Leerlinge moet glo soos honde baklei

Argieffoto

Argieffoto

Leerlinge van ʼn skool in Springs in Ekurhuleni word glo gedwing om hondegevegte na te boots waartydens weddenskappe gemaak word op watter kind die meeste byt- en krapbeserings kan veroorsaak, het The Star Maandag berig.

Volgens die berig het die skool verlede jaar die hulp van inspekteur Wendy Wilson van die nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ingeroep nadat die bewerings aan die lig gekom het.

Die skool se hoof, wie se naam weerhou word om die leerlinge se identiteit te beskerm, was bekommerd nadat leerlinge met geskeurde klere en beserings ná pouses na hul klaskamers teruggekeer het.

Onderwysers het ontdek dat die kinders hondegevegte namaak terwyl ander leerlinge weddenskappe van tussen R2 en R10 op die wenner sou maak.

Hulle doen dit glo omdat volwassenes hulle tydens naweke dwing om by regte hondegevegte betrokke te raak, en om dit na te maak.

“Dit is ʼn baie aggressiewe speletjie en die deelnemers kan baie seerkry,” het Wilson aan die koerant gesê. “Die wenner van die geveg kan dan as ʼn beloning met ʼn jonger kind ‘paar’.” Sy was nie seker of die rolspel met werklike geslagsgemeenskap gepaard gaan nie.

Die departement van onderwys in Gauteng het gesê hy is bewus van die beweringe. “Die departement het die DBV geskakel en versoek om in te gryp,” het Phumla Sekhonyane, die departement se woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lindie Lourens ·

Wat moet die DBV nou doen? Of verstaan ek verkeerd?

boer ·

As hiedie nie jou oe oopmaak om te sien dat ons met barbare hier te doen het nie,weet ek nie wats sal nie.

Dis hoekom mense gemartel en vermink word,tydens plaas aanvalle , want dis hoe hulle groot gemaak word.

Lindie Lourens ·

Wat het die DBV met die saak te doen? Of verstaan ek verkeerd?

Lindie Lourens ·

Ja, woorde wek, maar voorbeelde trek! Dis hoekom ek die skool vaarwel toegeroep het- ek kon die barbaarsheid nie meer hanteer nie.

Lindie Lourens ·

Daar moet voedingskemas by skole wees, want party kinders het nie kos nie, maar darem R2 of R10 vir sulke barbaarsheid. Dis ook een van die redes waarom ek die onderwys vaarwel toegeroep het- die baarbaarsheid. Siek! siek! siek!

pop ·

Oorkant die straat van my af het n polisieman en sy 6 kinders ingetrek, Ek staan hulle met stom verbasing en aankyk. die boeties maak die sussie seer en die ma staan net en toekyk. Haar kersgeskenk is moedswillig gebreek en pa en ma lag. Sys net sowat 3. Die 2 honde word aanmekaar gesit om te baklei deur daai kleintjies. Dis hulle speletjie. En ek het al daar gaan praat, hulle kyk my aan of ek mal is. En dis n Polisieman. Nouja, ek sien eerstehands hoe word die kinders grootgemaak. Barbaars.

anet ·

Die leerlinge word GEDWING?…… wie dwing hulle, ek sal graag wil weet, en waar is die Polissie?
Verder is die Departement van Onderwys bewus van die beweringe. Dit is ‘n skande, en ja skaam julle Departement van Onderwys dat julle(volgens wat ek verstaan uit die berig) Niks
gedoen het om in te gryp nie. Dit kom my voor dat hulle maar ander pad kyk vir gerieflikheidshalwe, want dit is moeite om in jou motor te klim en te gaan kyk wat besig is om te gebeur. Hulle is ook maar slaphakskeentjies en bietjie swaar in die lyf

Marietjie ·

Lindie Lourens, ek aanvaar jy weet darem nou al waarom die DBV betrek is? Hondegevegte is onwettig en kan die DBV ingryp en die bewerings ondersoek en ten minste ‘n paar diere red (hopelik die viervoetiges, want die tweevoetiges is onredbaar). Dit is voorwaar ‘n siek besigheid, maar die probleem lê by die opvoeding en die blootstelling by die huis. As jy grootgemaak word deur barbare word die grondslag mos nou gelê en word dit aanvaar as reg. Ek is bly dit het aan die lig gekom en hopelik gryp Welsyn ook hier in.

Elizabeth ·

Liewe hemel… ek het nie eintlik die regte woorde om my afgryse weer te gee nie. Kinders wat soos diere optree… Daar moet drin gend DRINGEND by hierdie skool opgetree word. Is daar nie onnies op die speelgronde gedurende pouses nie? Met toesig sal so-iets mos glad nie eers BEGIN nie, nog minder sal dit sover gaan dat beserings opgedoen word!Dit behoort gestop te word voor dit ENIGSINS aangaan en as daar genoegsame toesig is, sal dit beslis nie verder gaan nie! Nou wil ek ook vra waar is die leerlingraadslede om onmiddellik onderwysers te roep as so iets net enigsins BEGIN! Klink of daar geen disipline is nie.

Lindie Lourens ·

Ag nee Marietjie! Dit was mense wat soos honde geveg het. O, ek verstaan. Die DBV moet die hondegevegte stop , sodat die Departement Onderwys nie nodig het om in te gryp nie. Skuus man.
Dan wil ek ook weet waarom daar nie daagliks terreindiens gedoen word deur die onderwysers nie. Sulke dinge sal dan nie plaasvind nie. Toesig, altyd toesig. Weereens weet ek waarvan ek praat. Was self by ‘n skool waar net ek diens gedoen het. Die ander het of vergeet, of wou in die personeelkamer teedrink. Noudat ek weg is, word daar op die skoolgronde gerook en gefuif en seksuele dade beplan. Gelukkig is ek klaar met die gemors.

Volkskansel ·

So lyk dit wanneer ‘n geslag voorberei word om elke terrein van ordentlikheid te verwoes.
Hierdie is net die begin.
Barbaarsheid ontkiem in wetteloosheid en minagting vir dissiplines.
In my dae was die onderwyser een van die mees gerespekteerde persone naas jou ouers. Hy was die latswaaier genoem. Vandag moet die onderwyser sielkundige berading ontvang om die weeklange marteling van disrespek te kan oorleef. Is die omgewing siek ? Nee nie siek nie, TERMINAAL !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.