Leerlinge met wapens betrap

Argieffoto

Argieffoto

Twee skoliere is Woensdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle ʼn vuurwapen met ammunisie en ʼn dolk in hul besit gehad het tydens ʼn klopjag by die skool.

“Die leerlinge, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is by die Jongintaba Senior Sekondêre Skool in Mqhekezweni naby Mthatha in hegtenis geneem,” het kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Die polisie het die klopjag uitgevoer nadat hulle in kennis gestel is dat daar spanning tussen die tieners heers.

Die tieners moet Vrydag in die Mthatha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis ·

Skoliere …… 18jr en 19jr ??????? Hulle moes al geld verdien het !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.