo by hul maats gespog dat hulle geslaag het sonder om eksamen te skryf. Een van die leerlinge het só gesprek met sy selfoon opgeneem en aan die departement verskaf en daarop aangedring dat hy ook bevorder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Babs ·

Dit is hoekom hulle nie moet werk kry nie. As hulle so jonk al oneerlik is, hoe kan jy hulle in enige pos vertrou?

Petrus Swanepoel ·

Soos een van die ministers die ander opgemerk het, “In my moedertaal bestaan daar nie ‘n woord soos omkopery!”

Nina ·

Dom soos grond wanneer dit by stemdag en zuma kom, maar boeta! As dit kom by ‘crime’, weet hulle hoe van kleins af. Ongelooflik!

Jan ·

Wonder of dit nie die onderwysers is wat die kinders omkoop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.